Jeep Compass 2.0 Limited

Deel op

{jathumbnail off}

Die Compass is die kleinste in die Jeep-stal en word aangedryf deur ‘n 2-literpetrolenjin met voorwielaandrywing. Wag ‘n bietjie, ‘n Jeep wat tweewielaangedrewe is, ja, dit klink snaaks, maar dit is hoe die tye verander het.

In die Limited-baadjie is die Compass nogal goed toegerus: Swart leerbekleedsel regdeur die motor met ‘n goeie gehalte plastiek vir die deurinsetsels en die voorpaneel laat die Compass duursaam vertoon.

Daar is chroominsetsels op die ratkierie en luginlate. Die Compass se vyfspoedhandratkas help om die klein Jeepie ‘n puik brandstofverbruiksyfer van 8,9/100km te gee. Kraglewering is 115 Kw en daar is 190 Nm wringkrag beskikbaar.

Binnelangs is die Compass redelik gerieflik met elektries verstelbare sitplekke wat kan warm word, leer, outomatiese hoofligte en reënveërs. Daar is meer as genoeg bagasieruimte vir ‘n gesin van vier. Die klein Jeepie lyk van voor af ook op ‘n druppel na die groot Grand Cherokee, wat een van ons gunstelingveldvoertuie is.

Rygerief en kraglewering is puik. En kyk ‘n mens na die prys, dan is dit ook uitstekend teen R275 000. Mededingers is hoofsaaklik die Hyundai iX35 2.0 4×2 en die Kia Sportage 2.0 4×2. Ons gee die Jeep Compass 2.0 Limited 4 uit 5.

Фільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.