Spaanse koning klaar met olifantjag

Deel op
Die Spaanse koning Juan Carlos het Woensdag jammer gesê nadat hy olifante gaan jag het in Afrika en ‘n skandaal in sy land daaroor ontketen het.

“Ek is baie jammer. Ek het ‘n fout begaan en dit sal nie weer gebeur nie. Dankie vir julle belangstelling,” het die 74-jarige monarg gesê toe hy ‘n hospitaal in Madrid verlaat het.

Die koning het gesê hy voel “baie beter” nadat hy Saterdag ‘n heupvervangingsoperasie ondergaan het in die Spaanse hoofstad se USP San Jose hospitaal.

Carlos was wyd gekritiseer nadat hy in Botswana gaan jag het.

Baie was woedend oor die buitensporigheid van die vakansie terwyl talle Spanjaarde weens die resessie sukkel.

Die konserwatiewe daaglikse koerant El Mundo het die reis as “onverantwoordelik” en “onvanpas” in ekonomiese krisistye beskryf.

“Die visioen van ‘n monarg wat olifante in Afrika jag terwyl die ekonomiese krisis in ons land soveel probleme vir Spanjaarde veroorsaak, stel nie ‘n goeie voorbeeld nie,” het die koerant berig.

Owerhede in Botswana het Maandag bevestig dat Juan Carlos geval en sy heup tydens ‘n olifant-jagekspedisie in die noorde van die land gebreek het. Hy het glo in sy woonplek gegly en nie in die bos nie.

Фільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.