Swart rassebewussyn, deel 1

Deel op

Die Verenigde State word nog deur baie Afrikaners as die groot pionier op die gebied van rasse-integrasie gesien.

Image

Jared Taylor

Swartmense is al vir 'n honderd-en-veertig jaar burgers van die land en vir die afgelope veertig jaar het die Amerikaners met al hulle ontsaglike ekonomiese mag, deur ritse en ritse wetgewings en met die volle gewig van die regering en die volgehoue maniese ondersteuning van die media, met nimmerkwynende ywer daarvan werk gemaak om swartes in die breër Amerikaanse samelewing in te trek.

Te oordeel aan die beeld wat hulle vir ons wys, twyfel min mense aan die vlak van hulle sukses. In rolprente en televisiereekse is die swartes immers so pittig soos Will Smith, so lieftallig soos Bill Cosby, so lewenskragtig soos Denzel Washington en so vasberade soos Tiger Woods. Geen TV-reeks is sonder 'n soliede swart burgemeester, polisiehoof of hospitaalsuperintendent nie en daar is stapels swart sjirurge, navorsingsdeskundiges, forensiese ghoeroes, ruimtevaarders… Die gesinne is sulke warm klein troppies, vol snoesige gevoelens en goeie, roesvrye familiewaardes.

Dis maklik om daaruit af te lei dat die Amerikaanse eksperiment 'n weergalose sukses was. Maar hoe suksesvol is multi-kulturalisme in Amerika werklik?

Jared Taylor, die redakteur van American Renaissance, 'n konserwatiewe blad wat rasse-aangeleenthede onder die loep neem, het die saak nugter ontleed. Die gevolg was 'n opspraakwekkende bydrae wat in drie opeenvolgende uitgawes van die tydskrif gedra is. Hy het vir ons die toestemming gegee om dit te vertaal en na goeddenke aan te wend. Hier is die eerste deel.
Deel op

Swartes vier wat blankes moet ontken

Hoe dink swartes oor ras? Hoe ervaar hulle ras? Hoe word daar van hulle verwag om oor ras te dink en dit te ervaar? In hierdie opsig kan die teenstelling met blankes beswaarlik groter wees. Ras is nie vir blankes 'n toelaatbare maatstaf waarop hulle persoonlike besluite en openbare beleid kan skoei nie. Blankes het geen regmatige aansprake as 'n groep nie en dink nie eens gewoonlik aan hulleself as 'n groep nie behalwe wanneer daar van hulle verwag word om verskoning te vra vir geskiedkundige of huidige sondes.

Vir swartes, aan die ander kant, is ras 'n sentrale deel van hulle identiteit. Hulle beskouing van politiek, geskiedenis, regering en kultuur is nou verbind met 'n rassebewussyn wat hulle eenkant stel van ander groepe. Hulle beskou dit, byvoorbeeld, as vanselfsprekend dat dit die taak van 'n swart leier is om homself te beywer vir die voordeel van swartes, sonder noemenswaardige agting vir ander.

Hulle het, met ander woorde, 'n diepgesetelde rassebewussyn wat dit selfs as 'n vervreemding van die Verenigde State self kan uitdruk. Vir baie blankes, wat die afgelope vyftig jaar oor die algemeen probeer het om ras uit hulle besluitneming te verban, is die diepte en die krag van swart rassebewussyn moeilik om in te dink, en wanneer hulle die volle mag daarvan raakloop, vind hulle dit erg ontstellend.

Soos ons sal sien, is raslojaliteit so noodsaaklik vir swartes dat hulle swartes wat dit nie genoegsaam beoefen nie, verag – hulle is nie “swart genoeg” nie. Vir blankes is Amerika se primêre morele sending om ras te bowe te kom, om verby groepbewussyn te beweeg en om alle burgers as individue te omhels. Om verby ras te beweeg is veral vir onderwysers, predikante, maatskaplike werkers, politici en selfs 'n hele hoop korporatiewe leiers Amerika se groot roeping. Nie vir swartes nie. Vir 'n swarte om homself uit te spreek of om op te tree op 'n manier wat vir blankes verpligtend is, is om rasseselfmoord te pleeg. Dit is om veragting en verwerping uit te lok.

'n Ander wêreld

Alhoewel dit nie regstreekse verklikkers is van swart rassebewussyn nie, dui die groter sosiale aanwysers op hoe verskillend die wêrelde is waarin swartes en blankes woon. Om mee te begin wys die oënskynlik skadelose sensusrekords dat 'n honderd jaar gelede die twintig gewildste name wat swartes en blankes vir hulle babas gegee het, so te sê dieselfde was. Dit het in die 1960’s begin verander toe swartes hulle kinders sulke ooglopend swart name soos Shaneequa, Latonya en DeShawn begin gee het. 'n Ondersoek na elke geboorte in Kalifornië sedert 1961 het gevind dat die tipiese swart dogtertjie in 1970 'n naam gekry het wat tweemaal so algemeen onder swartes as onder blankes was. Teen 1980 was haar naam twintig keer meer algemeen onder swartes en teen 2004 het meer as veertig persent van die swart dogtertjies wat in Kalifornië gebore is, 'n naam gekry wat nie aan 'n enkele een van die 100,000 blanke dogtertjies gegee is wat daardie jaar gebore is nie. Dié rassekloof is nie beperk tot die Weskus nie. Teen 2003 was daar geen oorvleueling tussen die twintig gewildste name wat vir swart en blanke meisies in New York-stad gegee is nie. Die gaping onder seunsname was nie so groot nie want nie blankes óf swartes was so avontuurlustig met seunsname nie, maar daar was tog 'n skerp uiteenloping sedert die 1960’s.

Nog 'n kloof is dié in televisiekykery. Sedert 1987 is nie een van die tien gewildste programme wat swartes kyk onder die top tien van blankes nie. Swartes kyk programme met swart akteurs oor swartmense; blankes kyk blanke programme.

Swartes het nie dieselfde politiek as blankes nie. Die Bay Area Sentrum vir Verkiesingsnavorsing het stempatrone in 237 Amerikaanse stede gepeil en gevind dat ras 'n eweknie vir 'n stad se politiek is. Swart kiesers is liberaal en blanke kiesers is konserwatief. Soos die sentrum se direkteur verduidelik: “Detroit en Provo is toonbeelde van Amerika se politiese-, ekonomiese- en rassepolarisasie. As die mees konserwatiewe stad in Amerika is Provo oorweldigend wit en solied middelklas. Dit is in strakke teenstelling met Detroit wat verarm, swart en die mees liberale is.” Hy het voorts opgemerk: “Terwyl die meeste swart kiesers die Demokrate bestendig sedert die 1960’s ondersteun het, is dit die blanke liberales wat gaandeweg oor dekades heen weggekwyn het om sodoende Afro-Amerikaners as die enigste vaandeldraers van die linkses te gelaat het.”

