Scholtz en van der Rheede wil beslis nie Afrikaans red

Deel op
Leopold Scholtz, ‘n aanhanger van Moslemekstremisme, spoel weer mond uit in Beeld oor die sogenaamde “regses” en “rassiste”, oftewel wit Afrikaners, en spesifiek die besoek van Martin Bosma, ‘n Nederlandse parlementslid, in Suid-Afrika wat “Afrikaans” ten nadele sal strek.

Scholtz het by vorige geleenthede ook al sy neus opgetrek vir die hand van vriendskap en gematigheid wat die PVV, Bosma se party, uitgesteek het na Afrikaners, omdat dié party Afrikanerkwessies in de Nederlandse parlement opper. Die PVV is gekant teen immigrasie en ekstremisme.

Waarom Bosma se besoek Afrikaans “kan benadeel” weet net Scholtz. Sy werkgewer, Media24 benadeel nou al die taal sedert 1994 deur Afrikaners met die ewige “skuld van die verlede”, ‘n goedkoop ANC- en nou DA-foefie om Afrikaners van hul bates te vervreem.

Die agteruitgang is veral sigbaar in die vernietiging van Afrikaanse skole (kyk maar na Ermelo en Fochville), die bronaar van die taal. Bosma dien ook op die Taalunie, ‘n uiters belangrike liggaam waarvan Afrikaans deel is. Hoe dit Afrikaans kan benadeel is ‘n raaisel. Dit is waarskynlik die laaste reddingsboei wat die taal ooit sal ontvang. En Scholtz klap dit ondankbaar weg, omdat hy besorg is oor ekstreme Moslemterroriste wat demokrasie en redelikheid lankal reeds verwerp het.

Christo van der Rheede, die vermaarde bruin akademikus en nog ‘n Naspers-handlanger, het intussen namens Afrikaners geantwoord, en hy is nie een nie. Hy is bruin en verkies, net soos die hele bruin gemeenskap, ook Engels.

Die artikel in Engels wemel natuurlik van die foute en disinformasie. Die olifant in die kamer is die totale verengelsing van die bruines wat nie ‘n dooi duit omgee vir Afrikaans nie. Dit maak van der Rheede se ongevraagde kommentaar nog meer oorbodig.

прокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.