Die ANC en die nuwe Fascisme

Deel op
“And one day, too late, your principles, if you were ever sensible of them, all rush in upon you. The burden of self deception has grown too heavy, and some minor incident, in my case my little boy, hardly more than a baby, saying “Jew swine,” collapses it all at once, and you see that everything, everything, has changed and changed completely under your nose. The world you live in – your nation, your people – is not the world you were in at all. The forms are all there, all untouched, all reassuring, the houses, the shops, the jobs, the mealtimes, the visits, the concerts, the cinema, the holidays. But the spirit, which you never noticed because you made the lifelong mistake of identifying it with the forms, is changed. Now you live in a world of hate and fear, and the people who hate and fear do not even know it themselves; when everyone is transformed, no one is transformed. Now you live in a system which rules without responsibility even to God. The system itself could not have intended this in the beginning, but in order to sustain itself it was compelled to go all the way.” – Milton Mayer: They Thought They Were Free: The Germans 1933-1945

Na ‘n paar literêre omswerwinge het ek toevallig op hierdie artikel afgekom wat nogal ‘n ysingwekkende herinnering aan die ANC se ‘transformasie’ geword het. Praat van die ou Franse gesegde plus ça change, plus c’est la même chose, oftewel hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde. Die akkuraatheid van hierdie proses is vandag net so aktueel soos destyds. Dit mag duidelik wees dat die ANC/SAKP-kliek eintlik ‘n fascistiese instelling is en hul skynheilige verset teen fascisme en apartheid ‘n rookskerm is om die ware kwaad te laat gedy.

Voordat ek beskuldig word dat ek die term “fascisme” slordig en puberaal rondstrooi, mag dit ‘n goeie idee wees om net gou hierdie stelsel van nader te ondersoek. Streng gesproke is dit moeilik om grondig te definieer aangesien dit meerdere manifestasies het, dog die historikus dr. Lawrence Britt het goed geslaag om die essensie van hierdie sisteem saam te vat aan die hand van veertien kenmerke.

Hierdie kenmerke is die volgende:

1. Magtige en voortslepende nasionalisme. Nasionale simbole word so veel moontlik versprei en aangehang.
2. Minagting vir menseregte. Menseregte word dikwels as hindernis beskou en moet opgeskort word ter wille van die ‘transformasie’ en veiligheid van die volk.
3. Identifikasie van sondebokke en vyande as bindmiddel.
4. Verheerliking van die weermag, selfs ten koste van plaaslike probleme en dispute. ‘n Buite proporsioneel hoë belang word aan ‘n sterk weermag geheg.
5. Alomteenwoordige seksisme. Die nadruk lê op mangedomineerde samelewings en die tradisionele geslagsrolidentiteit word rigied in stand gehou.
6. Hoofstroommedia word direk of indirek deur die staat beheer.
7. Obsessie met staatsveiligheid. Dikwels word vrees gebruik om mense in gelid te hou.
8. Staat en geloof is deurmekaar gevleg. Dikwels word geloof gekaap om mense te indoktrineer om die belang van die staat te dien, selfs al druis die staat se optredes lynreg teen die grondbeginsels van die geloof in.
9. Korporatiewe mag word beskerm.
10. Vakbonde en georganiseerde mankrag word onderdruk. Hierdie vorm ‘n belangrike bedreiging vir Fascisme en moet soveel moontlik onklaar gemaak word.
11. Minagting vir intellektuele en die kunste. Vyandigheid teenoor hoër onderwys en vervolging van intellektuele vorm ‘n belangrike kenmerk van fascisme.
12. Obsessie met straf en vervolging. Die polisie het byna onbeperkte bevoegdhede en mense sal mishandeling tolereer ter wille van patriotisme.
13. Grootskalige vriendskapspolitiek en korrupsie. Sulke regimes word gekenmerk deur ‘n kliek ingewydes (amptenare en industrialiste) wat mag steel soos hulle wil terwyl die regering hulle beskerm.
14. Verkiesingsbedrog. Hieronder verstaan ons alles wat hiermee gepaardgaan, van moord op opposisielede tot regter Kriegler met sy “‘n mens kan nie kuis bly in ‘n bordeel nie”.

