Is Mbeki soos Nixon?

Dit blyk dat Dan Smith 'n konsultant is by die departement van behuising. Dit blyk dus dat hy iets moet weet van behuising wat meeste mense sou ervaar as kennis aangaande bouwerk, strukture, materiale en grondstowwe en nie van rasse en klasse nie.

Volgens die artikel in Rapport op 11 Februarie getiteld “Woonburt-skok” kom mnr. Dan Smith na vore as 'n boodskapper van vreemde tyding.

Hierdie tyding soos geredigeer bevat die volgende:

1.Ontwikkelaars moet gedwing word, dus speel markaanvraag nie meer 'n rol nie. Die staat besluit wat die mark moet vra. Het die inwoners van SA nie die reg op aanvraag tesame met die vereiste dat daarvoor betaal moet kan word nie? (2) “Alle burgers is in gelyke mate –

(a) geregtig op die regte, voorregte en voordele van burgerskap; en

(b) onderworpe aan die pligte en verantwoordelikhede van burgerskap.”

(Dis nou toevallig gekwoteer uit die grondwet)

2.Laekoste-eenhede moet gebou word in gegoede buurtes dus is vryheid van assosiasie nie meer van toepassing nie. “Elkeen het die reg op vryheid van assosiasie.” (Dis nou toevallig gekwoteer uit die grondwet.)

3.Ontwikkelaars moet rasverskille afbreek dus moet rasse eerstens geïdentifiseer word waarna die ontwikkelaar sal besluit watter huis hy aan een ras sal verskaf sodat die ras kan verander na 'n ander ras. Die ras self mag nie besluit oor die ras se eie huis nie. Respekteer die president ons dan nie meer nie? “Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word.” (Dis nou toevallig gekwoteer uit die grondwet.)

4.Die President erken dat die meeste moorde deur swartes gepleeg word, maar dat sodanige swartes tussen “normale” huise moet bly. Is daar nie 'n wet wat duidelik is aangaande die president se verantwoordelikheid ten opsigte van ons reg om “vry te wees van alle vorme van geweld van hetsy openbare hetsy private oorsprong” nie? (Dis nou toevallig gekwoteer uit die grondwet).

Die opsomming van hierdie artikel is dat president Mbeki, noudat hy die “State of the Nation” gelewer het, en hierdie berig goedgekeur het, wat ek twyfel, miskien nou vervolg moet word soos die destydse Amerikaanse President Nixon omdat hy sy eie mense benadeel het.

Dan moet die president nuwe mense in die department van behuising aanstel wat iets weet van behuising en minder weet van rasse en klasse.

online video slotsФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.