ANC gee DA-man hartaanval

Deel op
Die DA se hoofsweep in die Tshwane-metroraad, Janho Engelbrecht, het ‘n ligte hartaanval gehad tydens ‘n warm argument met die ANC, volgens ‘n verslag Woensdag.

Engelbrecht (39), was by ‘n vergadering van die Tshwane-raad se reëls en etiese komitee Dinsdag in die Pretoriase middestad.

Volgens Beeld het hy sy humeur verloor toe die African National Congress aankondig dat hulle die skorsing van die Demokratiese Alliansie se leier in die Tshwane-raad Brandon Topham op die agenda plaas.

Speaker Morokane Mosupyoe het gebots met Topham by die afgelope twee raadsvergaderings en Dinsdag voorgestel dat ‘n 60-dag-skorsing ingestel word teen die DA.

Engelbrecht het driftig beswaar aangeteken en kort daarna begin onwel voel.

Hy is inderhaas na die kardiale hoësorgeenheid van die Unitas-hospitaal in Centurion geneem. Hy het na bewering Woensdag baie beter gevoel.

“Dit blyk dat ek ‘n ligte hartaanval gehad het,” sê Engelbrecht.

Topham het gesê Engelbrecht moet dit in die toekoms kalm vat, maar dit is dikwels makliker gesê as gedaan.

“Jy moet nie jou gesondheid in die gedrang bring nie, maar dit is moeilik wanneer die ANC ‘n bespotting van ons demokrasie maak, soos wat hulle gedoen het by Dinsdag se raadsvergadering,” het hy gesê.

Александр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.