Hierdie kriteria is baie handig om net gou ‘n idee te kry wat ons kan verwag in fascistiese stelsels, maar dr. Britt het egter nagelaat om die presiese oorsprong van hierdie eienskappe te noem, en verwys slegs oppervlakkig daarna in kriteria 9 en 10. Die genoemde kenmerke is slegs simptome van ‘n fascisme, oftewel die eksterne manifestasies daaraan. Daar moet iets intern gebeur om hierdie kenmerke voort te bring en dit is belangrik om hier kennis van te neem: Fascisme ontstaan wanneer die groot bedrywe in ‘n land baie nou begin saamwerk of saamsmelt met die staat. Dit impliseer dat die staat gekaap word om korporatiewe belange te dien, en wetgewings, beleidsrigtings en politieke partye word ingesit om hul belange te beskerm ten koste van die gewone mens. Hierdie bogenoemde manifestasies word ingesit omdat dit help met om die groot bedrywe se belange en ambisies te bevorder. Die aartsvader van fascisme – Benito Mussolini homself – het op ‘n stadium gesê dat fascisme net sowel Korporatisme genoem kan word. Staatshoofde wat hierdie samesmelting teengestaan het soos Lincoln, Kennedy en Verwoerd, het toevallig almal die hoogste prys betaal.

As ons na die wêreld anno 2012 kyk kan ons bepaalde ooreenkomste maar ook verskille sien met die fascisme van weleer. Die verskil is dat destyds was bedrywe hoofsaaklik nasionale pronkstukke van hul land gewees en het selde invloed duskant die grens gehad, vandaar die obsessie met dit wat eie aan die volk is. Deesdae opereer groot bedrywe byna altyd internasionaal en bestaan die nuwe tydsgees daarin om mense soveel moontlik oor grense heen met mekaar te verbind. Dit impliseer dat die vroeë fascisme deesdae uitgedien is, en solang die globalisasie voortsleep sal dit geen formidabele beweging meer word nie, aangesien die magtigste bedrywe juis daarteen wed. Die alewige angs van ‘n regse, ‘herlewing van fascisme’ is daarom grotendeels sinneloos, maar wel nuttig vir sluwe heersers om hul volkere hiermee te indoktrineer.

Fascisme is geensins dood nie! Inteendeel. Dit het gemuteer in iets wat baie meer verraderlik en grimmig opereer. Die minagting vir die gewone mens is nie meer beperk tot binne landsgrense nie, maar word wêreldwyd ‘n probleem. Kyk maar hoe word daar getroutrek in Kanada met Brandon Huntley se asielstatus, selfs al kan gesien word hoe Madiba en Kasrils geen bewondering vir hul wit medeburgers koester nie. Sal ons voorbarig kan konkludeer dat korporatiewe belange onder hierdie asielstatus kan ly?

