ANC knoop bande met Bolivia

Deel op

Image

Evo Morales

’n Senior ANC-afvaardiging is pas terug uit Bolivia waar hulle die eerste demokraties verkose inheemse president, Evo Morales, kon oortuig om Suid-Afrika te kom besoek.

Deel op

Morales se oorwinning meer as ’n jaar gelede het kommer by ontwikkelde en buurlande laat posvat dat hy nie Bolivia se beste belange dien deur aan te dring op die wettiging van die verbode dwelm kokaïen nie.

Daarbenewens is Morales besig om privaatbates vir die staat toe te eien deur die nasionalisering van aardgasaanlegte.

Bolivia is een van die armste lande in Suid-Amerika waar die koka-plant deur ’n grootliks landelike bevolking verbou word, ten spyte van die land se aansienlike gas- en olie-reserwes.

Die SAKP se sekretaris-generaal Blade Nzimande, Cosatu se sekretaris-generaal Zwekinzima Vavi asook verteenwoordigers van die ANC-jeugliga en lede van die nasionale uitvoerende komitee se besoek is deur Kgalema Motlanthe as “hoogs geslaagd” beskryf.

As rede voer Motlanthe aan dat die ANC en Morales se Beweging vir Sosialisme in Bolivia – die akroniem in Spaans is MAS wat ook “meer” beteken – onderskeidelik politieke leiers op hul gebied is en dat daar nou meer as ’n sistematiese verhouding tussen die twee gevorm is na afloop van die onlangse besoek.

Motlanthe het benadruk dat albei politieke bewegings uit ’n soortgelyke geskiedenis van kolonialisme en marginalisering gebore is. Bolivia lê tans groot klem op die gebruik van inheemse tale wat danksy Spaans tot 37% gekrimp het deur inheemse leerplanne in skole aan te moedig.

Motlanthe het egter bygevoeg dat “alle oplossings nie meganies van een land tot die ander toegepas kan word nie.”

шапка шлем для мальчика купитьАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.