Wat gemaak met die wit Engelse?

Deel op

Dit wil lyk of die invloed van die WESSA, die Wit Engelssprekende Suid-Afrikaner, besig is om te kwyn. Saterdag se eendagkriekettoets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland, het dit onderstreep. Vir die eerste keer, altans wat ek kan onthou, was daar nie een enkele speler van hoofsaaklik Britse afkoms in die span nie. Nie een nie. Daar was ’n Indiër (Amla,) drie Kleurlinge (Parnell, Duminy en Petersen,) een ware, ware Bantoe (Tsotsobe) en ses Afrikaners (Morkel, Du Plessis, De Villiers, Botha, Steyn en De Lange.) Ek weet daar sal oor Dale Steyn geredekawel word, maar hei!, Dale WILLEM Steyn van Phalaborwa, ek dink ons hou hom maar vir ons.

Vir twee eeue het die WESSA heeltemal ver bo sy gewigsklas in Suid-Afrikaanse politiek geboks. Hulle het finaal hier opgedaag en hulleself tuisgemaak in 1806, in ’n  uitvloeisel van die oorlog tussen Napoleon se Frankryk en Brittanje. Nederland, al vir eeue in ’n  armdrukkery met Engeland, was onder Franse beheer en Brittanje, wie se vloot die stryd ter oseane gewen het, het die geleentheid en regverdiging gebruik om die sleutelgebied van die Kaap de Goede Hoop oor te neem. Hulle het, met kenmerkende jingoïsme en hubris, die status quo in die Kaap omvergewerp en die burgers van die land vervreem. Sedertdien het die Boere nog altyd ’n  versugting gehad om onder die klam skaduwee van die neerhalende Britte weg te trek.

Hulle het dit met ’n  dramatiese, heldhaftige uittog gedoen en na die Groot Trek vir hulleself twee verafgeleë republieke losgeswoeg. Maar die storie van Suid-Afrika was dat die Britte dit net nooit kon verdra dat die Boere die juk kon afgooi nie en hulle het die Volk telkens agterna gesit. Hierdie agtervolging het ’n  bloedige vervolging geword toe die fabelagtige rykdom van minerale onder die oppervlakte van die Oranje Vrystaat en die Transvaal ontdek is. Die Britte het met hulle gebruiklike arrogansie opgeruk om ook dít van die Boere te vervreem, maar liederlik vasgeval in die stryd wat gevolg het, veral tussen 1899 en 1902.

Hoewel die vredesverdrag vir ’n  kort seisoen op ’n  oënskynlike Engelse oorwinning uitgeloop het, was hulle na die oorlog so vuisvoos en as gevolg daarvan kwesbaar in die Europese sfeer, dat hulle knersend moes toegee dat ’n  algemene verkiesing – sonder swart stemmers – gehou sou word. Die Afrikaner was talryk genoeg en het goed genoeg onderling georganiseer om die de facto heersers van die land met Uniewording in 1910 te word. Hierdie mag is oor die dekades gekonsolideer en dit het tot Afrikaneroorheersing in 1948 gelei met die Nasionaliste van Dr. Malan wat die Britte se gunstelingmedewerker, Jan Smuts, in die algemene verkiesing geklop het.

Die WESSA’s se uitdruklike politieke invloed is finaal die nek ingeslaan toe die Afrikanerregering ’n  fris jong Republiek, saliglik vry van die Britse juk, in 1961 gestig het.

Hoewel die WESSA toe sonder ooglopende politieke mag gelaat was, het hulle invloed ondergronds verskuif waar dit die Afrikanermag en die Volk se toekoms allerdodelik kon ondergrawe. Hoewel die ANC nie hulle regstreekse maaksel was nie, was dit die WESSA se invloed ter plaatse en veral in die buiteland wat die terroristeorganisasie in enigsins ’n  samehangende gedaante laat oorleef het. Die WESSA het daarin geslaag om die buiteland rondom die drogbeeld van die edele vryheidsvegter te verlei en om hulle temperatuur teen Apartheid te stook, eerder as om dit as ’n  opregte, indien gebrekkige, poging tot ’n  oplossing vir die rassekrisis te sien.

Met die hewige buitelandse druk wat deur hulle gefokus is en die instandhouding van ’n  politieke liggaam om aan oor te gee, moes hulle nou net die Afrikaner tot oorgawe lei. Dit het hulle gedoen met volgehoue intellektuele afpersing van die leierskorps van die Afrikaner.

Maar die liberale hond se dag het onverwags te midde van sy grootste sukses gekom. Ja, die Afrikaner se mag is weggestroop, maar omdat hy die muil was wat die WESSA vir twee eeue gery het, is hulle eie invloed daarmee saam in die wind gestrooi. Selfs die DA, wat ironies genoeg met Afrikanerstemme drywend gehou is, is ’n  skippie wat gedoem is om op die ruwe kus van swart nasionalisme te strand.

Die geskiedenis is ’n rivier. Wanneer dit onbelemmerd is, sal dit ’n  natuurlike vloeirigting vind. Hierdie koers kan weggekeer word of selfs opgedam word, maar dit vat baie geld, baie werk en baie bloed om dit te doen, en hierdie ingryping is altyd net tydelik totdat die rivier die versperrings, die walle, die uitgrawings oorspoel om weer sy gang te gaan. Meet weer die vloei van die rivier van Suid-Afrikaanse geskiedenis uit en jy sal sien dat dit noodwendig en onstuitbaar stroom na ’n Afrikanervolkstaat. Dit is ’n  onafwendbare en kan net tydelik vertraag word deur radikale maatreëls. Dit help nie om te stry of besware op te werp nie: Daar sál ’n  Volkstaat wees. Sonder dit sal daar onafgebroke wrywing tussen twee dominante kulture in die land wees. Hierdie Volkstaat sal in die lewe opspring vanweë die volgehoue demografiese verdrukking van die Afrikaner deur die Bantoevolke. Dis Volkstaat of ondergang, en die Afrikaner is te taai om enigsins geesgawe te oorweeg.

