Twintig duisend skoliere in 25 van Vitoria da Conquista se 213 openbare skole het begin met skyfies in hul t-hemde en teen 2013, gaan al die stad se 43 000 openbareskool leerlinge, tussen die ouderdomme van 4 en 14, t-hemde met RFID-skyfies in dra.
Dié “intelligente uniforms” sal ‘n rekenaar laat weet wanneer kinders skool toe gaan en ‘n SMS-boodskap aan ouers se selfone uitstuur. Ouers word ook
gewaarsku as kinders 20 minute na die klasse begin het eers opdaag, met die
volgende boodskap: “Jou kind het nog nie by die skool aangekom nie.”
Nadat ‘n leerling klasse drie keer gemis het, sal ouers gevra word om die afwesigheid te verduidelik. Indien hulle versuim om dit te doen, kan die skool owerhede in kennis stel, sê die skool-owerhede.