Munisipaliteit salig onbewus van protes

Deel op
Tien inwoners van Bolokanang het verskyn in die Petrusburg-landdroshof Vrydag nadat betogers die N8-roete tussen Bloemfontein en Kimberley gesluit het uit protes teen swak dienslewering.

Vrystaatse polisiewoordvoerder ao. Zweli Mohobeleli het gesê tien mense is Donderdag in hegtenis geneem op klagtes van openbare geweld.

NUUT!

Die inwoners het die N8 met voorwerpe geblokkeer, wat die besige roete tussen Bloemfontein en Kimberley gesluit het. Verskeie voertuie is met klippe bestook en motoriste is aangeraai om ‘n ompad te gebruik.

Mohobeleli het gesê dié wat in hegtenis geneem is, is vrygelaat op waarskuwing Vrydag.

‘n Amptenaar van die Letsemeng-munisipaliteit het aan die plaaslike radiostasie OFM gesê hulle is onbewus van die redes vir die jongste protes.

Bolokanang se inwoners het al op verskeie geleenthede hierdie jaar geprotesteer en verkeer op die N8 ontwrig.

Die redes sluit glo swak paaie en die gebrek aan water en sanitasie in.

Mohobeleli het gesê die polisie was nog Vrydag op die toneel by Petrusburg en monitor die situasie.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.