Rolprente: Terugkeer van die Afrikaner – ‘n land wag

Family Incredible
Deel op

Family Incredible

In 2004, so half per ongeluk, praat Hollywood onverwags die waarheid, en dit, as’t ware deur die mond van die suigeling. The Incredibles was ‘n animasiefilm opgekook volgens die hiper-suksesvolle Pixar-resep van kleurvolheid, humor, spanning, hope aksie en boegwye draakstekery met een of ander Hollywood-lieflinggenré. Dit kan toeval wees, of slegs in die oog van die resensent, maar as ‘n mens die rolprent op armlengte hou en die deurlopende tema betrag, is dit ‘n traktaat vir die herlewing van Westerse kultuur; selfs vir die terugkeer van die blanke tot sy tradisionele verhewe status.

Die agtergrond van skrywer/regisseur Brad Bird se fantasie, is die verhouding tussen “Supers” (superhelde) en gewone sterflinge. Aanvanklik is dit ‘n wederkerig voordelige verstandhouding. Wanneer alledaagse mense in ‘n penarie induiwel – wat realisties genoeg alte dikwels is – verskyn een of meer Super om hulle figuurlik, en soms heeltemal letterlik, voor die aanstomende sneltrein weg te pluk. Die Supers se loon is die pluimstrykery van die gewones en die vergenoegdheid dat hulle die planeet weereens gered het, al is dit ongetwyfeld net vir ‘n kort tydjie.

“Ek voel soos die bediende,” kla Mr. Incredible in die rolprent se openingstoneel, “’Ek het hierdie gemors nou net skoongemaak, kan ons dit asseblief net skoonhou vir tien minute?”

Dié blonde kragreus – elke Super het ‘n “supervermoë” en syne is goeie ou tarzaniese liggaamlike krag, maar baie daarvan – en sy nuwe bruid, Elastigirl, is in die middelpunt van ‘n omwenteling wat lei tot die verdwyning van die Supers. Op pad na sy troue knyp die ongelooflike een ‘n tydjie af om ‘n busrower lam te lê, ‘n ou dame se kat uit ‘n boom te red voordat hy die boom gebruik om ‘n tweetal voortvlugtende rowers in hulle motorwielspore te stuit, waarna hy laat spaander om ‘n flambojante Franse bomplanter “Bomb Voyage” te arresteer en om ‘n selfmoordlustige in sy noodlottige sprong, tussen die bopunt van ‘n gebou en die ongenaakbare sypaadjie, met ‘n kragtige duikslag te onderskep. Dit is juis hierdie laaste weldaad wat die Supers ongedaan maak. In ‘n optrede van verstommende ondankbaarheid kla die geredde man vir Mr. Incredible aan vir skadevergoeding wat spruit uit die fisiese beserings wat hy in die voorval opgedoen het. Die jurie besluit teen Mr. Incredible, wat die sluise open vir ‘n swetterjoel soortgelyke sake teen al wat Super is. Die hofsake veroorsaak ‘n wyer opwelling, en die gewones, in wat by ons as “rollende massa-aksies” bekend staan, dring op die verdwyning van die Supers aan.

‘n Helen Zille-model kongresvrou som die algemene aandrang by ‘n perskonferensie op: “Dit is tyd vir hulle geheime identiteite om hulle enigste identiteite te word. Tyd vir hulle – sluit by ons aan of gaan weg.”

In hierdie gesnater hoor ons die onheilspellende dreunsang van die liberalis: Alle mense, alle rasse is dieselfde. Aanvaar dit, sluit by ons aan of gaan weg. In die animasiefilm gaan die Supers as’t ware weg, word in die massas verswelg deur die regering se Superheld Herlokasieprogram. In die televisieverteller se woorde “leef hulle tussen ons, leef hulle soos ons leef, doodgewone burgers, doodgewone helde, wat saggies en anoniem aanhou werk om die wêreld ‘n beter plek te maak.”

Veelseggend genoeg word dié strofe in wit en swart verfilm om die grysheid van multi-kulturalisme te beklemtoon. En dit is die tematiese sleutel van Brad Bird se betoog: Die spanning tussen uitnemendheid en alledaagsheid; tussen kleurvolheid en grysheid.

Bird was astrant genoeg om die rolprent met hermeneutiese sleutels uit die rolprentkuns te besaai. Die blote onderwerp van die film – Superhelde – is oorwegend ‘n blanke kultuuritem, en dit is net die winsgewendheid van die genre wat dit van Hollywood se gedagtepolisie en hulle redigeerskêr red. Amerikaanse Afrikane is dol oor blanke superhelde en van hulle is volslae Batman- en Superman-verslaafdes. Swart superhelde het egter, vir welke rede ook al, nooit daarin geslaag om Af-Am’s se volle lojaliteit te werf nie. En dis nie dat daar nie pogings was om ‘n swart kultussuperheld te skep nie. Maar selfs die suksesvolste van hulle, Blade, sing maar net in die koor op die verhoog waarin die blanke Spiderman en Kie die kollig absorbeer.

