Aankondiging oor Voortrekkermonument verwelkom

Deel op

“Die VF Plus verwelkom die aankondiging vandag in Pretoria deur die minister van Binnelandse Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, dat die Voortrekkermonument binnekort as ‘n nasionale erfenisterrein verklaar gaan word. Dit is ook belangrik om daarop te let dat hierdie stap met die oog op nasionale versoening gedoen word.

Dit is egter jammer dat hierdie aankondiging nie deur pres. Zuma in sy staatsrede gedoen is nie, waarin hy oor nasionale versoening gepraat het nie,” sê dr. Corné Mulder, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor Kuns en Kultuur.

Die VF Plus wil voorts die hoop uitspreek dat die Voortrekkermonument voortaan voldoende finansiering sal ontvang, maar dat hierdie stap nie gebruik sal word om inbreuk te maak op die outonome bestuur van die Monument deur die Erfenisstigting nie.

Данильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.