Hierdie verskille het tot duidelike verdelings oor daadwerklike politieke keuses gelei. Nie minder nie as 74 persent van swartes glo dat dit die regering se verantwoordelikheid is om “die beskikbaarheid van werksgeleenthede te verseker,” terwyl net 33 persent van die blankes dit glo. In 1996 het 84 persent van swartes maar net 43 persent van die blankes vir Bill Clinton gestem.

Menige blankes vind sekere swart menings verbysterend. Net 13 persent van swartes dink O.J. Simpson was “waarskynlik skuldig” aan die moord op sy vrou, maar 73 persent glo dit is waar dat “die CIA kokaïne invoer om onder die swart gemeenskap te versprei.” Twee-en-sestig persent “glo dat MIV en VIGS as deel van 'n sameswering gebruik word om opsetlik Afro-Amerikaners dood te maak.” Wanneer 'n soliede meerderheid swartes dink die regering is opsetlik besig om swartes aan kokaïne te verslaaf en om hulle met VIGS om die lewe te bring, het ons beduidend tot anderkant verskillende keuses vir kindername en uiteenlopende televisiegewoontes beweeg. Hierdie verskille is duidelik op een of ander manier in ras self ingebind.

Nie Swart Genoeg

In 1998 is Anthony Williams as burgemeester van Washington, DC verkies. Meneer Williams het aan Harvard en Yale gestudeer, was duidelik daarop ingestel om 'n doeltreffende stadsbestuur te handhaaf en het noemenswaardige blanke ondersteuning gehad. Alhoewel hy 'n swartman is wat nooit voorgegee het om enige iets anders te wees nie, het mnr. Williams baie swartes laat wonder of hy “swart genoeg” was. Miskien was dit onvermydelik vir enige swart politikus wat die crack-rokende, rokjagtende Marion Barry – daar was nooit enige twyfel oor sý bona fides nie – sou opvolg, maar 'n swart skrywer vir die Washington Post opper “die vraag of blankes, as ons aanneem dat hulle eenkant toe of die ander hoegenaamd omgee, enigsins die konsep verstaan van ‘hoe swart is 'n swartmens?’” Hy gaan voort om te sê dat burgemeester Williams dadelik 'n hoop onbevoegdes in die pad gesteek het, maar dat die “ontslanings swart werkers die meeste van almal benadeel het, wat – regtens of verkeerdelik – die indruk skep dat hy weinig of geen besondere besorgdheid het vir mense wat soos hy lyk nie.” 'n Swart politikus wat meer besorgd is oor doeltreffendheid as oor werksgeleenthede vir swartes, is dalk nie swart genoeg nie. Die skrywer maak die gevolgtrekking: “Swartheid… is 'n toestand van gedeelde geestelike idealisme wat ten doel het om die groep vir oorlewingsdoeleindes te verenig. Om dit op 'n ander manier, wat minder van 'n mondvol is, te stel: Daar is nie een persoon van kleur wat homself of haarself van die res van die mense van kleur kan afskei nie.”

Omdat burgemeester Williams verbind was aan alle ander swartes “vir oorlewingsdoeleindes,” bring die verslapping van daardie bande twyfel oor sy swartheid.

Omtrent dieselfde tyd het 'n ander Post-skrywer die verlies van daardie wiegende, eiesoortig swart wandelgang bekend as die “hoersmousstappie” (pimp walk) betreur. As 'n jongman het hy outentiek swart gevoel – “Of die hoersmousstappie een of ander viering van manlike swartheid was, weet ek nie, maar wat ek wel weet is dat wanneer ek so ritmies geloop het, het ek nooit so goed, of so swart, gevoel nie” – maar een of ander tyd het hy normaal begin loop. Dit was die oorsprong van diep sielsondersoek:

“O, ek woon 'n oorwegend swart kerk by. Ek het 'n swart vrou. Swart laities. En as 'n swart joernalis skryf ek oor swart mense. My ma is swart. My kar is swart. Ek koop swart. Ek stem swart. Ek dink swart. Tog, ek kan nie help om te wonder of ek eens op 'n tyd swarter was nie.”

Dit is nie genoeg om swart te dink, koop en stem nie. Ware swartheid mag 'n sekere stappie verg.

Randall Robinson wie se vroeë loopbaan daaraan gewy was om Suid-Afrikaanse apartheid te beveg en wat later skadevergoeding vir swartes probeer beding het, verklaar doodgewoon: “Ek is obsessief swart… ras is 'n oorkoepelende aspek van my identiteit.” Kweisi Mfume, voormalige president van die NAACP (Amerika se Nasionale Vereniging vir die Bevordering van Gekleurde Mense), het aan die groep se 1998 nasionale konferensie gesê “ras en velkleur… oorheers nog elke aspek van Amerikaanse lewe, hier en in die buiteland.” Ron Daniels, 'n rubriekskrywer vir die swart koerant, The St. Louis American, skryf: “Wat my politieke of ekonomiese doelwitte in die lewe ook mag wees, ek word deurgaans gelei deur die dictum om ‘van die ras en vir die ras’ te wees. Terwyl ek oop is om werkende politieke verhoudinge met ander op te bou, moet hierdie verhoudinge altyd met swart mense wees.”

Deel van outentieke swartheid verg die uitdruklike verwerping van blanke norme. James Bernard het 'n graad van Harvard se Regskool en was 'n konsultant vir die Rockefeller Stigting. In plaas daarvan om 'n loopbaan in die regte te hê, het hy besluit om 'n hip-hop glanstydskrif met die naam The Source te begin. Sy redes? “Óf jy identifiseer met die blanke gemeenskap, en dit is so afgryslik leeg – om nie eers te noem dat jy verwerp sal word en van jou kop af sal raak nie – óf jy kyk vir iets wat ryk en opreg is.”

Net soos die vraag wat dit beteken om nie swart genoeg te wees nie, is outentieke swart kultuur buite die begrip van blankes. August Wilson, wat in 2005 gesterf het, was die mees suksesvolle swart dramaturg in Amerika en het twee Pulitzer-pryse en baie ander toekennings gewen. Alhoewel hierdie toekennings van nominaal blanke organisasies kom, het hy daarop aangedring dat blankes nie 'n regisseur van sy dramas sal wees of daarin speel nie. Blankes kom uit 'n ander kultuur.

Dis onnodig om te sê dat daar baie swartes is, beide prominent en onbekend, wat nie so 'n separatistiese houding inslaan nie, maar selfs vir hulle kan swartheid 'n vesting in tye van beproewing wees. Sanger Michael Jackson was op 'n tyd 'n simbool van rasloosheid en selfs ongeslagtelikheid, maar toe hy in 2005 in die hof moes verskyn op aanklagte van kindermolestering, het hy homself omring met lyfwagte en raadgewers van die Nasie van Islam. Een skrywer het uitgewys dat die “rassegewys ongetraakte wonderwerk” wat op 'n tyd gesing het “Dit maak nie saak of jy wit of swart is nie,” nou die “uiterste swartman geword het.”

