Twee minute oor twaalf: Weereens Pioniers

Deel op

As ek in die hedendaagse sg. “Gauteng’’ sou woon met ‘n gesin en kinders sou ek sekerlik in ‘n konstante angstoestand wees, te midde die “oorlog” (Pik Botha se woorde) wat op blankes in hierdie streek (e.a.) gevoer word. Andersins moet mens óf heeltemal jou kop in die sand steek óf sekerlik ‘n psigopaat wees met geen morele beginsels en dus geen bekommernisse oor wat met jou geliefdes kan gebeur nie.

Die feit dat so baie blankes uit hierdie streek migreer na die buiteland en die Kaap is sekerlik getuienis daarvan dat darem genoeg van ons mense nie psigopate is of so verblind is deur die materialistiese voordele van die Goudstad en omgewing (insluitende Pretoria) nie.

Deel op

Bo en behalwe die huidige geweldstoestand, sou die moontlike ontstaan van ‘n swart burgeroorlog, weens die tweestryd in die ANC, wat nou oor twee magsentra beskik, my erg bekommer. As hierdie tweestryd gewelddadig gaan raak sal Gauteng en bykans die hele SA ‘n baie gevaarlike plek wees om in te bly. Ons het so pas gesien wat in Kenia gebeur het, om nie te praat van al die ander Afrikastate wat op die burgeroorlogashoop lê nie.

Baie Transvalers wat Kaap toe vlug, ontdek dat daardie gebied die Transvaal maar net sowat tien jaar agter is en dat dieselfde stel probleme daar aan’t onwikkel is soos wat die swart vloedgolf die Kaap van Goeie Hoop tref. Van die Transvaal na die Kaap is maar net om van die boeg na die agterstewe van die Titanic te skuif.

Die stel probleme wat voornemende emigrante na die buiteland kan verwag het ek reeds in ‘n vorige aflewering gestel. Tog mag dit vir sekere enkelinge en gesinne wel ook die regte uitweg wees, maar moenie te optimisties wees nie, die toelatingsvereistes vir daardie lande is so streng dat ek twyfel of meer as sowat 15% tot 20% van Afrikaners daarvoor sal kwalifiseer. Aanvaar maar die feit dat sekerlik sowat 80% persent in hierdie Afrikascenario, wat al meer soos Nigerié begin lyk, sal sterf of probeer oorleef.

As jy dink dat jou wêreld van DSTV, Supersport, die “Bulls” of  “Lions” en luukse winkelssentrums jou van hierdie sinkgat gaan red dan is jy te bedwelm deur die materialistiese euforie wat eendag wreedaardig van jou ontneem gaan word.

Onwillekeurig moet ek myself die vraag stel of sulke ondenkende mense enigsins verdien om te oorleef. My gevoel is dat daar tye in ‘n volk se bestaan kom waar sy wil om te oorleef getoets word. Soos die Romeine is die Afrikaner verslaaf aan die dekadensie van die lekker lewe. Ons weet wat met die Romeine gebeur het en ek is bereid om daarop te wed dat meeste Afrikaners dieselfde paadjie gaan loop. ‘n Dekadente volk, wat al sy kultuurskatte aan ‘n barbaarse horde oorhandig het, om tog net die lekker materialistiese lewe te lei en hul sportafgode te aanbid, verdien vernietiging.

Vir my gaan dit nie meer oor die oorlewing van die Afrikaner in die breë nie. Dit het vir my reeds duidelik geword dat die meerderheid van veral voorstedelike Arikaners so vasgevang is in die internasionalistiese verbruikerskultuur dat hulle geen opoffering sal maak om daarvan af te sien nie. Slegs die dood sal hulle daarvan skei… Vir my gaan dit oor die behoud van daardie morele of ideologiese elite wat die draers is van die kultuur in die post-Bantoe-Suid-Afrika. Noag het die ark gebou; in die Middeleeue het monnike kloosters op bertoppe gebou, sommige gemeenskappe het veilige burge met stadsmure opgerig. Dit het die oorlewing van beskawing in tye van chaos en verwoesting moontlik gemaak.

