‘Malema sal steeds pligte nakom’

Deel op
Julius Malema sal aanhou om sy pligte as president van die ANC-Jeugliga na te kom, ondanks dat hy deur die ANC geskors is, het die liga Sondag gesê.

“Die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) het saamgestem dat die president van die ANC-Jeugliga moet voortgaan as president van die ANC-Jeugliga en al sy funksies as ‘n president moet nakom, aangesien die besluit om hom tydelik te skors nie amptelik aan die Jeugliga as ‘n liggaam van die ANC gekommunikeer is nie,” het die liga in ‘n verklaring gesê.

NUUT!

Ná ‘n vorige vergadering van die NUK is besluit op ‘n “mandaat om die outonomie van die Jeugliga te beskerm en te verdedig deur nie in te stem tot die verwydering of aflegging van enige van die verkose leiers van die ANC-Jeugliga tot en met 2014 nie.”

Die besluit is geneem ná ‘n spesiale vergadering van die NUK Sondag om Malema se onmiddellike skorsing op 4 April uit die party te bespreek.

Die ANC se nasionale tugkomitee het Malema geskors nadat hy onder meer na president Jacob Zuma as ‘n diktator verwys het. Hy is onmiddellik tydelik uit die party geskors.

Die voorwaardes van die skorsing verbied hom om as ANC-lid, president van die ANC-Jeugliga of lid van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee in Limpopo pligte na te kom.

Malema se regsverteenwoordigers het volgens wat berig word dokumente van appèl ingedien by die ANC se NTK teen sy skorsing uit die party.

Malema se appèlverhoor is Donderdag uitgestel.

Hy is aanvanklik in Februarie uit die party geskors nadat hy verdeeldheid in die party gesaai en die party in oneer gebring het. Hy sal aanbly as Jeugliga-president tot alle moontlikhede om sy vonnisse om te keer, uitgeput is.

Фильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.