Zille vry na Vavi

Deel op

Zwelinzima Vavi, hoof van Cosatu, het gesê die DA-leier Helen Zille het hom “lastig geval” om by haar party aan te sluit, het die Sunday Times berig.

Vavi het aan die koerant gesê dat Zille aan hom by ‘n sokkerwedstryd gesê het: “Kan jy jou voorstel… ek en jy, die mag?”

Vavi beweer Zille was daarmee behep om hom te oorreed om by die DA aan te sluit.

“Sy is baie, baie magsbehep want sy het hierdie verkeerde siening… dat ek oorreed kan word om by die opposisie aan te sluit.

“Sy het my probeer werf, persoonlik, om by die DA aan te sluit in die aanloop tot die plaaslike verkiesing.”

Die twee het sedertdien in die openbaar vasgesit, met Vavi wat Zille verban het van ‘n protesoptog oor die e-tolstelsel en Zille wat beweer het Cosatu het werkloses gefaal.

“Dis hoe sy droom. Ek kan nooit by haar party aansluit nie; [hulle] bestaansreg is om met die uitbuiting van werkers voort te gaan.”

Zille se woordvoerder, Pierre-Charl du Preez, wou nie die bewerings bevestig nie, maar het dit as “oulik” afgemaak.

Лобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.