Dit is nie net enkelinge wat dalk nie swart genoeg is nie. Dieselfde maatstawwe kan in breër verband toegepas word. Meeste blankes besef nie dat swartes opgegee het met integrasie nie. Swartes word woedend as hulle uit blanke instellings of woonbuurtes gehou word, maar baie van hulle sien integrasie as bloot 'n middel tot bepaalde doeleindes en nie die uiteindelike oogmerk self nie. As hulle ekonomiese of politieke doelwitte deur uitsluitlik swart middele kan bereik, is dit verkieslik.

Roy Brooks, wat by die Universiteit van San Diego se Regsfakulteit doseer, maak hierdie saak uit in Integrasie of Segregasie? wat deur Harvard Universiteitspers uitgegee is. “Daar is intrinsiek niks goed aan rassevermening nie,” skryf hy. “Die aantrekkingskrag spruit uit die sosiale nuttigheid daarvan.” Hy vervolg: “Afro-Amerikaners het nodig om minder tyd te spandeer om te poog om langs blankes te woon en moet meer energie aanwend om te streef om saam met mekaar te woon.” En rede hiervoor is dat  “dit duidelik die homogene gemeenskap is, eerder as die breër blanke gemeenskap, wat die omgewing is waarin die persoonlike selfagting van die Afro-Amerikaners kan ontwikkel.” Volgens sy beskouing is integrasie 'n nimmereindigende, uitputtende worsteling vir swartes omdat hulle te doen het met blankes wat nooit beweeg kan word om swart werklikhede te verstaan nie: “Baie Afro-Amerikaanse studente glo dit is nutteloos om blanke mense te probeer voorlig, en hulle sien nie dat rasse ooit in harmonie sal saamleef nie.”

Hy doen wat hy “beperkte segregasie” noem, aan die hand. Swartes moet die reg hê om in die witman se wêreld te woon as dit is wat hulle wil hê, maar hulle moet hulle eie skole, buurtes, werksplekke, kerke en plekke van vermaak hê, so dat hulle algeheel afgesonder van blankes kan woon as dit hulle keuse is. Werkersklasswartes, verduidelik hy, sal so te sê beslis afsondering verkies.

Daar is selfs 'n paar blankes wat die swart aandrang op segregasie beaam. Politieke wetenskaplike Andrew Hacker verduidelik dat dit eintlik uit blanke ontegemoetkomendheid spruit:

“Oproepe word toenemend gehoor vir 'n stelsel wat die beste sal maak van segregasie. Integrasie het nie gewerk nie, hoofsaaklik omdat blankes nooit daar in geglo het nie behalwe op die vlak van die leegste gebaar. Dit het ook vereis dat swartes baie van hulle kultuur moes versaak, hetsy in die aangryping van blanke gedagtestelsels wat uitspraak en gedrag insluit.” 

Derrick Bell, wat by New York Universiteit se Regsfakulteit doseer, redeneer dat die Hoërhof se 1954 uitspraak in Brown v. Onderwysraad 'n flater was. [Brown v. Board of Education was 'n mylpaalbeslissing van die Amerikaanse Hoërhof wat skolesegregasie ongrondwetlik gemaak het]  Hy wens die hof het “afsonderlik maar gelyk” behou maar vereis dat swart instellings werklik gelyk gemaak word.

Daar word nou  begin om skole met 'n hoofsaaklik swart leerlingkorps op hierdie beginsel te bestuur. In Kansas Stad, is 70 persent van die skoolkinders swart en net 15 persent wit. Separatiste vind dat hulle swart skole het sonder om eers kinders van ander rasse uit te sluit, en hulle het van dié skole in sentrums vir swart bewussyn omskep. J.S. Chick Laerskool, byvoorbeeld, is “Afrika-gesentreerd” sedert 1991, wat beteken elke deel van die leerplan is op die geskiedenis en kultuur van swartes geskoei. Elke Maandagoggend neem die hele skool deel aan harambie, 'n Swahili woord vir “om bymekaar te kom.” Leerlinge slaan tromme terwyl ander dans en singpraat. Die skool beskou hulleself as 'n Afrika-stat en ouers moet verklarings onderteken wat hulle verbind tot die beginsels daarvan. Chick is 'n magneetskool en teoreties oop vir enige iemand, maar 99 persent van die 300 leerlinge is swart.

In 1995 het 'n regter wat 'n Kansas Stad desegregasiesaak in oorsig gehou het, 'n soortgelyke Afrika-gesentreerde tema vir die Sanford B. Ladd laerskool aanbeveel, en 'n middelskool het sedertdien 'n soortgelyke leerplan ingestel. Ondersteuners maak daarop aanspraak dat 'n uitdruklike swart leerplan punte verbeter en afwesigheid en ander probleme verminder.

Hales Fransiskaanse Skool, 'n uitsluitlik swart Katolieke hoërskool, het nie 'n algeheel Afrika leerplan ingestel nie maar druk hulle identiteit op heeltemal 'n ander manier uit. Voor basketbalwedstryde sing die skool “Hef elke stem op en sing,” geskryf deur James Weldon Johnson en wat beskou word as die nie-amptelike, swart, nasionale volkslied. “Daardie lied was een van die eerste dinge wat ek as kind geleer het,” verduidelik senior leerling Nate Minnoy. “Ons is 'n deur-en-deur swart skool, en daardie lied is belangrik vir ons, vir ons kultuur.” Voor ten minste een tuiswedstryd, het die skool die swart volkslied gesing maar die “Sterbelaaide Vaandel” (Star Spangled Banner) vergeet. In die gimnasium hang beide die Amerikaanse vlag en die rooi, swart en groen vlag van Marcus Garvey se terug-Afrika-toe beweging.

Oklahoma Stad se Millwood openbare skooldistrik het twee ede van getrouheid, die bekende een aan die Amerikaanse vlag en een aan Garvey se vlag. Laasgenoemde eed, geskryf deur die stigter van Kwanzaa, Maulena Ron Karenga, lees so:

<!–[if !supportEmptyParas]–> <!–[endif]–>

“Ons belowe trou aan die rooi, swart en groen

Ons vlag, die simbool van ons ewige worsteling, en aan die land wat ons moet bekom

Een volk van Swartmense, met een God vir ons almal

Algeheel verenig in die stryd vir Swart Liefde, Swart Vryheid, en Swart Selfbeskikking.”

Gloria Griffin, wat die superintendent van die 99-persent swart skooldistrik is, dink nie die eed is separatisties nie. “Ek fokus op die woorde ‘verenig in liefde, vryheid en selfbeskikking,’” verduidelik sy.

