Die arme dr Wouter Basson

Deel op
Arme dr. Wouter Basson. Hy is die laaste soldaat in die laaste SAW-loopgraaf oor. Sy stryd teen leuens, drogbeelde, versinsels, kwade wil en groot dosisse politieke opportunisme blyk ‘n eensame een te wees.

Dit is opvallend dat elke ou Afrikanerorganisasie hom die rug gekeer het en die ANC/DA-propagandaweergawe van die verlede volledig omhels het. Sý mense. ‘n Mens wonder hoe definieer Wouter Basson ondankbaarheid.

Terwyl Basson se jongste klugverhoor in die media afspeel, is die wedergebore NP-kliek baie hard besig om anderpad te kyk, waarskynlik in die hoop dat niemand sal opmerk dat die pro forma-aanklaer Salie Joubert hulle knoeiwerk moet afhandel nie.

Die blasende, oorgewig Joubert lyk asof hy soggens ‘n horinglose renoster vir ontbyt verorber. Al swetende en rooi druk hy ‘n vet aanmanende vingertjie in die lug ter ondersteuning van sy toewyding aan elke anti-Afrikanertoertjie in sy sirkushandleiding.

Hy is blykbaar in beseringstyd ingeroep vanweë sy talent om stelinkleding te doen vir die rondgaande vermaak wat sedert die WVK eindeloos opgevoer word in allerlei gedaantes. In ‘n hemp wat sewe nommers te groot is vir hom, het Salie Joubert na vore getree as die laaste komieklike lyksbesorger van apartheid. Hy het reeds daardie veraf blik in sy waterige ogies soos hy vergesigte van ‘n wêreldgehoor in vervoering aan sy voete sien.

Basson se regspan moet dit sterk oorweeg om die lugversorging in die vertrek af te skakel om Joubert tot oorgawe te dwing en die ligte te doof op Joubert se pynlik amateuragtige vertoning om swart gemoedere teen Basson gaande te maak.

Salie se sirkustoertjie is om die kardioloog weer te koppel aan sy bynaam in die Angelsaksiese media, naamlik dr Death. Aangesien Basson vrygespreek is op die aanklagte wat aan hom die bynaam besorg het, is hierdie opvoering voor die Raad vir Gesondheidsberoepe se professionele gedragskomitee kennelik die volgende histeriese probeerslag.

Die ondersoek na die optrede van die hoof van die apartheidsregering se chemiese en biologiese oorlogvoeringsprogram is dié week onderbreek toe die verdediging geëis het dat die vervolging ‘n verklaring onttrek dat die SA Weermag chemiese oorlogvoering teen Suid-Afrikaanse burgers gebruik het.

Nee, dit is geen oordrywing nie, geagte leser. Volgens Joubert se inkleding is Basson nie net dr. Death nie, hy is dié dr. Death van die SAW-doodsbende. Vir diegene wat gedink het hulle het diensplig gedoen soos in elke ander Westerse land om hul grondgebied in die Koue Oorlog te beskerm, dink weer.

In Salie se sirkus was elke dienspligtige ‘n ratjie in die Finale Oplossing. As dít nie aanhitsing is nie, moet die woord nog uitgevind word. Dit sal dus vir Joubert as ‘n skok kom om te weet dat hy self waarskynlik ook elders sal kwalifiseer vir die titel van doodsengel. In die komende rasse-oorlog wat aan die oplaai is in die VSA en wat seker hier gaan oorspoel, is Salie met die verkeerde baadjie gebore wat nie eens sy groot hemp sal kan verberg nie.

Uiteraard is geen feitelike grondslag nodig vir sy soort betoog nie.

Want die swart gemoedere loop hoog daar oorkant. Trayvon Martin, die swart tiener wat deur ‘n bruine geskiet is, is wit Amerika se Hector Pieterson. Dit kom natuurlik al ‘n lang pad, dié opsweping, maar met Obama wat nou ook ingeklim het, lyk dit of die getygolf ‘n ant-wit tsoenami wil raak.

In die Washington Post skryf ‘n swart rubriekskrywer dat ‘n goeie 70%, dikwels geleerde en opgevoede swartes glo die waterdyke is in 2005 in New Orleans deur blankes opgeblaas om swartes te vermoor met Orkaan Katrina as ‘n handige voorwendsel vir die etniese moordaanslag.

Ook in 2005 het navorsing wat deur die universiteit van Oregon en die Rand Corporation in die VSA onderneem is, bevind dat ‘n derde van alle swartes vas glo dat openbare gesondheidsinisiatiewe eintlik daarop gemik is om swartes uit te wis, hulle te steriliseer en permanent onvrugbaar te maak.

Skadu’s van sulke praatjies het weer dié week opgeklink by die Vigsberaad in Turffontein toe Gauteng se premier Nomvula Mokonyane Donderdag onder aanmoediging van die DA gesê het die uitwerking van MIV/vigs is ‘n “volksmoord”.

By ‘n geleentheid waar die VN se rapporteur besoek gebring het aan Suid-Afrika om te verneem oor die stand van minderhede ‘n paar jaar gelede, het die Indiërs en swartes in die gehoor bewoë geraak oor die “miljoene” swartes wat binne ‘n bestek van 40 jaar deur die Afrikaners “vermoor” is.

Aanklaer Salie het Basson Dinsdag beskuldig “van chemiese oorlog, wat hy as ‘n mediese praktisyn teen die bevolking van hierdie land” ondersteun het. Hy het natuurlik doodgewone traangas bedoel. Daar is die afgelope weke waarskynlik meer traangas op die oproerige Malema-ondersteuners gebruik as ooit voorheen, maar “biologiese en chemiese oorlogvoering” teen swartes klink net soveel meer indrukwekkend.

Wat Trayvon Martin betref het die agbare Maxine Waters, die nemesis van apartheid en die NP, weer vir ‘n juweel gesorg toe sy die tiener se dood as ‘n haatmisdaad beskryf het.

Rap-groepe was ook gou om hul weergawe aan die aanbiddende massas voor te hou.

En in die Kongres het ‘n demokraat probeer aandag trek met sy sweetpak-en-donkerbril, terwyl ‘n kollega die boom geskraap het vir propagandaskeppings.

Salie glo waarskynlik dat hy homself in hierdie gesiene geselskap bevind. Sy mistasting mag genadiglik van korte duur wees.

Фильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.