Nog ‘n aanval op die Grondwethof

Deel op

Die regering wil die magte van die Grondwethof hersien, maar sy uiteindelike bedoelings daarmee is steeds duister, behalwe dat dit nog ‘n poging kan wees om die howe te koöpteer in die naam van transformasie.

‘n Besprekingsdokument oor die transformasie van die regstelsel in Kaapstad is gister, deur minister van justisie, Jeff Radebe, vrygestel en hy het gesê ‘n 18-maande studie van die Grondwethof se besluite sal onderneem word.

ANC-hoofsweep Mathole Motshekga het die vrystelling van die “besprekingsdokument oor transformasie van die regstelsel” verwelkom.

Die studie sal bepaal hoe besluite van die Grondwethof spesifiek, en die regbank in die algemeen, bygedra het tot die “heropbou van Suid-Afrika”.

President Jacob Zuma en ander senior ANC-leiers het die afgelope jaar verskeie kere na die Grondwethof se rol gevra.

Zuma, het so onlangs as 13 Februarie gevra dat die hof se magte hersien word, wat gelei het tot wydverspreide vrese dat die Grondwet self bedreig word.

“Ons wil nie die Grondwethof hersien nie, ons wil sy magte hersien,” het Zuma gesê in ‘n onderhoud met Independent Newspapers.

Kenners het hul kommer uitgespreek oor die hersiening, uit vrees dat dit dalk ‘n poging deur die ANC-regering is om die regbank te muilband.

Radebe was egter vinnig om die vrese te besweer. “Die onafhanklikheid van die regbank is nie op die spel nie,” het hy gesê.

Maar Radebe het gesê daar is genoeg getuienis om te bewys dat die verordeninge aan kritiek onderwerp behoort te word.

“Daar bestaan literatuur wat sê in ‘n grondwetlike demokrasie soos ons s’n, is kritiek van die hof se besluite beide toelaatbaar en wenslik,” het hy gesê.

Hy het gesê dat regters gemeet moet word aan dieselfde standaarde as dié wat van die uitvoerende gesag en die parlement verwag word.

“Regters is nie minder immuun teen openbare ondersoek as lede van die uitvoerende gesag en wetgewer nie,” het hy gesê.

Radebe het gesê die ondersoek na die Grondwethof sal staatmaak op die navorsing wat reeds gedoen is deur regsakademici oor die onderwerp om die impak van die hof se beslissings op die transformasie van die samelewing as ‘n geheel te bepaal.

Senior ANC-leiers het ‘n verlede jaar reeds aanvalle teen die regbank geloods.

Nasionale uitvoerende komitee-lid Ngoako Ramatlhodi het vir ‘n hersiening van die grondwet gevra, en gesê dit is ‘n “kompromie” wat die swart meerderheid ontmagtig, en diegene wat teen demokratiese verandering is, “‘n houvas gee op die ekonomie, die regstelsel, die openbare mening en die burgerlike samelewing”.

Die regerende party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het die howe gekasty in ‘n onderhoud in die Sowetan, en gesê dat hulle vyandig teenoor die uitvoerende gesag staan.

Александр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.