Hierdie soort skole pas Professor Brooks se plan vir “beperkte segregasie” toe. Om die waarheid te sê, “beperkte segregasie” is vergelykbaar met die rasse-akkommodasie wat die meeste swartes vir hulleself ingerig het: Hulle het toegang tot die blanke wêreld wanneer hulle dit nodig het, maar dikwels retireer hulle na die ontvanklikheid van swartwees.

Dit is 'n cliché om uit te wys dat daar honderde organisasies is vir swartes maar eintlik nie een wat uitdruklik vir blankes is nie. Die Kongressionele Swart Koukus is waarskynlik die bekendste swart organisasie, maar 'n onlangse internetsoektog wat [in Engels] die woorde “vereniging van swart…” bevat, het meer as 3,800 bladsye se resultate opgewerp. Op net die eerste drie bladsye was uitsluitlike swart verenigings vir die volgende groepe, in hierdie volgorde:

Rekeningkundiges, MBA’s, Ingenieurs, Verpleegkundiges, Maatskaplike Werkers, Telekommunikasie Deskundiges, New York Verslaggewers, Vroulike Geskiedkundiges, Vroueprokureurs van New Jersey, Professionele Brandbestryders, Kaliforniese Prokureurs, Dallas-Fort Worth Kommunikeerders, Sosioloë, Storievertellers, Skoolopvoedkundiges, Skubaduikers, Verslaggewers, Antropoloë, Aktuarisse, Philadelphia Verslaggewers, Vertalers (van vingertaal), Joga-instrukteurs, Stigtingbestuurders, Wetstoepassers, Suidelike Streek Rekeningkundiges, en Sielkundiges.

Daar is waarskynlik 'n eksklusief swart vereniging vir elke beroep, en die lede kan by die blanke/geïntegreerde vereniging van hulle beroep aansluit as hulle wil. Dit is 'n bykans perfekte voorbeeld van Professor Brooks se “beperkte segregasie:” Swartes het al die voordele van slegs-swartes instellings, geïntegreerde instellings, of beide, net soos hulle dit verkies.

As daar ooit enige twyfel was oor wat bedoel word met die woord “swart” in die name van hierdie organisasies, het Thomas Murphy, 'n blanke man op die Chicago stadsraad alle dubbelsinnigheid laat verdwyn. Tot die konsternasie van swart politici het mnr. Murphy die swart meerderheidswyk 18 vir twee termyne verteenwoordig in die 1990’s. Swartes het verwag om die setel terug te wen toe hersonering dit 'n 85 persent swart “supermeerderheid” gegee het. Mnr. Murphy het egter in 1999 57 persent van die stemme in 'n nege-kandidaat verkiesingstryd gewen en op die stadsraad gebly.

Hy het toe versoek om by die swart koukus aan te sluit maar die swart lede het geweier. “Ek dink nie raadslid Murphy kan uit dieselfde oë as ons kyk na Afro-Amerikaners nie,” het raadslid Carrie Austin gesê. Mnr. Murphy het uitgewys dat hy meer swartes – 47,000 –as baie van die swartes op die koukus wat hom nie wou inlaat nie, verteenwoordig. “Die doel van die koukus is om die belange van swart inwoners te verteenwoordig,” het hy gesê. “Oënskynlik dink hulle dit is een of ander ander doel – hulle persoonlike belange.”

Een swart raadslid Dorothy Tillman, wou Mnr. Murphy nie eers op die stadsraad gehad het nie, wat nog te praat van die swart koukus. “Ons wil hê dat daardie setel aan 'n Afro-Amerikaner behoort,” het sy gesê. “Ons wil seker maak dat ons daardie setel terugwen.”(Niemand vra of mejuffrou Tillman, 'n vurige kampvegter vir skadevergoeding, “swart genoeg” is nie. Vir 'n fondsinsamelingfunksie in 2000 by die spoggerige Chicago hotel, die Palmer House, het een van haar staf die bestuur versoek om seker te maak dat al die kelners swart is. Die hotel het 'n blanke, 'n Arabier en 'n Hispaan, gevra om daardie nag by 'n ander funksie diens te doen.)

Die Nasionale Vereniging van Swart Maatskaplike Werkers het ook onlangs hulle ondeurdringbare swartheid bevestig. Brian Parnell is 'n maatskaplike werker vir die kinderbeskermingsdiens in Bakersfield, Kalifornië. Hy wou weet hoekom so baie swart kinders in die welsynsisteem is en het gedink hy kan die antwoorde by die Nasionale Vereniging van Swart Maatskaplike Werkers se jaarlikse funksie, wat in Nieu Orleans in 2005 plaasgevind het, kry. Mnr. Parnell het Nieu Orleans toe gevlieg maar is by die deur voorgekeer omdat hy wit is. Hy het daarin geslaag om 'n konferensie-organiseerder, 'n swartvrou, in die hande te kry en sy het vir hom gesê: “Jy’s wit. Jy kan nie hierdie konferensie bywoon nie.” Vyf swart kollegas wat saam met mnr. Parnell opgedaag het, het die konferensie bygewoon maar hy moes terugvlieg huis toe.

Om blankes (en ander nie-swartes) uit te sluit en om swart meerderhede op te rig en te onderhou is tipiese uitdrukkings van swart bewussyn. Baie swartes is blatant genoeg omtrent dit. In 2003 het Eddie Jordan die eerste swarte geword om die werk van distriksadvokaat in Nieu Orleans te kry. Nadat hy vir 'n week in die amp was, het hy 43 blanke nie-juridiese personeellede – ondersoekers, kinderonderhoudbeamptes ens. – in die pad gesteek en met swartes vervang. Die blankes het hom gedagvaar en, in 2005, het 'n jurie mnr. Jordan aan rassediskriminasie skuldig bevind. Verlede jaar het 'n regter die DA-kantoor beveel om die blanke werkers $3,58-miljoen te betaal. Mnr. Jordan het enige rassemotief ontken.

Grootskaalse ontslag van blankes kan gewaagd wees. Dit is baie veiliger om 'n swart omgewing te skep deur niemand anders in diens te neem nie. In Los Angeles is net agt persent van die arbeidsmag swart, maar in 'n peiling van besighede met swart eienaars het 41 persent verklaar dat hulle werknemers “meestal swart” is, iets wat waarskynlik nie toevallig sal gebeur nie.

'n Peiling van besighede met swart eienaars in Philadelphia het nog meer op-die-man-af resultate gelewer. Op 'n skaal van 1 tot 5, waar 1 die belangrikste is, het 60 persent 'n stelling dat om “gekwalifiseerde Afro-Amerikaners” in diens te neem 'n “hoë prioriteit” was, as 'n 1 of 2 geklassifiseer. Hulle algehele werknemersbasis was 81,8 persent swart en nie 'n enkele besigheid het aangedui dat hulle 'n arbeidsmag met minder as 50 persent swartes gehad het nie.

