‘Plaasmoorde is nie volksmoord’

Deel op

Noudat plaasmoorde internasionaal bekend raak, het Media24 weer eens ingespring om die kwessie te ontlont.

In 90% van plaasaanvalle, berig Nuus24, is die bedoeling om te roof en in net 2% gevalle is dit politiek of rassisties gemotiveerd.

“Meer onlangse studies het min of meer dieselfde resultate opgelewer, maar baie mense glo steeds plaasaanvalle is ras- of politiek gemotiveerd,” sê Kerwin Lebone van die Instituut vir Rasseverhoudinge.

“In 7% van gevalle hou dit verband met loongeskille,” sê Lebone, volgens ‘n studie wat polisiedossiere van plaasaanvalle van 1991 tot 2003 geraadpleeg het.

Dat die polisie deel vorm van die ANC-magskliek, is blykbaar nie deur die navorsers òf Lebone opgemerk nie. Hy kan ook nie sê waarom die moordsyfer op boere so buite verhouding hoog is nie en het ook geen kommentaar gelewer op die ideologiese ondersteuning wat die organisasie PLAAS aan grondhervorming bied nie. Dié organisasie het die idee by swartes gevestig dat grond van hulle “gesteel” is.

‘n Melkboer van die Buffelshoek-omgewing in Noordwes is dié week op sy plaas naby Fochville doodgeskiet in nog ‘n plaasaanval in die provinsie.

Die rowers het David Hall (48) gedood sonder om enigiets te roof. Sy familie is oortuig hulle het met die uitsluitlike doel om Hall te vermoor opgetree het en dat hulle deur Malema se uitsprake aangevuur word.

Vóór Malema, het Peter Mokaba, waarna ‘n sokkerstadion intussen vernoem is, dieselfde oproepe in die openbaar gedoen.

Volgens Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri-Noordwes, is daar “geen bewyse dat plaasaanvalle politiek gemotiveerd en georkestreerde volksmoord is nie”.

Niemand is nog vir die moord op Hall in hegtenis geneem nie.

Олександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.