Transformasie is moontlik

In Suid-Afrika is die Afrikaner dood vir die grootste Afrikaanse koerant wat deur ‘n mediamonopolie in die hande van ‘n klein groepie verloopte Afrikaners, deesdae bekend as Afrikaanses, bedryf word.

Net in Nederland sien mense nog kans vir die woord waar dit pryk op die kant van ‘n gebou: Afrikanerplein [Amsterdam] Oost. Maar daar woon witmense, wat seker verklaar hoekom die gebou nog nie afgebrand is nie.

As enige gewone Afrikaner nog blind was vir die feit dat sy of haar wit bestaan ongewens hier is, moes die onvermydelike Sondag na die lees van die koerant se hoofopskrif baie skerper omlyn geraak het.

Piet Croucamp en Albert Venter, wat waarskynlik begryp het bevordering hang af van politieke evangelisasiewerk vir die base van UJ, gaan soos Moses 1 en 2 die bruines, Afrikaanses, uit die DA-woestyn na hul tuiste, die ANC lei. Só berig Rapport.

Nie ‘n slegte idee nie, want in die ou Transvaal is die bruin en swart groepe byna heeltemal geassimileer en die voormalige bruin woonbuurte het verswart. Daar is nie meer iets in die noorde oor van ‘n bruin identiteit nie en klaarblyklik het hierdie boodskap nog nie die Hexrivierberge oorgesteek nie.

Maar die mediamonopolie se intellektuele agterlikheid word weer eens gedemonstreer as dit kom by die geringste sosiologiese uitdaging, hoe eenvoudig dit ookal mag wees. Moses1 en 2 het dit seker ook opgemerk.

Dié stap om die DA van sy steunbasis te vervreem, word moontlik gemaak deur die versmelting tussen wit en bruin in die Kaap. Die vraag is nou of die wittes in Heerengracht bruin genoeg is om swart te wees in Gauteng? 

Vandat Zille so wydsbeen aan die dans geraak het, lyk sy baie swart, bygesê. Dit is dus tog moontlik om ‘n rassetransformasie te ondergaan. Die geheim is oënskynlik ‘n algehele gebrek aan wilskrag.

Na ‘n week van wat die Amerikaners noem “race baiting” voel die ligte bruines, dws voormalige wittes nou bekend as Afrikaanses, seker effens donkerder. ‘n Swarte het ‘n FHM-pop iets onwelvoegliks genoem en sy hom in antwoord daarop ‘n “kaffer”. Enige verstandige mens sou dit ‘n gelykop-telling genoem het en binne die volgende paar sekondes vergeet het van die vervelige onderonsie.

Nee, helaas nie. Nou weet ons ook dat ‘n volkleur pornofoto van Joost (mét dwelms) op die voorblad van Rapport nie soveel twiete kan genereer soos “race baiting” nie. Die swarte het Jessica Leandra, die welbedeelde model, glo opsetlik uitgelok.

Daarby het dit toe ook nie gebly nie, want eintlik al wat ‘n gedrukte koerant is, het die “race baiting” of uitlokking voortgesit om die wit “rassis” tot boetedoening te roep. Die vrome spul het dus nog nooit self die woord gebruik nie, wil dit voorkom. Daar is met smaak berig dat haar hele loopbaan verwoes is deur ‘n versameling van ses letters.

Die oefening is natuurlik omgewe van die ergste skynheiligheid denkbaar. Die meeste wit verontwaardiging kom van mense wat die woord self maklik sal gebruik en ten minste in een geval voor die uwe gebesig het.

 

Данильченео

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.