In die postmoderne wêreld en in Suid-Afrika spesifiek is die nasionale staat van kleiner belang as ooit. In SA se geval is die situasie so geaksentureerd dat mens die ineenstorting van staatsdepartemente kan waarneem. Soms wonder ek of daar enigsins werklik nog iets soos ‘n SA staat bestaan. Te midde van die pandemiese korrupsie, wanbestuur, totale gebrek aan bestuur in baie gevalle, en ‘n regerende party wat staatsapparaat gebruik om sy eie huishoudelike skeuring te vergroot, dink ek dat ons in ‘n sekere sin reeds ons bevryding tegemoet gaan.

 In die Middeleeue, toe nasionale state nog nie bestaan het nie, kon burgers dit nie te ver waag van die burge nie aangesien struikrowers hulle sou uitwis. In die post-apartheid-Suid-Afrika met sy skimstaat, het die effek van staatkundige bestuur so gedisintegreer dat moderne swart struikrowers ons oral uitwis. Inderdaad is SA ‘n staat wat besig is om in duie te stort. Die swart misdadigers is nou selfs verkies tot die hoogste amp in die “regerende” party. Name soos Winnie Mandela, Tomy Yengeni , Jacob Zuma en ander is so korrup dat hulle vir seker met hul oorname die ineenstorting sal versnel. Dan is daar ekstremiste soos Fikile Mabula e.a. wat die bitterste haat teen die blanke koester. Nogtans dink ek dat die magsentrum in die Uniegebou nie vrywillig die mag gaan afstaan aan die magsentrum in Luthulihuis nie. Dit voorspel uiteindelike wydverspreide chaos en bloedvergieting.

Terwyl ons dun versprei is deur voorstede en plase regoor die land, sal die ideologiese Afrikanerkern (ongeag nuanseverskille) sukkel om hulself in so ‘n krisis te handhaaf of selfs te oorleef.  Dink u werklik as die ANC se stryd met koevoet- en pangaswaaiende hordes deurslag gaan vind tot voetsoolvlak dat hulle ons, die blankes, in ons “veilige” woonbuurtes gaan ontsien? Net onlangs het daardie swart veiligheidswagte van Chubb, ADT e. a. tydens stakings mense vermoor en van treine afgegooi. Sal hulle vir my en u te hulp snel in die uur van nood? Ek wed u dat meeste Afrikaners reeds van hierdie onlangse episode vergeet het, maar dat hulle alle besonderhede van die 1995 wêreldrugbyeindstryd onthou. Nee wat, as die ANC/Bantoe-onderlingestryd handuit ruk gaan ons nie net toeskouers wees nie. Ons voorstede gaan niks meer wees nie as blanke ghetto’s waaruit hulle ons maklik gaan haal om hul frustrasies “uit te druk”. U veiligheid is ‘n illusie.

Oor die sportfanatiese verbruikerskultuurzombies, kan ek my nie die minste bekommer nie. Wat my wel bekommer, is dat die Afrikanerideologiese kern (ongeag onderlinge verskille) behoue bly. Hierdie kern benodig dringend ‘n veilige burg. ‘n Afrikanerterritorium wat geografies relatief geïsoleerd is en tog steeds met die buitewêreld in kontak en handel verkeer. Nee, ek bedoel nie dat ons op bergtoppe gaan sit, of ‘n ark ter water laat nie, maar ‘n realistiese oplossing vir ons eie realitiet. As daar ‘n onbewoonde eiland naby aan SA was, was ek vooraan die koor om te sê “kom ons trek soontoe”.

