Hollande wen Franse verkiesing

Deel op

Francois Hollande het president Nicolas Sarkozy Sondag verslaan, die eerste Sosialisties verkose president van Frankryk sedert François Mitterrand.

Hollande se veldtog was op ‘n meer inklusiewe Frankryk gemik, maar sy oorwinning sal ook gesien word as ‘n uitdaging aan die Duitse visie van ekonomiese soberheid as ‘n manier uit die eurokrisis.

Sarkozy is die jongste Europese leier om sy pos te verloor te midde van die ekonomiese omwenteling.

In sy vyf jaar het hy Frankryk, en homself, ingewerp in die Amerikaanse sleurstroom. Hy het ‘n meer sentrale posisie in die wêreld gespeel, weer by NAVO se militêre bevel aangesluit en in Libië ‘n sleutelrol vervul.

Hy was ‘n moeilike, maar baie belangrike bondgenoot van kanselier Angela Merkel van Duitsland in hul gesamentlike poging om die Europese skuld en valutakrisis te bemeester.

Hollande en Sarkozy het albei egter belowe om die begroting te laat klop in die volgende vyf jaar.

Hollande het gesê dat hy van voorneme is om “‘n nuwe rigting na Europa,” te gee om groei te stimuleer. Plaaslik het hy belowe om die belastingkoers tot 75% vir diegene wat meer as een miljoen euro per jaar te verdien, te verhoog.

Die uitslag word in Frankryk beskou as ‘n verwerping van Sarkozy en sy onverbiddelike pogings om ‘n beroep op die kiesers van die regse Front National te maak.

Met 95 persent van die stemme getel, is Hollande met 51,6 persent van die stemme, die wenner wat na vore tree, terwyl Sarkozy van die sentrum-regse Unie vir ‘n Populêre Beweging, 48,4 persent, behaal het, het Associated Press berig.

“Francois Hollande is die president van die Republiek, Hy moet gerespekteer word,” het Sarkozy gesê nadat hy Hollande geskakel het om hom geluk te wens. 

Die Franse en Griekse verkiesings is noukeurig dopgehou in die Europese hoofstede en veral in Berlyn. Hollande is Sondagnag deur Merkel gelukgewens volgens ‘n verklaring deur haar woordvoerder, Steffen Seibert. Hollande het vir maande belowe dat sy eerste reis na Berlyn sal wees.

Amerikaanse en NAVO-beamptes sal aanstons in Chigaco probeer om Hollande te kry om sy gedagtes te verander oor sy uittrede uit die organisasie.

Die opkoms van kiesers Sondag was ongeveer 81 persent van die 46 miljoen geregistreerde kiesers, wat effens af van die 84% is wat deelgeneem het in die laaste presidensiële verkiesing vyf jaar gelede – die grootste opkoms sedert 1974.

Die Franse, wat onder grys wolke gaan stem het, het vir hoofsaaklik ‘n beter ekonomiese toekoms hul stem uitgebring. Dit was Hollande se belofte. Die ideologiese kwessies soos immigrasie, het tweede gekom.

Фильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.