Gehoorsaamheid sal misdaad verminder

Deel op

Gesien in die lig van wat reeds in briewe aangedui is soos ons moet buiteland toe, weg met regstellende aksie, moenie met die regering praat nie maar lui die saak aan die "groot klok" ens., wil ek 'n alternatiewe voorstel maak waar ons ons algehele samewerking met die ANC moet oorweeg.

Deel op

Ons moet in briewe aan die regering soos wat nou gebeur het met die misdaadsituasie voor die "State of the Nation"-toespraak, nie net vir Mbeki vertel hoe vrot dit gaan nie, maar ons moet hom vertel hoe ons agter hom sal staan – dat ons hom sal ondersteun en dat ons wag vir sy opdragte wat ons sonder verwyl sal uitvoer.

Ons moet hierdie mening dan ook landswyd in al die koerante en blaaie uitsaai en uitdruk. Mbeki sal natuurlik verwonderd wees oor hierdie ommeswaai, maar ons kan dit maklik verduidelik deur te verwys na nie net die IK(intelligensiekwosiënt) of na die EI (Emosionele kwosiënt) nie maar meer spesifiek na die SK (spirituele kwosiënt).

Die spirituele benadering is nie net 'n geloofsbenadering nie, maar dit is terselfdertyd 'n effektiewe benadering tot probleem oplossing sonder om die persoon aan te val.

Dit sal die deurbraak wees waarvoor die wêreld  wag, en dit sal deur die Afrikaner bewerk word. Net soos wat PW die demokratisering begin het en die ANC saamgewerk het, nou word daar weereens uiterste kreatiwiteit verwag van die Afrikaner en ek glo hy sal daarna in ere herstel word.

what are casino gamesАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.