Talewet ‘n ideologiese bolwerk

Deel op
Die nasionale regering se verpligting wat in die wetsontwerp uiteen gesit word is om die taalbeleid te stuur en te moniteer (2(a) en om taaleenhede (units) tot stand te bring.

Adviserende (8)(a) taaleenhede moet tot stand gebring word om gelyke behandeling te bevorder (6(1)(a)ii) en om die betrokke Minister te adviseur (6)(1)(a)(i).

‘n Minister sal die Wet met wyse magte administreer, wat insluit:

· Die afkondiging van regulasies in sake die taalbeleid (14(1)(a) na konsultasie met die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (1995) mbt die administrasie van die wet (14(1)

· Die monitering van die gebruik van die amptelike tale (9(1).

· Evaluering van die verslae van taaleenhede (units) 9(2).

· Jaarlikse verslaggewing aan die Parlement (10).

Die taalbeleid moet voldoen aan artikel 6(3) van die Grondwet. Dit is voorskriftelik dat ‘n orgaan van die staat ten minste drie amptelike tale moet gebruik (4(2)(b). Die taalbeleid moet uitspel hoe die tale gebruik sal word (4(2)(c). Dit moet ook voorsiening maak vir ‘n meganisme om besware van die publiek aan te hoor (4)3)(a).

Die amptelike tale moet op die basis van gelykheid en van pariteit “of esteem” gebruik word (2)(b), ten einde publieke toeganklikheid te bewerkstellig (2)(c).

Spesiale melding word gemaak van die grondwetlike voorskrif dat die inheemse tale se status verhoog word.

Kommentaar:

Die sentralisering van mag in die hande van die nasionale regering en van ‘n gedelegeerde minister van die nasionale regering val op. Terwyl die Grondwet ‘n sinvolle onderskeid maak tussen organe van die staat (239) en organe van die burgerlike samelewing (31(1)(b) en die bevordering en beskerming van taalregte eintlik ‘n burgerlike aangeleentheid is, is dit opvallende dat die inspraak van gemeenskappe in gebiede waar spesifieke tale dominant is, afwesig is.

Die wetsontwerp loop die gevaar dat die taalbeleid ‘n gepolitiseerde een sal wees wat tot polarisasie en konflik sal lei en wat nie in die nasionale belang is nie.

‘n Sinvolle taalbeleid wat in ‘n taalwet beliggaam moet word moet differensieer tussen tale wat op ‘n nasionale basis en daarnaas op ‘n regionale basis gebesig word, ten einde te verseker dat ‘n orgaan van die staat die publiek sal bedien in die taal wat prominent binne die regio gebesig word.

Die wet moet spesifiek wees oor die sg. inheemse tale, veral met betrekking tot Afrikaans. Indien die wet nie hieroor spesifiek is nie, sal die politieke en ideologiese diskresie van die Minister deurslaggewend wees, wat sekerlik tot die benadeling van Afrikaans sal wees.

Die hele gemors in sake die talewet hou verband met die weglating in die 1996-grondwet van die voorskrif in die 1993 grondwet dat die afbreuk aan die gevestigde belange van ‘n bepaalde taal, soos Afrikaans, gedoen mag word nie – dus nog ‘n onverskoonbare mistasting van De Klerk en kie, waarby ingelyf is Roelf Meyer.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.