Daar is wél ‘n swart superheld in The Incredibles, ‘n koel, slentertaalspuwende stereotipiese karakter alternatief as Frozone en, in sy alledaagse alter ego, as Lucius bekend. Hy is vir Mr. Incredible wat Tonto vir die Lone Ranger was – ‘n eksieperfeksie agterryer. Dit is ‘n mediawonderwerk van geen geringe omvang dat Brad Bird nie in die hoofstroompers van die skandpaal gehang is nie. Agterryerskap, indien deur ’n  swarte vertolk, is tog duidelik teen elke stelreël van politieke korrektheid. Maar hoe kil Frozone ook al is, die film gaan oor blanke superhelde en hoe hulle deur die gemeenskap weggewens is.

Wanneer Bird dan die superheld vertoon wat tam en iesegrimmig voortstrompel in ‘n sypaadjiestroom onuitsonderlike mense, almal op pad na sy of haar weergawe van die soutmyn, word dié paar filmraampies ‘n protes teen een van Hollywood se heiligste voorskrifte: Dat alle mense – en alle rasse – dieselfde is.

Die gesin Incredible het ook nie dié lot ontkom nie. Voor die herlokasieprogram was Mr. Incredible se geheime identiteit dié van Bob Golden. Maar die Goldens is hulle nie meer nie. Hulle is nou, die Parrs, ’n naam wat alles sê: Die Gelykes. In hierdie fase is hulle die volmaakte filmatiese vergestalting van die blanke ras in die hedendaagse Westerse wêreld, wat deur politieke maneuvrering of eie keuse verplig word om hulle uitnemendheid ter wille van die ideaal van rassegelykheid te onderdruk.

Terwyl Bob Parr, nou ‘n versekeringsklerk, skaaf en swoeg teen die halters wat hom alledaags hou, is dit sy seuntjie, Dash, wat openlik rebelleer. Hy kan nie verstaan hoekom hy verbied word om sy supermagte (die mannetjie is vinniger as blits) te gebruik nie. In die tweede toneel van die tweede bedryf, bespreek hy en sy ma (Elastigirl is nou doodgewone ou Helen Parr) sy verskyning voor die skoolhoof. Hy is in die sop omdat hy sy superspoed gebruik het om ‘n duimspyker op ‘n verknypte onderwyser se stoel te plaas.

“Julle sê altyd ‘doen jou bes,’ maar julle bedoel dit nie,” mor die ongelukkige klein Dash. “Hoekom kan ek nie die beste doen wat ek kan nie?”

“Op hierdie oomblik, Liefie,” sê sy ma onoortuigend, “wil die wêreld net hê ons moet inpas. En om in te pas, moet ons soos al die ander wees.”

Wat sy hier beskryf is die wêreldwye werksbeskrywing van die moderne blanke, ook in Suid-Afrika; verál in Suid-Afrika: Pas aan en pas in. Moenie anders wees nie. Moenie uitmunt nie, want nie almal kan dit doen nie. En as almal nie uitmuntend  kan wees nie, nou ja, ons kan almal darem gemiddeld of nog swakker wees.

Met die onbelemmerde insig van die jeug, sien Dash die komplikasies van dié ingesteldheid net te duidelik raak: “Maar Pa sê altyd dat ons magte niks is om oor skaam te wees nie, ons magte maak ons spesiaal.”

Helen, (uitgeput:) “Elkeen is spesiaal, Dash…”

“Wat net ‘n ander manier is om te sê niemand is nie,” antwoord hy en daarmee kloof hy baie skerpsinnig deur die senings van dié politiek-korrekte onsinnigheid.

Sy mening word later, vanaf die teenoorgestelde morele pool, deur die skurk in die verhaal beaam. As jong seun het Buddy begeer om ‘n superheld te wees, met die intensiteit waarmee baie swartmense begeer om wit te wees. Maar net soos die Ethiopiër nie van velkleur kan verander nie, kan die gewones ook nie super word nie. Buddy is egter, in rasegte superheldverhaalformaat, ‘n tegnologiese breinbuks, en om vir sy gebrek aan supermagte op te maak, steun hy op tegnologie. Om te vlieg, byvoorbeeld, ontwerp hy vuurpylstewels. Die aanwending van tegnologie maak hom egter nie super nie. Superheid is aangebore en kan nie vervals word nie. ’n Mens kan ook nie blank word as jy nie blank gebore is nie.

