Christene die mees vervolgde groep ter wêreld

Deel op

Die hoof van ‘n Kaliforniese evangeliese godsdiensvryheidsgroep het Donderdag verklaar dat die Christendom tans die mees vervolgde godsdiens op die aarde is gegrond op bewyse wat ingesamel is.

Dr. Carl Möller het aan die Christian Post gesê stygende godsdienstige onverdraagsaamheid in die buiteland veroorsaak dat Christene die mees vervolgde groep in die wêreld is, “in die nie-regeringsorganisasie se ondersoek na na watter godsdiensgroepe vervolg word”.

“In terme van blote getalle, die grootte van die Christelike bevolkings regoor die wêreld, waar hulle onderdruk of beperk word … As ‘n mens martelare byreken, die wat gedood word, of jy tel diegene wat onder regimes leef, aansienlike Christelike bevolkings leef onder uiterste beperkings in plekke soos China, Indonesië, en natuurlik die Midde-Ooste,” sê Möller.

Hy het opgemerk “die metodologie vir die bepaling hiervan is nie noodwendig van Open Doors nie. Dit kom van [gerespekteerde] organisasies soos die Pew Research”.

Möller het in sy opmerkings ‘n 2011-studie van Pew Forum oor Geloof en Openbare Lewe aangehaal wat tot die gevolgtrekking gekom het dat sowat 70 persent van die wêreld se bevolkings in ‘n godsdienstig onverdraagsame omgewing woon en 32% van die wêreld se bevolking ondervind ‘n styging in godsdienstige vyandigheid op sosiale of regeringsvlak.

“Ons sien dit veral in Moslemsamelewings waar ‘n opsetlike wanvoorstelling van ander gelowe primêr is. Dit word aangevuur deur ongeletterdheid en ‘n paar gevalle van armoede,” sê Möller.

“Maar die kernkwessie is ‘n verdraaiing van ‘n godsdienstige boodskap wat Christene of ander minderheidsgroepe as die vyand uitbeeld.”

Möller se opmerkings het gekom op ‘n perskonferensie gefokus op die toenemende vervolging van godsdienstige minderhede in die Midde-Ooste en Noord-Afrika. Geborg deur Open Doors en die Simon Wiesenthal-sentrum, is die konferensie Donderdag by die Nasionale Persklub gehou.

Möller, het saam met ander sprekers opgetree soos die Rabbi Yitzchok Adlerstein, direkteur van intergeloofsake vir die Simon Wiesenthal-sentrum, en Nina Shea, ‘n kommissaris van die Amerikaanse Kommissie oor Internasionale godsdiensvryheid.

“Wat ons almal in gemeen het is dat ons belanghebbendes in die stryd is teen wat ons noem ‘n groeiende plaag van onderdrukking van vryheid van godsdiens,” sê Adlerstein.

“Dit kan maklik aangetoon word dat godsdiensvryheid ‘n politieke instrument geword het vir alle vorme van regimes teen minderheidsbevolkings en een wat sal voortgaan om chaos te saai in die lewens, wel die bestaan ​​van hele gemeenskappe in baie dele van die wêreld.”

In sy toespraak, het Möller gepraat oor die groeiende probleme vir Christene in Egipte, Sirië, Irak en Nigerië. Oor Nigerië, wat gereeld in die nuus kom oor die bomaanvalle deur ‘n ekstremistiese Islamitiese groep genaamd Boko Haram, het Möller foto’s van gebombardeerde kerke en sakeondernemings gewys wat oor die afgelope paar maande oorgeneem is.

USCIRF se Kommissaris Shea het gepraat oor verskeie kwessies rakende internasionale godsdiensvryheid, met die fokus op verskeie mislukkings van die Obama-administrasie in die hantering van hierdie kwessies.

Shea het ook genoem dat wetgewing “voor die Senaat hang” bekend as SB 1245, wat deur die Republikeinse kongreslid Frank Wolf ingestel is as HR 440. Die wetsontwerp wil ‘n “spesiale gesant vir die beskerming van godsdienstige minderhede in die Midde-Ooste en Suid-Oos Asië” instel. Dit word tans deur Virginia se Demokratiese Senator Jim Webb vir onbekende redes teruggehou.

“Die VSA se morele spierkrag kan gebruik word om miljoene lewens van onderdrukking, gevangenisstraf, en selfs die dood te red,” sê Möller.

“En ek glo dat daar mense van goeie wil van geloof is van alle godsdienstige oortuigings in die wêreld wat die soort ding waarvan ons vandag hier praat sal verstaan.”

Фільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.