Afrikanerraad in sig?

Deel op

Volgens prof. Danie Goosen, sameroeper van ’n Forum van Afrikaanse organisasies, is ’n “deurbraak gemaak” op die pad na ’n verteenwoordigende Afrikanerraad tydens ’n vergadering op 7 Februarie. Oor die afgelope aantal jare is ’n verskeidenheid inisiatiewe vir ’n Afrikanerraad geloods, maar elkeen het tot dusver versand weens verdeeldheid en die onwilligheid van organisasies en individue om met mekaar saam te werk.

Organisasies wat op 7 Februarie hul steun aan die gedagte van ’n Afrikanerraad toegesê het, is onder andere (met die naam van die verteenwoordiger in hakies): AB (Stoffel van der Merwe), Afrial (Anton Knoetze), AfriForum (Kallie Kriel), Dames Aktueel (Rina Auckamp), Dames Kring (Chrissie Naudé), FAK (Danie Goosen, Roland Henwood), Kommissie vir Gemeenskapsregte (Chris Landman), Orania-beweging (Frans de Klerk, Carel Boshoff iv), Rapportryers (Rudi Schultze), SAOU (nog onseker) en die Voortrekkers (Piet Strauss).

Instansies wat volgens Goosen nog binne die konteks van die Forum uitstaande is, is die Erfenisstigting (Gert Opperman), VRA (KoosMalan) en die JJD.

Naas die FAK se huidige inisiatief is Praag reeds vier jaar lank besig met gesprekke en aanvoorwerk om ’n Afrikanerraad tot stand te bring. Ná aanvanklike byeenkomste in die Ou Raadsaal op Kerkplein vanaf 31 Mei 2003, is ’n Konfederale Afrikanerforum gestig waaruit ’n Tussentydse Afrikanerraad ontstaan het. Praag en die Afrikaner-alliansie het ook in Desember 2005 ’n samewerkingsooreenkoms onderteken om ’n Afrikanerraad tot stand te bring.

Deel op

Gisteraand het dr. Dan Roodt van Praag die weeklikse vergadering van die Tussentydse Afrikanerraad bygewoon waar daar besluit is om ’n verskeidenheid organisasies wat nie deel uitmaak van die huidige inisiatiewe nie, te nader ten einde binnekort ’n gesamentlike vergadering met die FAK-groep te reël.

Dit wil dus voorkom asof ’n Afrikanerraad selfs binne enkele maande kan realiseer. Die groter behoefte aan samewerking onder Afrikaners word toegeskryf aan die verskeidenheid krisissewat hulle in die gesig staar in die vorm van geweldsmisdaad, agteruitgang van Afrikaans aan skole en universiteite, asook die emigrasie van hoogs opgeleide volksgenote.

Maar ook die opwelling van Afrikanersentiment waarvan die gewildheid van Bok van Blerk se De la Rey-lied maar een simptoom is en waaroor onlangs in die media berig is, speel ’n rol om mense en organisasies wat voorheen deur politiek of ideologie verdeel is bymekaar te bring. Die gevoel onder deelnemers aan die verskillende gesprekke word as een van “opgewondenheid” beskryf.

ригонда купитьФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.