Nuus oor verkragting ‘n ‘groot probleem’

Deel op
Die media se gebruik van stilskote en audiosnitte van ‘n video van ‘n Sowetotiener wat deur ‘n bende verkrag word, is ‘n “groot probleem”, sê ‘n media-ontleder.

Die joernalistiekprofessor Anton Harber van die Universiteit van die Witwatersrand het gesê terwyl die media kan argumenteer dat die gebruik van die beelde en klank in die openbare belang is, moet die materiaal slegs gebruik word met “uiterste omsigtigheid en sensitiwiteit”.

Die Daily Sun het ‘n foto van die tiener op die voorblad gepubliseer.

Harber het gesê dit is “hoogs problematies” omdat die meisie ‘n minderjarige asook ‘n slagoffer van verkragting is.

Daily Sun se hoofbestuurder Minette Ferreira verdedig die besluit om die beelde te gebruik en sê die meisie se ma het toestemming vir die gebruik van die foto gegee.

Sy het gesê die koerant het sy prokureurs en die Persombudsman geraadpleeg voordat die foto’s gebruik is.

Die koerant, wat deel is van Media24, het egter die video eers heelwat later verwyder van hulle stelsel.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se woordvoerder Mthunzi Mhaga sê die NVG het “besprekings” oor die gebruik van die video deur die media.

Die materiaal sal gebruik word as bewys wanneer die saak na die hof gaan en die kan die saak benadeel indien dit gepubliseer of uitgesaai is.

Hy het ook die publiek gewaarsku teen die video, want dit is kinderpornografie.

“Besit en verspreiding van kinderpornografie is ‘n kriminele oortreding en ons sal nie huiwer om iemand in hegtenis te neem en te vervolg nie.”

Die video is glo op ‘n selfoonkamera verfilm en toon ‘n 17-jarige meisie wat deur ten minste sewe mans verkrag word.

Die meisie, wat op 25 Maart vermis aangemeld is, is gevind in ‘n huis in Braamfischerville, Woensdag, het adjudant-offisier Kay Makhubele gesê.

Dinsdag, is vyf mans en twee seuns wat ooreenstem met die beskrywing van die mense in die video in hegtenis geneem in Dobsonville.

Woensdag het die video van die verkragting “viraal” versprei en is een van die belangrikste sogenaamde “trending” onderwerpe op die sosiale netwerk Twitter.

EyeWitnessNews het ‘n audiosnit van die verkragting uitgesaai, terwyl die Daily Sun ‘n stilskoot van die meisie in ‘n sittende posisie, met mans wat om haar, gebruik het. Beeld asook die SAUK het ook deurgaans oor die verkragting berig om die publiek se nuuskierigheid aan te wakker.

Die Film en Publikasies Raad se uitvoerende hoof, Yoliswa Makhasi het gesê sy is geskok en kwaad omdat lede van die publiek gaan soek vir die video op sosiale netwerk-webwerwe.

“Ons versoek ook die media om nie skakels of eksplisiete beelde wat voortspruit uit die verkragtingsvideo’s te publiseer nie… ter beskerming van kinders teen blootstelling aan hierdie soort van eksplisiete en gewelddadige inhoud wat in ag geneem moet word en geprioritiseer word.”

Katy Katopodis van EWN het gesê haar nuusspan het twee vyf-sekonde audiosnitte noukeurig gekies uit die video.

“Die snitte wat ons gebruik het, was baie kort, geredigeer en nie-eksplisiet … Ons het probeer om so verantwoordelikeen sensitief as moontlik te wees.”

Sy het gesê ‘n groot aantal versoeke van die publiek en ander media-huise vir ‘n skakel na die video is aangevra, maar hulle het geweier.

“Ons standpunt is baie duidelik dat ons nie iets soos hierdie kan versprei nie.”

Die video het nie op EWN verskyn nie en is verwyder van die maatskappy se rekenaars.

 

Лобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.