Nadat Mr. Incredible die seun verwerp, herontwerp die verbitterde Buddy homself as Syndrome, die toonbeeldige megalomaan wat niks anders as die onderwerping van die ganse mensdom begeer nie. Sy plan, verduidelik hy in nog ‘n stapelelement van superheldverhale, die monoloog, is om sy tegnologie aan alle mense beskikbaar te stel, “sodat almal Superhelde kan wees, almal super kan wees. Want as almal super is – sal niemand wees nie.”

Syndrome is die klassieke indringer van superheldverhale. Hy is nie regtig Super nie, maar met die intensiewe aanwending van tegnologie kan hy homself, en soms ander mense, oortuig dat hy wel is. Hierdie aandrang om iets anders, ‘n ander ras, te wees, is blykbaar ‘n wêreldwye versugting van alle rasse wat nie blank is nie.

“Elkeen wil ‘n kat wees!” sing die straatjazzmusikante in ‘n animasiefliek uit ‘n ander era, The Aristocats. Die hartseerwaarheid is dat almal — oënskynlik wit wil wees. (Behalwe Antjie Krog wat smeek om swart te wees.) Dis hoekom die Nuwe Swarte, ala Julius Malema, wanneer hy onverdiende rykdom bekom, homself met peperduur verglansings – daai Breitling-polshorlosie! – behang, nesskop in Sandton en homself verskuif met ‘n Range Rover Sport. Maar al is hy hoe blink, hy is nie en kán nooit blank wees nie. En net daarin lê die klaaglied van vandag se swart elite.

Bob “Mr. Incredible” Parr som dit verbysterd op in antwoord op Syndrome se monoloog: “Jy bedoel jy het die regte helde uitgewis sodat jy kan voorgee jy is een???!!” (Leestekens net so in die oorspronklike teks.)

Maar as die indringer begeer om self Super te wees, is dit die gewone mens se versugting dat die Supers sal terugkeer om ‘n dobberende wêreld te anker. Die Parrs se buurseuntjie praat vir die mensdom wanneer hy vir Bob vanaf sy driewielfiets sit en betrag. ‘n Paar dae tevore was hy in dieselfde plek toe Bob sy humeur verloor het en sy motorkar in ‘n demonstrasie van superkrag opgetel het, vas van plan om die skedonk straataf te gooi.

Nou vra hy vir die seuntjie: “Wat wag jy voor?”

“Ek weet’ie,” sê die kleuter. “Iets ongeloofliks, dink ek.”

Die hele wêreld wag met opgehoue asem dat die Westerling as’t ware sy Superheldkostuum moet herontdek, dit moet aantrek en vir die wêreld van vooraf iets ongeloofliks moet wys. Na die opkoms en oorheersing van sosiale liberalisme, het die Westerling homself oorreed om sy leiersposisie in die wêreld te abdikeer. Ironies genoeg het die roete van verval deur selfverheffing geloop, toe hy homself van onder die Vaderhand van God verwyder het en homself as indringer in dié posisie ingehefboom het. Die Westerling se oordrewe humanisme het hom gekelder. Hy sou sy eie god wees, en as hý god is, is elke mens god en as elke mens god is, en alle gode is gelyk, is alle mense gelyk.

In Bird se film kom die Incredibles se herstel eers as hulle as gesin afgesonder word. In die ontknoping van die rolprent jubel die ononderdrukbare Dash: “Ek’s lief vir my familie.”

As in ag geneem word dat rasse in wese uitgebreide families is, is dit veelseggend dat die blanke nié toegelaat word om te sê hy “is lief vir sy familie” nie. Maar dit is presies wat herstel sal verg. In Suid-Afrika is dit die Afrikaner wat sy familie as’t ware nou herontdek, en uitvind dat hy lief is vir dit wat hy opnuut gekry het. Die hele land hou asem op. Behalwe vir ‘n paar selfverrykende indringers, is dit waarvoor die hele streek wag: Die herstel van die Afrikaner. Want sonder die Afrikaner hier, en die blanke wêreldwyd, waggel die mensdom op ’n  onvaste as wat sal aflei na ‘n gewelddadige en primitiewe lewe soos die planeet vir ‘n duisend jaar nie gesien het nie.  Die mens se lewe sal inderdaad van vooraf uitmergelend, dierlik en kort wees.

Soos die wêreld in Brad Bird se animasierolprent asem opgehou het vir die herverskyning van die Supers, wag ‘n land vir die terugkeer van die Afrikaners. Passasiers op ‘n wegholtrein in die land van The Incredibles hoop gillend dat die Superheld betyds sal wees om die trein te stuit. Net so, in die skerperwordende vlammelig van anargie, die gedreun van ‘n intuimelende land en die sluipende doodskaduwee van hongersnood, groei die smeking: Mag die Afrikaner terugkeer. Mag hy betyds wees.

 

лобановский александр фото

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.