So kom ons aanvaar vir ‘n oomblik daar bestaan so ‘n denkbeeldige eiland iewers aan ons Weskus. Miskien is dit so groot soos die Kaapse skiereiland of dalk die PWV-gebied. Daar is ‘n klein bevolking van meestal navorsers (weerkundiges, ens.) en ons kan wettiglik toegang daartoe verkry. Wat sou die grootste probleem wees? Ja vir seker, ekonomie is ‘n groot kwessie, maar het ons nie hierdie land van ons juis d.m.v. ons eie voortreflikheid vanuit wildernis opgerig tot een van die mees moderne state ter wêreld nie?  So wat sou dan die tweede probleem wees? O ja…hoe kan ek vergeet… daar is nie winkelsentrums, rugbyvelde en groot villas wat deur swart bediendes skoongemaak kan word nie. Nou hoe gemaak? Wel as ons wil verhuis na villas en winkelsentrums en sportgronde, dan moet ons maar eerder bly in die slagvelde van Gauteng.  Ons plaas dan ons kinders in Engelse skole en hoop dat hulle nie vermoor word voordat hulle eendag in die buiteland kan gaan werk nie. (Nuusbrokkie: Die kans dat die buiteland hulle enigsins op langtermyn gaan inneem is sowat 20%).

U sien wat die probleem is? Behalwe dat my denkbeeldige eiland nie bestaan nie, help dit nie ons probeer ‘n Afrikanerterritorium vestig as ons eie ideologiese kern reeds die tekens van verrotting vertoon nie. Die vraag wat dus noodgedwonge ontstaan is dit: “Wanneer bereik ‘n mens die punt dat jy bereid is om van jou luukse lewenstyl afstand te doen ter wille van ‘n beter, veiliger en niediskriminerende toekoms?” My antwoord hierop is dat dit op twee vlakke lê. Die eerste is dat jy besef dat die situasie so gevaarlik en ongunstig is dat die kool nie meer jou lewe en die diskriminasie werd is nie. Dit is die realiteitsbesef. Die tweede vlak wat volg op die eerste is dat jy aanvaar dat jy ‘n skuif moet maak na ‘n area waar jy ‘n “pioniersmentaliteit” moet aanneem. Waar jy vir eers van sekere materialistiese voordele afstand doen terwille van meer waardevole intrinsieke voordele. Sulke voordele is veiligheid vir jou en jou geliefdes, ‘n niediskriminerende omgewing, afwesigheid van pandemiese korrupsie, terwyl jy kan handel, werk en opvoeding ontvang in jou eie taal, ‘n gemeenskap wat jou verwelkom en wat verskeie vorms van ondersteuning sal bied.  Dit is ‘n plek waar daar ‘n sin van gemeenskap is en waar die kollektiewe emosie van ‘n eendragtige nastrewe van ‘n vrye toekoms heers. Dit is net enkeles en dis al baie.

Wat is die nadele van hierdie pionierspoging? Weg is die luukse materialistiese winkelsentrums, weg is Loftus, weg is daardie goedkoop huishulp wat in die plakkerskamp saam met etlike honderde duisende werksoekers en misdadigers woon, weg is die villa en parktuin wat Sarah en Jonas moes onderhou. Vir eers is jy jou korporatiewe werk waar jy jou blanke plafon bereik het, kwyt. Nou moet jy jou ander vaardighede waarmee jy ‘n lewe kan voer, uitbou. Die meeste immigrante in Australië en Nieu-Seeland woon onder presies hierdie omstandighede, met een groot verskil: Hulle ondersteuningsnetwerk is bitter klein of heeltemal afwesig.

Ons oorlewing as ‘n etniese groep sal sonder twee fundamentele voorvereistes nie slaag nie. Ten eerste is ‘n Afrikanerterritorium ‘n absolute vereiste; sonder geografiese konsolidasie is ons aan hetsy kulturele, hetsy biologiese uitwissing uitgelewer. Ten tweede sal die sukses daarvan slegs bereik word deurdat ons ons verbruikerskultuurwaardesisteem, na deeglike introspeksie vervang met die opwinding van ‘n pionierswaardesisteem. Ons volk in sy geheel het sy bestaan te danke aan ons voorouers se pioenierspogings. Die keuse wat Afrikaners moet maak is tussen lewenstandaard en lewenskwaliteit. Lewenstandaard kan nie lewenskwalitiet verseker nie, maar tog is lewenskwaliteit nie afhanklik van lewenstandaard nie.

