Lank leef nasionalisme!

Sondag se uitslae in Frankryk en Griekeland, is die bewys dat nasionalisme uit die dode opgewek is. En vir die Europese Unie, is dit onheilspellend tensy die sterk opkoms van nasionale gevoel verreken word.

Nasionalisme – hetsy ekonomiese nasionalisme, hetsy etniese nasionalisme – was die onderbou vir linkse en regse verkiesingskampanjes. Transnationalisme en multikulturalisme se tyd is verby en die Europese projek self verkeer in gevaar indien die grootkoppe in Brussel nie hul retoriek daarvoor aanpas nie.

Nodeloos om te sê het die Angelsaksiese mediaberigte geen snars daarvan verstaan nie en gekonsentreer op Europa se skuldkrisis sonder enige insig en begrip vir die werklike verhaal.

Niemand onderskat die verbintenis van Europa se elite tot die visie van Een Europa as uitdager vir die Verenigde State nie. Die elite van die vasteland is evangeliese Europeërs.

Tog is hulle vermoë om Europa op koers te hou nou ondergeskik aan soewereine stemme. Van Parys tot Athene, is die sentrum, die plek waar konsensus bereik word, besig om te verbrokkel. Dit is die radikale linkse en die nasionalistiese regse groepe wie se stemme gehoor is bo dié van kandidate in die middel. Vir Marxiste én patriotte, is die strydkreet nasionalisme.

Dink na oor wat die Franse kiesers gesê het. Die radikale Jean-Luc Melenchon, onderskryf die sosialistiese Francois Hollande, wat Sondag gewen het. Sy diskoers was besaai met strydkrete vir die Franse werker.

President Nicolas Sarkozy se 27 persent in die eerste ronde, was Sondag 48 persent, alhoewel Marine Le Pen van die Front National geweier het om hom te ondersteun.

Soos Marine dit gestel het, word die regses net nadergeroep as hulle die “rassiste, proteksioniste en xenofobe” se stemme nodig het en dan herhaal die sentrum woordeliks die slagspreuke wat hulle eers so verfoei het.

Digby die 30% het vir “ekstremiste” gestem in Frankryk, ongehoord in die annale van die Vyfde Republiek.

In Griekeland, was die uitslag ewe dramaties. Die sentrum het ineengestort voor die aanslag van verregs en verlinks.

Die volke van Europa moes hulle soewereiniteit prysgee, hul identiteit verdun deur immigrasie en oop grense, binne ‘n groter en meer inklusiewe Europa. Daarvoor is hulle ongekende voorspoed belowe.

Gee jou siel, en ons sal julle, ryk, veilig en gelukkig maak, was die Eurokrate se belofte. Dit het nie gerealiseer nie. Hierdie volke is nou aangewese op hulself.

Griekeland, Italië, Portugal en Spanje moet opoffer om te betaal vir multikulti en oop grense. Hul openbare sektore sukkel, pensioene is verminder, aftree-ouderdomme is aangeskuif. Hulle moet harder en langer werk vir al die jare wat dit sal neem om hul fiskale huise in orde te bring en skuld terug te betaal. Die partytjie is verby.

Die linkses het gesê: Ons wil ons pensioene hê, ons openbare werknemers. As ons leiers meer geld nodig het, neem dit dan van die rykes, neem dit van die banke, neem dit van die groot korporasies, die transnasionale wolwe.

Die regses het gesê: Ons wil ons lande en kultuur terughê. Ons wil ons grense gesluit hê. Ons wil nie meer immigrasie uit die res of Europa of die res van die wêreld hê nie. Ons is nie multikultureel nie.

Laat Frankryk Frankryk wees. Laat Griekeland Griekeland wees. Dis die ou stem van Europa wat opgeklink het Sondag: Stamgebondenheid, eenheid, saamstaan, handevat. Nasionalisme is terug!

Фильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.