Zille wys haar styl – met oop bene

Helen Zille
Deel op

{jathumbnail off}

Helen ZilleDie voormalige Black Sash- en ANC-ondersteuner, Mev. Helen Zille, is waarskynlik die grootste Afrikanerleier van alle tye. Skoppensboer sê hier juis “leier” en nie “leidster” nie, want dié vrou se stem is diep genoeg dat sy gemaklik bariton in ‘n Verdi-opera sou kon sing.

‘n Hoër persentasie Afrikaners ondersteun mev. Zille as wat waarskynlik vir Hertzog, Malan, Strijdom of Verwoerd gevolg het.

Hertzog, maar ook die res van die vroeë NP-leiers, was verfynde staatsmanne wat stylvol aangetrek en gemaklik oor die filosofie, politiek of internasionale verhoudinge kon gesels. Hoewel hulle dikwels skerp deur hul politieke vyande aangeval is, het hul nogtans respek afgedwing. Selfs Alan Paton, die skrywer en destydse liberale politikus, het hom daarvoor vererg dat Amerikaanse liberale die integriteit van, soos hy hom genoem het, “Danie Malan” in twyfel kon trek.

Zille is egter die eerste voorbeeld van die Afrikanerleier wat die styl van ‘n Amerikaanse kletsrymer – dis blykbaar Afrikaans vir ‘n “rapper” – aangeneem het. Tydens die vorige verkiesing reeds het sy haar onderskei met wit tekkies en het sy vir ‘n vale getoitoi om Afrikanerstemme te werf.

Pieter Mulder het mos ‘n boek geskryf met die titel, Kan Afrikaners toyi-toyi? Kennelik nie, want te midde van die vlaag plaasmoorde, naamsveranderings, diskriminasie, riool in die drinkwater en nog meer, verkies hulle die knusheid van hul sitkamers terwyl die Blou Bulle of Lions speel. Solank daar nog elektrisiteit is om die TV-stelle aan die gang te hou.

Eers het hulle graag lang vergaderings gehou, maar deesdae daag die meeste blykbaar nie eens meer op nie.

Afrikaners toitoi nie self nie, maar as ‘n mens na Helen Zille se manewales kyk, hou hulle daarvan dat hul leiers dit doen.

Of wat moet ‘n mens Helen Zille se dans noem? Raka se vriendin om die kampvuur? Of Kaapse volkspele?

лобановский александр досье

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.