Tim du Plessis se DA-voegbrei

In ‘n rubriek van Tim du Plessis in Rapport vandag beweer hy dat Zuma eintlik die probleem is en nie Malema nie. En natuurlik sien hy weer vir die soveelste keer die “krake” in die ANC en kondig hy weer eens die einde van die regerende party aan. Déja vu, my liewe meneer du Plessis. Hoeveel keer is lesers nou al aan hul neuse by dié doodloopstraat afgelei?

Elke dag wat verbygaan laat Media24 en hul kliënte – waarvan die DA en die FW de Klerk-stigting maar twee is – meer en meer na siniese opportuniste lyk.

Du Plessis skryf vir die “stakeholders”, die roofkapitaliste en wittes wat graag verder voordeel sal wil trek uit die ANC. Want sien, die ANC raak al hoe swarter en al hoe minder skaam daaroor. 

Du Plessis het natuurlik vrede met die man op straat, die gewone Afrikaner. Hulle verdien marteling en moord uit hoofde van die feit dat hulle “verregs” is. En definitief geen woord in die koerant oor die politieke motief vir die etniese uitwissing van Afrikaners nie.

In die ANC self heers daar vrede. In só ‘n mate dat swaargewig Jeremy Gordin opgemerk het dat Joe Slovo se gees tevrede van bo oor die bevrydingsbeweging glimlag na Dinsdag se voltallige perskonferensie. Malema se idees is in ideologiese beton gegiet en met of sonder die Pedi bly die verwagtinge wat hy verwoord het, springlewendig.

Julius se enigste sonde is dalk dat hy te eerlik was in sy uitsprake en om daardie rede vir te veel ongemak gesorg het.

Die Tim-analise is gepen in die hoop dat dit die DA van die nodige voegbrei sal voorsien want dáár wys krake wat dalk onomkeerbare strukturele skade aankondig. Van die soort wat die gewone kieser wat glo etnisiteit is weglaatbaar, sal opmerk. Zille gaan nie die beskawingskloof oorbrug met duisende twiete, haar gewone hees verontwaardiging of minder plooie nie. Al wat die DA nou sal red, is die verbeelde “krake” in die ANC. Du Plessis is vol moed dat hy dit gaan voorsien in die vorm van “spin” noudat Nedbank en Absa ook geluide teen die ANC gemaak het.

Dis pure wensdenkery, want die hele oefening is meer een van afpersing as teenstand deur die banke. Een groot ANC-rekening en albei is tjoepstil.

Die groot nuus is dat Zille nie eintlik hond haaraf maak om swart kiesers te werf nie. Om die waarheid te sê, slaag sy goed daarin om hulle te vervreem met haar besige vingers op Twitter.

Haar eie party is natuurlik ook nie ‘n model van skoon regering, haar enigste verklaarde doelwit, nie. Vra maar vir diegene wat die spit moet afbyt in Midvaal, die groot DA-vesting in die noorde.

In dieselfde koerant moet ons lees dat FW dink Mandela het ‘n paar klein foutjies, kortom, die man is ook maar mens. Janee, baie menslik én feilbaar. Maar was dit nie de Klerk self wat gedink het Mandela se vrylating gaan aan hulle albei die nodige wêreldstatuur verleen nie? Klink eerder na suur druiwe as ‘n kritiek teen Madiba omdat dit nie gerealiseer het nie.

Media24 het in elk geval gesorg dat die gemiddelde leser die Madiba-Koolaid in groot dosisse inkry en die meeste is ingeënt teen enige sulke kritiek.

Julle kierangs is besig om uit te braai, Tim.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.