Transformasie van woonbuurte kom

Deel op

Image

Wagtend op ‘n Toskaanse fasade

Sowel die ANC-president Thabo Mbeki as ’n konsultant vir die departement van behuising het bevestig dat gedwonge integrasie van woonbuurte wat tans op grond van ras en klas "geskei" is, binnekort sal plaasvind.

In ’n onderhoud gisteraand met die SAUK-TV in antwoord op ’n vraag of Suid-Afrika al “een nasie” gevorm het, gesê nee, maar dat optrede binnekort sal volg om swart en wit deurmekaar te laat woon en meer swartes op bestuursvlak in die ekonomie aan te stel.

In ’n voorlegging aan die Vereniging van Eiendomseienaars (Veesa), het mnr. Dan Smit, ’n konsultant vir die departement van behuising, einde verlede maand die regeringsbeleid uitgespel waarvolgens laekostebehuising voortaan deel sal vorm van elke nuwe eiendomsontwikkeling. Ontwikkelaars gaan gedwing word om ten minste 30 persent van elke ontwikkeling aan laekostebehuising van tot so min as R50 000 per wooneenheid af te staan.

Volgens Smit is “die doel van die nuwe beleid nie net om ontwikkelaars te dwing om meer laekoste-huise te bou nie, maar ook om die rasse- en klasseverskille in Suid-Afrika verder af te breek.” Hierdie nuwe sosialistiese gees was ook teenwoordig in Mbeki se jongste staatsrede waarin groot klem gelê is op die uitbreiding van die welvaartstaat deur die instelling van omvattende maatskaplike versekering. Groter klem gaan voortaan op die gelykstelling van rasse en klasse gelê word.

Deel op

Kleiner, goedkoop huise sal voortaan tussen duurder wooneenhede gebou moet word. Die ANC het reeds verlede jaar in Pretoria aangekondig dat hy beplan om huidige middelklasvoorstede wat grotendeels deur blankes bewoon word, demografies te “transformeer” deur sekere buurte te onteien en laekostebehuising tussen bestaande huise te bou.

Volgens mnr. Dan Smit sal ontwikkelaars van nuwe buurte ook nie toegelaat word om die armer huise te groepeer nie, maar moet sulke eenhede tussen duurder wonings geplaas word.

Nog ’n vereiste is dat die afwerking van sulke sub-ekonomiese wooneenhede nie by dié van die ander huise in ’n gegewe ontwikkeling mag afsteek nie. Gelykheid moet die norm wees. Ontwikkelaars is dit eens dat die maatreëls vernietigend op die eiendomsbedryf sal inwerk.

Een inwoner van Pretoria het die nuwe beleid as "suiwer kommunisme" beskryf. Terwyl die ANC tot dusver sy transformasieprogram oor die boeg van ras gegooi het, is dit duidelik dat klassieke sosialistiese gelykheidsbeginsels huidige beleid, ten minste wat behuising en ruimtelike ordening betref, gaan bepaal. 

play ultimate texastopcargo отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.