Staat en hoofregter s? Ho?rskool Ermelo die stryd aan

Deel op
Onlangs het ons berig dat die Hoërskool Ermelo die eerste rondte van sy hofstryd gewen het deur te slaag met ‘n dringende aansoek wat bepaal dat die provinsiale onderwysdepartement in die Oos-Transvaal (tans Mpumalanga) nie met die skool se taalbeleid mag inmeng nie. Maar nou het  sowel die nasionale minister van onderwys, Naledi Pandor, as die hoofregter hulself aan die kant van die dertien Engelse leerlinge geskaar wat teen wil en dank die skool wil bywoon.
Deel op

Op Maandag 12 Februarie begin ‘n nuwe rondte in die saak as Pandor, namens ene Ncane Elizabeth Masilela wat wil hê haar kind moet in Engels by die skool onderrig word, nog ‘n dringende aansoek in die Pretoriase Hooggeregshoof aanhangig maak. Die hoofregter, Pius Langa, het ook tot die saak toegetree deur op grond van ‘n brief wat van die staatsprokureur ontvang is te gelas dat die saak heropen word met die moontlikheid dat die vorige uitspraak deur regter Bill Prinsloo nietig verklaar kan word.

Die staat voer nou aan dat 37 leerlinge reeds tot die skool toegelaat is, maar nie onderrig ontvang nie. Ook beweer die onderwysdepartement dat hy nie vinnig genoeg skole kan bou nie weens die sementtekort wat te wyte sou wees aan die sokkerwêreldbeker van 2010. Daarom móét die Afrikaanstalige Hoërskool Ermelo Engelse klasse instel.

Akademiese navorsing het reeds bewys dat waar Afrikaanse skole Engelse klasse instel, sulke skole gewoonlik binne drie tot vyf jaar geheel en al verengels.

Dit wil voorkom asof die ANC nou met ‘n hernieude poging kom om die laaste oorblywende Afrikaanse skole, veral op die platteland, oor te neem en te verengels. In sy mees onlangse verskyning op die SAUK-TV op 11 Februarie het Mbeki gesê dat die beheerrade van te veel skole nog in blanke hande is en dat dit nie veel langer geduld sal word nie.

светодиодный линейный светильник 40wлобановский класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.