Die Afrikaner – ten minste dié wat kleef aan sy taal, kultuur en volk – se toekoms is duidelik. ’n  Volkstaat wag vir hom. Maar wat van die WESSA? Daar sal nooit vir hulle in hulle naam ’n  volkstaat wees nie. Hy het nog nooit ’n unieke volksidentiteit as grondslag vir ’n volkstaat ontwikkel nie. As etniese groep is hulle lot ingeweef met die Nuwe Suid-Afrika. Daarom, wanneer die dreigende ekstreme Afro-nasionalisme volle wasdom bereik en die oorheersers geen plek of geduld vir die WESSA het nie, sal hy verdwyn.

Nou bly die vraag: Is daar vir ’n  WESSA ’n  plek, enige plek, in ’n  Afrikanervolkstaat? Vir my persoonlik is dit maklik om te antwoord: Natuurlik is daar vir hulle ruimte. As ek tien manne moet kies om my rug in ’n  stryd te beskerm, sal vyf van hulle Wit Engelssprekende Suid-Afrikaners wees. Hierdie is my ou krygsmakkers, lede van die Peloton, onmisbare onderdele van my eie Bende van Broers.

Laat ek julle voorstel aan Paul Stone: Hy is die 46-jarige aankoper van ’n  sportgoederemaatskappy in Durban. Hy ry ’n  Land Rover (kom ons vergewe hom maar daarvoor.) Die musiekversameling daarin is oorwegend Afrikaans, met ’n  klem op Bok van Blerk. Hy is ’n  maniese ondersteuner van die Blou Bulle. Sy voetbalhelde is nie Kankowski, Ross Skeate of Patrick Lambie nie, maar Pierre Spies, Bakkies Botha en Morné Steyn. Hy sal, sonder om te huiwer, sy Land Rover, sy huis en sy jongste seun se branderplank verkwansel om enige van sy Afrikanerpelotonmakkers te help. Hy ry gemiddeld eenkeer per maand van Durban na die plaas waar ek bly en spandeer meeste van sy tyd in die boer se geselsskap. Om presies te wees, hy beskou homself meer Afrikaner-Boer as Engelsman. Hierdie is geen Soutdiengelieng nie, want hy het geen, maar geen, lojaliteitsgevoel teenoor die Verenigde Koninkryk nie. Hy staan met albei voete ferm in Afrika. Hy het ’n  onwrikbare, vurige afkeur in die swart kultuur wat ons land vernietig het. Hy begeer ’n  Volkstaat met soveel durf en drif as ek. As Paul Stone nie toegang tot die Volkstaat verdien nie, is ek dit ook nie waardig nie.

Hy is uitsonderlik maar nie uniek nie. Ek ken heelwat sulke WESSA’s.

Ek ken, byvoorbeeld, vir Phyllis Kruger van Newcastle, met ’n  herkoms wat so Engels as Nelson se oogklap is, en wat haar sonder verposing beywer vir ’n  Volkstaat.

Die mees gevierde Afrikaner politieke gevangene is nie ’n  Afrikaner nie. Clive Derby-Lewis het ’n  slag gelewer teen wat hy as die primêre bedreiging vir die Afrikaner gesien het – en hy is uit Engelse hout gesny.

Ons sal dwaas wees om hierdie mense as ongewenste vreemdelinge uit te merk. Die Afrikaner het ander Westerse blanke bevolkings vooruitgegaan. Ons is die eerste blanke volk wat aan die genade van die genadelose oorhandig is. En ons sal die eerste wees om die nuwe juk te breek en daarvan weg te stap. Ons posisie sal uitermate versterk word deur die toevoeging van goeie, stoere Westerse bloed.  Dit sal egter nooit weer gebeur dat ons ondergeploeg sal word deur ongeërgde buitelanders nie. Enige persoon wat begeer om opgeneem te word in die Volkstaat sal aan die vereistes daarvan voldoen. Vir hulle sal die Westerse kultuur en Afrikaans as enigste ampstaal outomatiese vereistes vir burgerskap wees. Hulle sal algeheel bereid wees tot totale opname in die Afrikanerkultuur en entoesiasties wees oor die gedagte dat hulle kleinkinders Afrikaners en niks anders as Afrikaners sal wees nie.

Suid-Afrikaanse liberalisme is deur die WESSA ontwerp en in stand gehou. Maar net soos wat daar ’n  Max du Preez onder die Afrikaner is, is nie alle WESSA’s liberaliste nie. Van hulle – nie almal of meeste of selfs ’n  groot persentasie nie – sal hulle knie buig voor Afrikanernasionalisme en die hoof oplig om in die Volk ingesalf te word.

Die WESSA is in die skemer van sy verblyf in Suid-Afrika. Hy het geen etniese tuiste hier nie en sy invloed taan in alle sfere in die Nuwe Suid-Afrika. Hy het twee eeue gelede verskyn en nou gaan hy verdwyn. Hy gaan óf emigreer, óf hy gaan fyngestamp word in die vysel van die Nuwe Suid-Afrika.

Maar daar is ’n  derde weg: Van hulle sal Afrikaners word. En ek dink ons moet niks doen om hulle te verhinder nie. 

Лобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.