Daar is ander maniere om 'n arbeidsmag swart te hou. Nie so lank voordat Orkaan Katrina Nieu Orleans in 2005 gekasty het nie, het een stadsraadslid voorgestel dat die stad die vereiste dat polisiebeamptes in die stad moet woon, sal skrap. Hy het gedink dat dit makliker sou wees om goeie polisiemanne te vind vir 'n mag wat berug is vir sy korruptheid en ondoeltreffendheid, maar die plan is verskreeu deur swartes wat bang was dat dit voorstedelike blankes sou lok. Swartes in Nieu Orleans was so vyandig teen vermenging met blankes dat toe wit aktiviste probeer het om deel te neem aan 'n anti-rassisme betoging, swart aktiviste hulle verjaag het. Anthony Mitchell, 'n swart Baptiste-prediker, het die omvang van die rassekloof verduidelik: “Die mense wat die openbare gesprek beheer, hou nie daarvan om hieroor te praat nie. Dit is nie goed vir besigheid nie. Maar hierdie is inderwaarheid twee stede.”

Die moeilikhede wat swartes in die gesig staar in ag geneem, sou 'n mens verwag dat die behoefte vir 'n bevoegde polisiemag – of onderwysers – voorrang bo rassesolidariteit sou geniet, maar dit is nie altyd so nie. In 2002 het 'n witvrou by name Sandy Trammel skoolgegee vir graad viers by West Riviera Laerskool – oorweldigend 'n swart skool – in Riviera Beach, Florida. Die skool het 'n “F” verwerf op staatstoetse en mev. Trammel se klas was hoegenaamd nie anders nie: Net drie van haar leerlinge kon op graadvlak lees en vier kon glad nie lees nie. Gedurende die jaar het mev. Trammel se leerlinge so dramaties verbeter dat sy $10,000 gewen het vir haar bydrae om “West Riviera” van “F” tot “C” te laat vorder. Die skooldistrik het haar 'n “ewekniebystandsonderwyseres” gemaak om ander onderwysers te help, en die Palm Beach Post het 'n groot storie van mev. Trammel gemaak in Junie.

In September 2003, toe mev. Trammel, vir haar eerste eweknie-onderrigopdrag by 'n ander swart skool opgedaag het, het die skoolhoof, Beverlyann Barton, wat swart is, haar weggewys. Te veel swartes het gedink die drie-maande oue Palm Beach Post–storie oor haar het die indruk geskep dat mev. Trammel die “groot, wit hoop” was wat swart kinders uitred. Skoolhoof Barton het verduidelik dat die artikel die skoolomgewing vergiftig het en dat swart onderwysers nie in staat sou wees om met haar saam te werk nie.

Daar was 'n soortgelyke konflik by Oberlin Hoërskool in Oberlin, Ohio, oor wie swart geskiedenis sou aanbied. Toe die gebruiklike onderwyser, wat swart was, 'n roosterbotsing gehad het, het die skool 'n blanke plaasvervanger gekontak. Toe swart ouers hiervan uitgevind het, het hulle 'n klag gelê. Soos wat Michael Williams van Cleveland Staat se Universiteit se swartstudiesprogram verduidelik het, 'n swart onderwyser het die “voordeel van kultuur” en “kan die nuanses van die kultuur verstaan.” Phyllis Yarber Hogan van die Oberlin Swart Alliansie vir Vooruitgang het geredeneer dat blankes nie vir swartes oor slawerny kon onderrig nie, byvoorbeeld: “Hoe werk jy dit [die onregmatigheid van slawerny] deur wanneer die persoon wat dit aanbied dieselfde tipe persoon is wat die slawerny toegepas het?”

Die Verenigde State het 'n aantal “tradisioneel swart” universiteite wat begin het om te integreer, net soos wat blanke universiteite het, dikwels met minder geesdrif. Delaware Staat se Universiteit is in 1891 opgerig is as die Staatskollege vir Gekleurde Mense. Gedurende 2001/2002 het dit twee diskriminasieklagtes vir onverklaarde bedrae geskik. Kathleen Carter, 'n blanke wat die voorsitter van die onderwysdepartement is, het gesê dat swartes vir haar gesê het dat sy hulle hulle regte om hulleself te bestuur, ontsê het, en dat een kollega haar 'n “wit teef” genoem het.

'n Ander onderwyseres, Jane Buck, het vertel dat 'n werwingskomitee een slag 100 aansoeke vir 'n pos gekry het maar dit nie gevul het nie omdat nie een van die kandidate swart was nie. Toe die werwing weereens aan die gang gesit is, het die enigste swart aansoekdoener die werk gekry.

Meeste diskriminasie-eise eindig in 'n onderhandelde skikking maar wanneer hulle wel in die hof eindig, kan daar groot toekennings wees. In 1998 het 'n federale jurie $2,2-miljoen toegeken aan twee blankes met permanente poste by Cheyney Universiteit in Pennsylvania wat uitgedwing is omdat hulle aanstellings van swartes, wat hulle as ongekwalifiseerd beskou het, teengestaan het.

Blankes wat dit wat swartes as hulle eksklusiewe gebiede beskou, binnedring, kan soms wrede druk in die gesig staar. Van 1996 tot 1998 was Marcus Jacoby die enigste blanke op die voetbalspan van 'n swart kollege. Dwarsdeur dié tydperk het hy verslaggewers vertel dat hy goed aanvaar word en dat hy sy ervaring as 'n minderheid geniet. Twee jaar later het hy besluit om die waarheid te vertel.

Mnr. Jacoby was 'n stergehalte spelskakel (quarter back) by die Katolieke Hoërskool in Baton Rouge, Louisiana, en wou bittergraag vir 'n kollege speel. Die nabygeleë Southern Universiteit, 'n voetbalkragreus in die Afro-Amerikaanse Suidwestelike Akademiese Konferensie, het 'n spelskakel bitternodig gehad, dus het mnr. Jacoby 'n volle beurs aanvaar. Daar was nooit voorheen 'n wit aanvangspelskakel in die geskiedenis van die liga gewees nie.

Behalwe vir sy breiers, was mnr. Jacoby geheel en al geïsoleer. In die kleedkamer en tydens middagete, het sy spanmaats hom vermy. Die seisoen het vrotsig met twee nederlae begin. “Ek het gehoor hoe die hele stadion my uitjou. Ondersteuners het gegil: ‘Kry die wit knaap uit,’” het meneer Jacoby onthou. Verdedigende spelers op die ander spanne het hom harder gelak omdat hy wit was en na sy eerste wedstryd is hy hospitaal toe met harsingskudding. Een swart spanmaat onthou dat die teenstaanders gesê het: “Dis wat julle almal op die lyf gaan loop omdat julle wit knape op die veld bring.” 'n Redaksionele skrywer het in die studentekoerant gewonder of van mnr. Jacoby se spanmaats opsetlik teenstaanders deurgelaat het om hom te lak. Na Southern se tweede neerlaag het 'n ondersteuner mnr. Jacoby gedreig en daarna het hy altyd 'n polisiebegeleide gehad wanneer hy gespeel het.

