Alles in SA en VSA wentel om ras

Deel op

Ek dink as ons land eers vorentoe in volslae chaos verval, gaan daar gewonder word oor al die verlore geleenthede wat nooit aangegryp is nie. Ons moes lankal ‘n rassedebat in dié land aan die gang gesit het soos wat Pat Buchanan in sy jongste rubriek It’s All About Race Now, doen.

Toe ek dit destyds as rubriekskrywer in Rapport wou doen, is ek eenvoudig gesensureer en met die banvloek getref. Agterna het ‘n klomp narre soos Max du Preez en sy enkele vriende met identiteitsprobleme nog gepoog om my regtig op ‘n Middeleeuse wyse te probeer etiketteer en stil te maak.

Uiteindelik gaan Suid-Afrika as land en as ontwikkelde ekonomie en maatskappy ondergaan omdat blankes – en veral die professionele joernaliste – nie die moed gehad het om die rasse-absurditeite wat aan ons opgedring word uit te daag en aan die kaak te stel nie. Dis eenvoudig tragies om te sien hoe SA verval in net nog ‘n Zimbabwe, Zambië of wat ook al en almal is te bang om dit uit te wys! Mense sal eerder ‘n reksprong gaan doen of valskermspring of bergklim sonder toue as om net eenslag die waarheid oor swart misdaad, wanprestasie en onbekwaamheid te praat soos wat Buchanan hier doen.

Al moet ek dit self sê, was ek nog nooit verkeerd oor my politieke persepsies nie. Toe ek 16 jaar oud was, kon ek al sien dat die NP en Broederbond te onnosel was om die pyp te rook. In 1987 het ek tydens my tydperk in Frankryk reeds ingesien dat die ANC net ‘n ramp vir SA kan beteken. In 1996 het ek voorspel dat Afrikaans as amptelike taal gaan sneuwel. En in 2003 het ek reeds ingesien dat die politiek van hierdie land, veral vanweë die 1994-oorgawe – juis nie apartheid nie – altyd om ras sal draai. Trouens, die wêreldpolitiek beweeg in daardie rigting en die soort rassehisterie wat die liberale hoofstroommedia in die VSA tans rondom die Trayvon Martin-voorval aanhits, gaan verseker dat die hele een-en-twingtigste eeu in een groot propaganda-oorlog oor ras gaan ontaard. Baie mense sal seker na die Koue Oorlog verlang toe daar nog iets soos “regs” en “links” was en nie net ras nie.

U kan ‘n verskil aan u toekoms maak deur by PRAAG aan te sluit.

Gisteraand het ek die klassieke Tarzan-rolprent met Johnny Weismuller in die hoofrol gekyk. Dit was regtig amusant om te sien hoe die “Bwana” kort-kort die safaridraers met ‘n karwats laat afransel. Allermins polities korrek! Dis dieselfde Hollywood wat vandag in elke rolprent ‘n swart polisiehoof voorstel wat sy blanke juniors van goeie raad bedien of uittrap omdat hulle nie so slim en ervare soos hy is nie. In ons eie land het swart polisiehoofde en “ministers van veiligheid” wondere vir die algemene stand van wetstoepassing gedoen, nie waar nie? Dink maar aan Charles Nqakula, Jackie Selebi, Beki Cele en hul kollegas.

Gister op Facebook verwys mnr. Casper Labuschagne my na die werk van dr. Brené Brown wat blykbaar gesê het: “’n Mens kan nie ‘n gesprek oor ras sonder skande hê nie, omdat jy nie oor ras kan praat sonder om oor voorreg te praat nie, en as mense begin om oor voorreg te praat dan word hulle verlam deur skande.” Ons wat van Europese afkoms is, word deur skande verlam. Vanweë die verskille in die gemiddelde lewenstandaard en prestasie van blankes en swartes, word daar aangeneem dat daar een of ander kousale verband moet wees.

Labuschagne skryf verder op Facebook: “Die formule is iets soos: ‘Swartmense kry swaar, witmense kry nie swaar nie, gevolglik is dit duidelik dat witmense vir swartmense onderdruk’. Hierdie denkpatroon is loutere onsin, maar ‘n groot groep mense wat bevoorreg is, het inherente skuldgevoelens oor hul bevoorregte toestand, dus is hulle verweer om enigeen wat nie daarmee saamstem nie as rassis te etiketteer.

“Diegene wat nie wit is nie, het nie so ‘n skandelas nie en vir hulle is die teendeel van dieselfde foutiewe denke ‘n werklikheid: ‘Witmense kry nie swaar nie maar ons kry swaar en die rede is omdat ons deur witmense onderdruk word.’ Gesien in terme van hierdie teenstrydigheid, is dit dus heeltemaal verstaanbaar dat daar twee totaal uiteenlopende sieninge van dieselfde voorval is, soos ons nou met Zimmerman in die VSA agterkom. As die situasie ontbloot word van hierdie waas van skande en skuld dan is dit duidelik hoe die swart groepering die skuldgevoel van wit bevoorregtes uitbuit. En dit gebeur oor en oor. Kyk hoe het die nugtere denke oor ‘n dekade daartoe gelei dat dit vandag duidelik is dat O.J. Simpson so skuldig soos die houtjie van die galg was. Maar in 1995 het ‘n beduidende groep witmense (ook in Suid-Afrika) in sy onskuld geglo. Die rede – die verlammende waas van skuld as gevolg van die bevooregte posisie van witmense. En as daardie waas oor ‘n dekade verdamp dan word die waarheid ontbloot.”

Die rol wat die Nasperskoerante sedert 1994 gespeel het om hierdie “skandvlek van die blanke ras” te bestendig en aan te hits, was waarskynlik die laaste spyker in die doodskis van Suid-Afrika. Tensy ‘n organisasie soos PRAAG drasties meer steun verkry, is daar nie eintlik meer weerstand teen die heersende rasseteologie van “die benadeelde swartman” nie. Die meeste Afrikaanse organisasies en opposisiepartye aanvaar ook hierdie begrip. Dit sal vanself sorg dat grondhervorming deurgaan en ‘n voorspelbare Zimbabwe-tipe scenario hom hier afspeel. “Verinheemsing” noem ou Bob dit mos. En slegs die swart ras is “inheems”. Ons president sing reeds op openbare verhoë in Zoeloe “Skiet die Boer” (YouTube-video) terwyl die magtige media te bang is om iets daaroor te skryf of te sê.

Dat dit alles besonder lafhartig was, sal iemand in die toekoms vanuit Melbourne of Nederland of waar mense ook al bietjie nabetragting oor ‘n mislukte Suid-Afrika gaan doen, moet sê.

U kan ‘n verskil aan u toekoms maak deur by PRAAG aan te sluit.

Олександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.