Helaas is daar geen onbewoonde leefbare eiland in een van die omringende oseane nie. In elk geval, waarom my obsessie met ‘n eiland. My obsessie is isolasie…isolasie van die swart golf wat ons land binnestroom. Geografiese isolasie is ons vriend, nie ons vyand nie. Met moderne kommunikasiemiddele soos die internet en met verkoelde voertuie is ons op kommunikasie- en handelsgebied met die buitewêreld verbind.

Miskien hang dit net af hoe mens die term eiland definieer. Is ‘n oase in die woestyn nie ook ‘n soort eieland nie? Is droë woestynagtige uitgestreke vlaktes nie ook ‘n soort see wat die nodige isolasie teen die swart golf  bied nie? Is die onlewensvatbaarheid van swart plakkerskampe sonder kundigheid op woestyngrond nie net so onwaarskynlik soos palkkershutte op die see nie?

Die skeptici sal sê dat so ‘n oase nie ekonomies lewensvatbaar is nie. As die swartes nie daar kan oorleef nie, hoe gaan ons dit doen? Aha…maar dit is juis ons Calvinistiese voortreflikheid en intellek wat ons onderskei van hulle. Dan se hulle weer: “Ja, maar dit is te ver van alle ekonomiese sentra, daar is geen minerale nie” en allerlei ander soortgelyke bog. As daardie soort argument enige water gehou het, waarom is Nieu-Seeland dan ekonomies suksesvol? Nieu-Seeland is een van die geografies mees geïsoleerde lande ter wêreld. Dit sit aan die verste punt van die wêreld, weg van alle ekonomiese sentra, daar is geen noemenswaardige hulpbronne nie en die bevolking is maar klein. Tog het Nieu-Seelanders van die hoogste lewensstandaarde ter wêreld en resorteer hulle onder die drie state waar korrupsie die minste voorkom, om nie eens van misdaad te praat nie. ‘n Eilandstaat  in die verre geïsoleerde Suid-Stille Oseaan het ‘n ligtoring van Europese voortreflikheid geraak. Glo my ek was daar, Afrikaners werk baie harder as Nieu-Seelanders. As hulle dit kan doen, kan ons dit net baie beter doen. In Nieu-Seeland doen ‘n grappie die rondte, as mense in die aand deur die stad ry en kantoorblokke se ligte is aan word gesê: “It must be South Africans at work…”

Terwyl die postmoderne SA in duie stort sal ons oasestadstaat ‘n ligtoring raak wat eendag sonder enige weerstand van enige oord sy eie staatskap sal aankondig.

Die ontrekkking van Afrikaners na ‘n eie territorium sal ook die ineenstorting van die SA staat bespoedig. Dit is belangrik dat die territorium in privaat besit bly en ook aanspraak maak op artikel 235 om ‘n mate van self regering te verkry. Voorts maak ook die internasionale volkereg voorsiening vir verskeie vorme van outonomie. Die Afrikanerterritorium kan deur ‘n kombinasie van grondwetlike eise, internasionale reg sowel as die handhawing van ‘n interne beleid van selfwerksaamheid nie deur swart massas verswelg word nie. Ook moet ons aansluit by organisasies soos UNPO (Unrepresented Nations and Peoples Organiasation) wat sal help om ons stryd na die internasionale arena te neem.

Soos die die swart politieke faksies onder mekaar begin veg sal die bestaan van ‘n Afrikaner vesting “ïewers in die woestyn” waarskynlik glad nie op hul radar figureer as van enige belang nie. Die huidige SA skimstaat sal mettertyd so verswak dat dit die Afrikanerterritorium se eensydige onahfhanklikheidsverklaring nie sal kan teenstaan nie.

Ek wil hiermee vir Mnr Carel Boshoff (IV), van die Oraniabeweging uitnooi om ‘n rubriek aan Praag te skryf waarin hy ook sy argumente lug en die gesprek verder uitbou.

бане наФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.