Southern het voortgegaan om ses van die volgende sewe wedstryde te wen en daar was minder uitjouery. Mnr. Jacoby het inderdaad begin vriende maak met een van die spelers wat deur die ander swartes uitgejou is as 'n “witvryer.” Nadat mnr. Jacoby die laaste en deurslaggewende aangee in 'n kampioenskapswedstryd aangeslaan het, het verdedigingskoördineerder Mark Orlando, wat wit is, 'n oproep gekry waarin vir hom gesê is: “As Jacoby ooit weer vir Southern speel, gaan ons hom doodmaak – en vir jou ook.” Die afrigter sê hy het omtrent een dreigement per week daardie seisoen gekry. 'n Rukkie later het mnr. Jacoby en mnr. Orlando, toe hulle die kleedkamer verlaat,  galgtoue opgemerk wat van omliggende bome hang. 

Verstommend genoeg het mnr. Jacoby die volgende jaar teruggekeer en die span na 'n 11-1 rekord gelei wat van Southern die ligakampioen gemaak het. Hy was nogtans steeds 'n buitestaander en 'n paar weke in sy derde seisoen in, kon hy dit nie langer hou nie en het opgegee. Toe verslaggewers wou weet hoekom, het hy vir hulle gesê hy is “uitgebrand,” alhoewel hy deur ras uitgebrand was en nie voetbal, soos hy vir verslaggewers te kenne gegee het, nie. Mnr. Jacoby probeer nog steeds aan sy tyd by Southern dink as 'n waardevolle proesel van 'n ander kultuur maar gee toe dat dit “twee-en-'n-half jaar van persoonlike hel” was.

Segregasie en uitsluiting is net so ooglopend in politiek; swartes ondersteun swart kandidate, indien hoegenaamd, selfs meer monolities as wat blankes blanke kandidate ondersteun. In Januarie 2006 toe voormalige NAACP-president Kweisi Mfume in die Demokratiese voorverkiesing gestaan het om senator van Maryland te word, het 27 van sy 29 onderskrywings deur Demokratiese beamptes van swartes gekom. Sy blanke opponent, Benjamin Cardin, het 100 onderskrywings gekry, 93 daarvan van blank.

In 2003 in Baltimore was daar vyf Demokratiese kandidate vir burgemeester, drie swart en twee blank. 'n Organisasie van swart predikante het, wat hulle as 'n debat vir Demokratiese kandidate uitgegee het, geborg maar nie moeite gedoen om die blankes uit te nooi nie. Aanvanklik het die predikante aangevoer dat hulle al die kandidate uitgenooi het maar dat die blankes nie opgedaag het nie, maar die Eerwaarde Russell Johnson van die Baptiste Predikantekonferensie het uiteindelik toegegee dat die forum “slegs vir swart kandidate” was.

Dikwels is die rassepleidooi aan kiesers onverbloem. Na Orkaan Katrina het burgemeester Ray Nagin van Nieu Orleans verduidelik: “Dit is tyd vir ons om Nieu Orleans te herbou – die een wat 'n sjokolade-Nieu Orleans moet wees… Hierdie stad sal 'n meerderheid-Afro-Amerikaanse stad wees. Dit is hoe God dit wil hê. Jy kan nie Nieu Orleans op enige ander manier hê nie.” Later, toe hy vir herverkiesing teen 'n hoofsaaklik blanke groep teenstaanders gestaan het, het hy 'n swart gehoor gewaarsku dat sy opponente nie “soos ons lyk nie.”

Nieu Orleans het swart burgemeesters sedert 1978 gehad en swartes was vasbeslote om dit so te hou. Soos biskop Paul Morton van die St. Stephen Volle Evangelie Baptiste Kerk verduidelik het, was die vooruitsig van 'n blanke burgemeester een wat “ons so baie jare agteruit kan sit.” “Daar is 'n spul mense wat regtig, regtig besorg was,” het hy gesê.

 Washington, DC, wat 'n swart meerderheid het, dink aan hulleself ook as 'n “sjokoladestad.” Natalie Hopkinson, 'n swart stafskrywer vir die Washington Post, het geskryf dat soos wat blankes begin om terug te beweeg in die distrik in, baie swartes begin dink: “Is die sjokoladestad besig om in vanielje te verander?” Sy verduidelik hoe sy daardie vraag sou antwoord: “Nie as ek enige iets daaroor te sê het nie.”

Haar gevoelens is wydversprei. John Street, die swart burgemeester van Philadelphia het 'n groot NAACP-gehoor in 2002 toegespreek. Die gehoor het goedkeurend gebrul toe hy benadruk het: “Laat ek julle vertel: Die broers en susters beheer hierdie stad. O ja. Die broers en susters beheer hierdie stad. Beheer dit! Moenie dat enige iemand jou mislei nie; ons is in beheer van die Stad van Broederliefde. Ons is in beheer! Ons is in beheer!” Blankes was nie tevrede met hierdie gepronkery nie maar burgemeester Street was nie afgesit nie. Vier dae later het hy 'n swart polisiehoof aangestel.

In 2004, voor dieselfde  NAACP-gehoor, het burgemeester Street klagtes oor sy “ons is in beheer”-toespraak afgemaak. “Ons moet nooit daarvoor skaam om Afro-Amerikaners te ondersteun nie,” het hy gesê. “Ek sal nooit om verskoning daarvoor vra dat ek 'n swart stafhoof, 'n swart polisiekommissaris, 'n swart brandkommissaris, aangestel het nie…”

Van 1968 af het die deeglike swart Kongressionele distrik van sentraal-Brooklyn 'n swart verteenwoordiger gehad. In 2006, toe 'n onbesproke blanke liberalis, David Yassky, besluit het om te staan in die distrik, is hy begroet met woedende aantygings van “rasseronddwalery [racial carpetbagging.]” Swartes het by hom aangedring dat hy uit die verkiesingstryd tree en selfs mnr. Yassky se politieke mentors soos senator Charles Schumer gevra om druk op hom toe te pas om te onttrek. Swartes het selfs oor rasselyne uitgereik en met Hispane saamgesweer om met maniere vorendag te kom hoe om hom te stuit.

Swartes is soms verstommend openlik daaroor om met die sisteem te knoei om swartes te help om verkies te word. Trenton, Noord Carolina, het deur 'n morsige inlywing van aangrensende swart areas gegaan in die hoop om dit makliker te maak vir swartes om plaaslike verkiesings te wen. Aktivis Daniel Willis, die eggenoot van Trenton se burgemeester, het met 'n inlywingskaart vorendag gekom wat een hoek netjies wegsnoei om sodoende vyf blanke gesinne uit te sluit. Anders, soos hy verduidelik, sal swartes “baie meer stemme hê om onder te sit. Hoe minder blankes [ons] in die dorp het, hoe beter is ons kanse om op die dorpsraad geplaas te word.”

