Mariniers ontwapen vir hul eie landgenoot

Deel op
Minder as ‘n week nadat ‘n Amerikaanse sersant in Kandahar 16 burgerlikes na bewering vermoor het, is Amerikaanse soldate verbied om wapens na ‘n praatjie deur Leon Panetta, verdedigingsekretaris, na ‘n basis in die Helmand-provinsie te bring.

Sowat 200 troepe wat in ‘n tent by ‘n Marinierkamp versamel het, is aangesê om hul outomatiese gewere en 9mm pistole buite te laat.

“Iemand jeuk, dit is al wat ek het om te sê,” het een gebrom. Daar heers groot ongelukkigheid oor die stap.

Generaal-majoor Mark Gurganus het later gesê hy het die bevel gegee omdat Afgaanse troepe by die praatjie ongewapen was en hy wou hê die beleid moet konsekwent toegepas word vir almal.

Amerikaanse troepe bly egter dikwels gewapen wanneer hul Afghaanse kollegas gevra word om hul wapens neer te lê en die voorval is glo die eerste keer wat hulle wapens gestroop word tydens ‘n toespraak deur hul eie sekretaris van verdediging.

Die ministerie van verdediging was nie in staat om verslae te bevestig dat ‘n klein aantal Britse troepe ook gevra is om hul wapens in te handig nie.

Panetta het gesê die slagting van burgerlikes sal nie planne om Amerikaanse troepe in die land te hou tot aan die einde van 2014, raak nie.

“Ons sal uitgedaag word deur ons vyande, ons sal uitgedaag word deur onsself, ons sal uitgedaag word deur die hel van die oorlog self,” het hy gesê.

александр лобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.