Die gevare van die Mussolini/Hitler/Francofascisme ken ons teen hierdie tyd al goed, maar wat is die gevare van die nuwe globale fascisme (wat ook ironies anti-fascisme genoem word)? Dit is dieselfde gevare as wat ons onder kommunisme gesien het, en ek dink selfs dat ons die sosialistiese Internasionale net so goed die fascistiese Internasionale kan noem. Dit bestaan hoofsaaklik daaruit dat mense se inherente en unieke identiteit ontken word. Hulle word slegs ingesit om korporatiewe belange te dien. Daar word nie meer van mense verwag om hul talente en ambisies te ontplooi nie, maar slegs om in die aanvraag na werk te voorsien. Mense is deesdae steeds minder opwaarts mobiel vergeleke met vroeër en daar word nouliks permanente werkskontrakte uitgedeel, hooguit tydelike kontrakte waardeur hulle nie kan profiteer van arbeidsvoordele nie. In lande soos Nederland, Frankryk en Skandinawië is dit moeilik om jou genialiteit of talente om te sit in ‘n werkbare onderneming sonder om deur allerlei reëls, belastings en ander beperkinge gedwarsboom te word, met die gevolg dat jy uiteindelik slegs ‘n fraksie kan doen van dit wat jy beoog het. Selfs as ek kyk na die sielkunde opleiding wat ek hier gevolg het kan ek duidelik sien dat hulle jou nie stimuleer om die mens in al sy fasette te ontdek nie, maar uiteindelik slegs moet weet hoe om navorsing te doen wat van korporatiewe belang is. Daar is geen siel in sielkunde meer nie, en studente word nie meer gestimuleer om vir hulself te dink nie, maar slegs om voorafbepaalde reëls te volg.

Die siniese manier waarop geloof behandel word deur die grootmagte en die herhaalde nadruk dat integrasie en samewerking prioriteit geniet, veroorsaak dat mense geen gesonde basis het waarop hulle hul morele kernbeginsels op kan bou nie. Dit veroorsaak verder dat hulle moeite gaan hê om belangrike besluite te maak en nie meer kan onderskei tussen reg en verkeerd nie, met verdere verwarring en angs as gevolg. Mense word met ander woorde gereduseer tot kuddediere. Hierdie situasie word vererger deurdat mense gestimuleer word om nie meer na hul hoër vryhede te streef nie. Hoër vryhede vereis indiwidualisme, selfkennis, selfdissipliene en ‘n goeie fondament van kernbeginsels, terwyl die laer vryhede soos dwelmmisbruik, apatie, seksuele losbandigheid ensovoorts bevorder word. In Nederlandse terme dink ek byvoorbeeld aan ‘n sekere televisiepersoonlikheid genaamd Paul de Leeuw. Hierdie kort, korpulente walglike vent wat homself soos ‘n kleuter gedra, vroumense belaster of onsedelik aangryp en allerlei stories vertel hoe hy homself soggens onder die stort bevredig, word tot Ridder in de Orde van Oranje-Nassau geslaan, terwyl intellektuele soos WF Hermans, Pim Fortuyn of Ayaan Hirshi Ali vermoor of weggetreiter word. Die enigste deug in Nederland wat onaantasbaar en heilig is, is die grys middelmaat, die onnosel kroegpraat en natuurlik sokker…brood en spele vir die gepeupel.

Terwyl die gewone mens afgelei word met hierdie aktiwiteite en liewer agter die Playstation sit as om Sokratiese dialoë te lees, verslind hierdie onsigbare monster ons begrip van ons onvervreembare vryhede en beloon ons om nie meer kritiese vrae te stel nie. Ons selfinsig verhard tot arrogansie en ons selfrespek verval tot narcisme.

Uiteindelik kos dit slegs ‘n klein, laaste strooi wat die rug van die kameel laat breek en ons sit met dieselfde ellende as destyds, met die verskil dat dit meer onsigbaar, groter en omvangryker is. Ons gaan sondebokke verketter terwyl ons nie eens weet of hulle werklik skuldig is nie.

Dalk vergeet ons die geboue, die museums en die literatuur van ons voorouers. Maar iets wat ons nooit moet vergeet nie is die gees wat hulle gemotiveer het om hierdie volksbesit moontlik te maak nie. Die Fascisme van ons tyd is vyandig teenoor daardie gees, en dis van uitermate belang dat ons dit moet beskerm asof ons lewens daarvan afhang.

Soos Oom Jaap Marais destyds gesê het, behoort die land met al sy skatte nie aan ons nie, maar het ons in erfpag ontvang van ons kinders, en na hulle moet dit teruggaan.

Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.