Van hierdie geknoeiery het die aandag van die Departement van Justisie getrek. In 2006 het dit die swart voorsitter van die Demokratiese Party van die Noxubee Streek, Mississippi, beskuldig van “blatante en uitspattige oortredings van die Verkiesingsregtewet” van 1965. Die departement het gesê hy was skuldig aan net omtrent elke foefie in die boek: die werwing van swart kandidate selfs al het hy geweet hulle voldoen nie aan verblyfsvereistes nie, die verandering van politieke vergaderinglokale sodat blankes nie sou weet waarheen om te gaan nie, bevraagtekening van blanke kieserregistrasies en die verwerping van afwesige stemme van blankes op grond van tegnikaliteite terwyl hulle stemme van swartes aanvaar.

Toe Bill Clinton president was, het hy probeer om 'n vriend uit sy dae by Yale se regsfakulteit, regsprofessor Lani Guinier, as Assistent-Advokaatgeneraal vir Burgerregte aan te stel. Die aanstelling het misluk, deels as gevolg van mej. Guinier se kampvegtery vir rassesolidariteit in weerwil van demokratiese beginsels. Sy was ten gunste van wat, in effek, verkiesingsapartheid is. As swartes 13 persent van die VSA se bevolking uitmaak, moet 13 persent van die setels vir hulle opsy gesit word.

Ander swartes het kumulatiewe stemmery aanbeveel waar elke kieser soveel stemme kry as wat daar kandidate is. As daar net een swart kandidaat in 'n groep staan, kan die swartes al hulle stemme vir hom gee terwyl die blankes hulle stemme tussen die wit kandidate moet verdeel. Swart solidariteit sal dan so die proporsionele verteenwoordiging wat mej. Guinier wil hê, verseker.

Swart kiesers is alewig op die uitkyk vir geleenthede om swartes te verkies, tot die uiterste teleurstelling van sommige blanke liberales. Chris Bell, 'n blanke Demokratiese kongreslid van Texas, is heringedeel in 'n oorwegend swart gebied en is toe summier verpletter in die 2004 voorverkiesing deur die voormalige lid van die Houston-laer van die NAACP. Hy het verraai gevoel: “Ek gaan nie eers hier staan en voorgee dat dit nie ietwat hartverskeurend is nie wanneer jy jou ganse loopbaan in die openbare diens deurgebring het om te veg vir diversiteit, om 'n kampvegter vir diversiteit te wees, net om skielik in die situasie geplaas word waar baie mense nie verby die kleur van jou vel wil kyk nie.”

Daar kan van 'n “kampvegter vir diversiteit” verwag word om met meer welwillendheid vir 'n persoon van kleur opsy te staan. Ter selfde tyd sou iemand wat swartes beter verstaan het dalk nie so verbaas gewees het nie. Soos biskop Paul Morton in sake die burgemeesterverkiesingstryd van 2006 in Nieu Orleans opgemerk het: “Afro-Amerikaners is gewoonlik baie lojaal teenoor Afro-Amerikaanse kandidate. Ek het met party mense gepraat wat sê: ‘Ek gee nie om hoe vrot die swarte is nie, hy’s beter as enige witte.’”

As hulle, aan die ander kant, nou eers verkies is, lyk dit asof swartes belangstelling in politieke stryde verloor. Soos wat 'n swart kongreslid op 'n keer verduidelik het. “Jy kan net omtrent babatjies verkrag en daarvoor vergewe word. Jy hoef nie enigsins op jou tone te wees oor jou prestasies nie.”

Die voorkeur ten gunste van ‘n enige swart kandidaat, sonder inagneming van vermoë of kwalifikasie, is soortgelyk aan die bykans monolitiese ondersteuning onder swartes vir regstellende aksie of rassevoorkeure in aanstellings of kollegetoelatings. Voorkeure vir een groep is net moontlik as gevolg van diskriminasie teen ander groepe, maar vir baie swartes maak dít nie saak nie. Toe 'n blanke man vir Willie Brown, destyds die burgemeester van San Francisco, verduidelik het dat rassevoorkeure ten gunste van swartes blankes kan benadeel, het hy geantwoord: “Ek gee niks om vir jou idiotiese kinders nie.”

Die diepte van swart emosies was oop en bloot te sien in maneuvers om die staat Michigan daarvan te weerhou om 'n kiesersinisiatief om rassevoorkeur te verbied, op die stembrief te plaas. 'n Weerbarstige skare van 250 hoërskoolleerlinge het die dag van die stemmery egter die raadsperseel binnegeval. Terwyl die lede probeer beraadslaag het, het leerlinge op stoele gestaan, hulle voete gestamp en geskreeu: “Hulle sê Jim Crow, ons sê te hel met jou.” [“Jim Crow” was 'n stel 19de-eeuse wette wat op segregasie gemik was en wat in die stelreël “afsonderlik maar gelyk” vervat is. Dié naam is vir Amerikaanse swartes wat apartheid vir Suid-Afrikaanse Bantoes is.] Ander het in die rigting van die raadslede gestu en 'n tafel onderstebo gestamp.

 Die skare was veral luidrugtig teenoor die enigste swartman op die raad – “Wees 'n swartman hieroor, asseblief,” soos een van die weerbarstiges dit gestel het – en hy het teen die inisiatief gestem. Nog 'n Demokraat het geweier om te stem en dus kon die inisiatief nie daardie dag op die stembrief aangebring word nie. Dit was, soos Chris Thomas, direkteur vir verkiesings vir die Michigan Staatsekretaris, dit gestel het “'n oorwinning vir gepeupeloorheersing.” Die Raad vir Stemwerwers het later daarin geslaag om die inisiatief op die stembrief te kry, maar dit is opmerklik dat betogers hulleself tot intimidasie gewend het om voorkeure in stand te hou en die verwydering daarvan gelykgestel het aan Jim Crow. Soos ons sal sien, vir omtrent alle swartes is voorkeure onaantasbaar. Blankes wat dit teenstaan is “rassiste” en swartes wat dit teenstaan is “verraaiers.”

Die NAACP se program om punte vir maatskappye toe te ken op grond van die hoeveelheid swartes wat hulle in diens neem, die vlak van hulle liefdadigheid aan swart organisasies en die getal swart maatskappye wat hulle huur as verskaffers, is net 'n matiger vorm van dieselfde gevoel. Die NAACP gee nie om of 'n maatskappy iemand regverdiglik aanstel of bevorder nie of hoe goed dit ander minderheidsgroepe behandel nie. Dit is bloot 'n vraag van: “Wat is daarin vir swartes?” Maatskappye wat nie die inligting wat die NAACP vereis, vrystel nie, kry 'n “F”, wat 'n druippunt is. Tydens die 2006 nasionale konvensie, het NAACP-president Bruce Gordon die Target-kleinhandelkettinggroep gelooi: “Hulle het nie eens gereageer op ons peiling nie,” het hy gesê. “Bly weg uit hulle winkels.”

