ANC neem beheer, renosterstroper gevonnis

Deel op
‘n Wildboer van Limpopo is vir agt jaar gevonnis vir sy betrokkenheid in renosterstropery, is Woensdag berig.

Jaques Els, (39) van Thabazimbi, is ook deur die Makhado-landdroshof Maandag beveel om die Groen Skerpioene R1 miljoen te betaal , het Beeld berig.

Els is intussen op borgtog van R300 000 vrygelaat, in afwagting van sy voorneme om appèl aan te teken. Hy sal weer op 2 Junie in die hof verskyn.

Els se vonnis val saam met die departement van omgewingsake se besluit om beheer van alle inligting en statistiek oor renosterstropery oor te neem.

Albi Modise, direkteur van kommunikasie by die departement van omgewingsake, het gister gesê dat die stropery van renosters ‘n krisispunt bereik het, het Beeld berig.

Verskeie organisasies is baie ongelukkig oor hierdie besluit, en het gesê die regering probeer inligting toesmeer of manipuleer, het Modise gesê.

“Die enigste rede waarom inligting oor renosterstropery gesentraliseer word, is omdat die saak ‘n krisis bereik het. Ons wil ‘n enkele boodskap aan die burgerlike samelewing oordra.”

Die Rhino War-nuusbulletin, wat deur Tim Condon bedryf word, ‘n voormalige KwaZulu-Natalse wildbewaarder wat nou in Kanada woon, het Maandag berig dat 109 renosters sedert die begin van 2012 in Suid-Afrika gestroop is.

Modise het gesê die minister van omgewingsake Edna Molewa sal die naweek joernaliste oor die kwessie toespreek.

Фільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.