Mantashe verdedig Malema

Beleërde ANC-jeugliga leier, Julius Malema, het nie die voorwaardes van sy skorsing uit die African National Congress (ANC) oortree toe hy ‘n gemeente toegespreek het nie, het eNews-kanaal Saterdag berig.

ANC sekretaris-generaal Gwede Mantashe het aan die nuuskanaal gesê dat Malema het die volste reg gehad het om ‘n kerkdiens by te woon.

Malema het die Last Move Ministries-gemeente op Goeie Vrydag in Butterworth in die Oos-Kaap toegespreek.

Woordvoerder Floyd Shivambu het gesê Malema was daar in sy hoedanigheid as ANC-jeugligapresident.

Malema het egter geen melding van die ANC in sy toespraak gemaak nie.

Malema se tydelike skorsing uit die party het gevolg na kommentaar wat hy gemaak het oor president Jacob Zuma tydens ‘n eeufeeslesing by die Universiteit van die Witwatersrand verlede Vrydag.

In ‘n verklaring Donderdag, het Shivambu gesê: “In die viering van Goeie Vrydag en ter herdenking van die lewe van Solomon Mahlangu, het president Julius Malema die Twaalf Apostels-kerk van Christus in Butterworth besoek.”

Mahlangu is in 1979 deur die apartheidsregering ter dood veroordeel en gehang.

Malema het twee eredienste Vrydag bygewoon. Hy het nie gemeentelede by die Twaalf Apostels-kerk in Christus toegespreek nie.

Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.