Soms is swart selfbeheptheid amper komies. Onder die opskrif “Aardverwarming Kan Ramp vir Swartes Inhou,” het die Internet-orgaan van Swart Vermaaktelevisie (Black Entertainment Television) gewaarsku dat “indien die Verenigde State nie werk maak van die bedreiging van aardverwarming nie, kan Afro-Amerikaners en ander mense van kleur 'n herhaling van die rampe van Katrina verwag.” Die artikel het voortgegaan: “Terwyl hulle na Katrina ter stawing verwys, sê sommige omgewingskundiges dat aardverwarming minderheids- en benadeelde groepe harder sal tref as ander groepe. As aardverwarming enigsins erger word, sal baie Afro-Amerikaanse gemeenskappe meer vatbaar wees vir asemhalingskwale, insekoordraagde siektes en hitteverwante ongesteldhede en sterftes.”

(Katrina is nie 'n geval “ter stawing” nie. Ten spyte van aansprake dat swartes buite verhouding teenoor ander bevolkingsgroepe gesterf het, het Louisiana se Departement van Gesondheid en Hospitale in 'n verslag uitgewys dat dit blankes was wat teen die hoogste koers gesterf het. Hulle het 28 persent van die stad se bevolking uitgemaak maar het gesorg vir 36,6 persent van die sterftes. Die syfers vir swart mense was 67 en 59.1 persent.)

Katrina het 'n eienaardige soort swart bewussyn ontketen. Rooikruis-skuilings in naburige state het hulle deure vir vlugtelinge, baie van hulle swart, oopgegooi. Skuilings in Nashville en Franklin het meestal blanke vrywilligers wat daar werk en sommige swartes het dit aanstootlik gevind. Soos wat Joyce Searcy van die Bethlehem Sentrums in Nashville verduidelik: “As jy anders is en jy is die enigste sodanige persoon, voel jy anders. Wanneer jy in 'n krisis is, hou jy daarvan om iets bekend daar te hê.” Sy het 'n oproep aan die Rooikruis gedoen om sentrums met swart bestuur in die swart woongebiede op te rig. Die Rooikruis het toegegee dat meeste van die vrywilligers blank is, maar het uitgewys dat vrywilligeropleiding oop is vir enige iemand.

Nog 'n ander weergawe van rassesolidariteit het opgeduik toe die Community Bank van Lawndale, wat die hoofsaaklik swart woonbuurt van West Side Chicago bedien, van eienaar verwissel het. Nadat die bank se swart eienaars dit aan International Bank, wat aan Asiër-Amerikaners behoort, verkoop het, het kliënte en voormalige aandeelhouers daarop aangedring dat die reguleerders dit teruggee aan swart eienaars. Soos wat eerwaarde Martin Hunter, leier van die protes, ietwat onsamehangend verduidelik het: “Dit is nie 'n rasseaangeleentheid nie. Dit is 'n ekonomiese vraagstuk. Ons glo nie ander mense kan omsien na die belange van swartmense nie.”

Amerikaanse swartes is beswaarlik enig in hulle behoefte vir swart instellings. In Oktober 2002 het die regering van Barbados die “Afrika en Afrika-afstammelinge Wêreldkonferensie teen Rassisme” aangebied. Op die openingsdag het die 200 afgevaardigdes gestem om alle nie-swartes te verbied. Soos Garadina Gamba van die Britse afvaardiging verduidelik het: “Hierdie is 'n Afrika-familiegeleentheid en daarom mag hulle [die blankes] nie toegelaat word om te sit en met ons te praat nie.” Die rondom 'n dosyn blankes en Asiërs, meestal tolke en lede van nie-regeringsorganisasies, het druipstert die “konferensie teen rassisme” verlaat.

Die grondwet van Liberië, wat deur voormalige slawe uit die Verenigde State tot stand gebring is, bevat 'n kaalkop verklaring van rasse-eksklusiwiteit. Dit is in 1983 opgetrek en Hoofstuk IV, Artikel 27b, verklaar: “Om sodoende die positiewe Liberiese kultuur, waardes en aard te behou, mag net persone wat Negers of van Neger-herkoms is, deur geboorte of naturalisasie kwalifiseer om burgers van Liberië te wees.” Die grondwet beperk ook grondeienaarskap tot burgers.

In post-apartheid Suid-Afrika het swartes tot 'n groot mate die bydrae van blankes in die stryd vir meerderheidsregering uitgewis. 'n Britse joernalis, Peter Hitchens, doen verslag:

“Toe ek Helen Suzman, eens op 'n tyd die enigste anti-apartheid LV in die voormalige blanke-oorheersde parlement, besoek het, het sy gekla oor die manier waarop sy en haar mede-liberale uit die amptelike geskiedenis uitgeverf is sodat hulle skaars figureer in die praalryke maar teleurstellende Apartheidmuseum in Johannesburg, wat hoofsaaklik handel oor die durf van die ANC. Ek was verstom toe sy my vertel het dat sy beter behandel is deur die onderdrukkende krokodille van die ou blanke Nasionale Party as wat vandag se liberale opposisie deur die ANC behandel word.”

Swartes wat uitsluitlik swart instellings wat blankes uitsluit ondersteun, is, onnodig om te sê, die eerste om op “insluiting” aan te dring as swartes nie na behore in hoofsaaklik blanke omgewings verteenwoordig word nie. Selfs as swartes nie daadwerklik van iets uitgesluit word nie, kan hulle blote afwesigheid met minagting bejeën word. Swart rubriekskrywer vir die New York Daily News, E.R. Shipp, het aangaande die 2006 Winter Olimpiade geskryf:

“Hierdie Winter Olimpiade, ag, hoe wit is hulle nie! En ek praat nie van die sneeu nie… Hierdie Olimpiade is so wit dat dit die voorveronderstelling is dat sekere blanke atlete geregtig is op die medaljes. Nou kyk, miskien is dit ook Amerikaanse arrogansie. Vir my is dit 'n nare geval van witheid.”

Swart televisieaanbieder Bryant Gumbel het dié siening onderskryf:

“En ten slotte, vanaand, die Winterspele. Tel my by dié wat nie daarvan hou en nie daarna kyk nie… Probeer om nie te lag wanneer iemand sê dat hierdie die wêreld se beste atlete is nie, ongeag van 'n skaarsheid aan swartes wat die Winterspele na 'n GOP- [Grand Old Party – die Republikeinse Party] konvensie laat lyk.”

Vermoedelik kan net swartes groot atlete wees en enige kompetisie wat nie deur hulle oorheers word nie, is onbenullig.

Uit die Engels vertaal deur Gustav Venter 

насосная станция автоматического пожаротушенияФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.