Da Vinci ‘in gevaar’

Deel op
Delikate werk onderneem om ‘n Leonardo Da Vinci-meesterstuk te herstel, en wat in Maart bekendgemaak sou word, het verander in ‘n kopseer vir die Louvre, nadat kenners die Parysmuseum beskuldig het dat hulle die kosbare oliewerk in gevaar stel.

Da Vinci se ‘Maagd en Kind met Saint-Anne‘ het hy in 1503 begin verf en toe hy in 1519 Frankryk dood is, is die onvoltooide werk van die uitbeelding van Christus langs sy moeder en ouma met ‘n offerlam, deur Koning Francois I verkry.

Restourasie uitgevoer gedurende die vorige eeu het die ‘Saint-Anne’ vermink deur vlekke op die Maagd se rok byvoorbeeld, te danke aan die veroudering van ‘n stof in die vernis en in 2010 het die museum besluit om die werk weer te herstel.

Die ‘Saint-Anne’ sou in Maart aan die publiek onthul word as die hoogtepunt van ‘n groot tentoonstelling wat rondom dit gebou sou word.

Maar die projek het verlede jaar ‘n hindernis getref toe kritici gewaarsku het dat die skoonmaak van die meesterstuk dit kan beskadig en twee kundiges het sedertdien uit die raadgewende komitee wat toesig hou oor die werk, bedank uit protes.

Albei is kunswêreldswaargewigte: Ségolène Bergeon Langle, wat in Desember weg is, is ‘n Franse nasionale erfeniskurator, terwyl Jean-Pierre Cuzin die voormalige hoof-kurator van die Louvre se skilderyedepartement is.

‘n Franse kunsjoernaal het eerste in Oktober gewaarsku met ‘n artikel getiteld “Leonard in gevaar”.

In die spervuur is die aard van die oplosmiddel wat gebruik word om die geel-bruin laag vernis oor die skildery te verwyder. Dit word deur kritici as te sterk beskou, sodat hulle vrees die middel kan die werklike verf verwyder deur dit te laat oplos.

Kenners vrees veral skade aan die gesigte van die Saint-Anne, en die Maagd Maria, en meer breedweg die “sfumato”. Dit is lae deursigtige verf wat gebruik is deur Da Vinci om rokerige, versagte kontoere te produseer, op hierdie werk sowel as die “Mona Lisa” .

AFP het verlede week die kurator Bergeon Langle gekontak en sy sê sy het die Advieskomitee vir verskeie redes verlaat.

“Ek meen die herstel word nie uitgevoer in ooreenstemming met wat ek gedink nodig is vir hierdie skildery van Louvre nie. Dit is my oortuiging.”

Die Louvre dring daarop aan dat ‘Saint-Anne’ nie in gevaar is nie.

‘n Kritiese punt is die vraag of ‘n wit vlek op die liggaam van die baba Jesus verwyder moet word.

Die museum se uitverkore restoureerder Cinzia Pasquali, wat gewerk het op die skilderye van die Chateau de Versailles se Spieëlsaal, is oortuig dit is ‘n pleistervernis, wat wit geword het deur mikroskopiese krake, en wil dit verwyder.

Bergeon Langle glo dit kon dalk bygevoeg gewees het deur Da Vinci se eie hand, en was versigtig vir enige intervensie.

Ten slotte meen Vincent Pomarede, die hoof van die Louvre se skilderye, daar moet voortgegaan word en het die groenlig vir die verwydering gegee nadat dit ontleed is.

“Op daardie punt, is die meningsverskil,” het hy aan AFP gesê. “Maar ek het die laboratorium uitslae en hulle is heel positief. Ek is seker dit was ‘n gekraakte vernis, en jy kan duidelik sien wat die eindresultaat is.”

“Ek het geen berou nie,” sê Pomarede, wat daarop aangedring het dat die Louvre nie die werk in gevaar stel nie.

In 1994 het die Louvre ‘n vorige plan om die ‘Saint-Anne’ te restoureer, oor vrese vir sy delikate “sfumato”, laat vaar.

Op die oomblik, verduidelik Pomarede, het die Louvre die tegniese kennis oor hoe om die werk te beskerm. Tans, het hy gesê, is dit moontlik om die dikte van die vernis tot die laaste mikron te meet.

Op die brose gesigte, byvoorbeeld, laat die restoureerder ‘n ekstra dikte van vernis toe: 16 tot 17 mikron teenoor 8 tot 12 mikron op ander plekke. Voorheen was dit 30 tot 35 mikron.

Vroeër hierdie maand het die wetenskaplike komitee ontmoet en ‘n “positiewe uitspraak oor die uitdunning van die vernis en die verwydering in plekke van addisionele lae verf gelewer,” sê Pomarede.

“Twee of drie kundiges wou selfs verder gaan, insluitend die verwydering van sekondêre boomstompe wat in die 19de eeu bygevoeg is,” sê Pomarede. Die stompe is egter gehou.

“As ‘n algemene reël, verkies ek dat ou werke slegs baie ligtelik skoongemaak word. Jy kry tog nooit die oorspronklike kleure terug nie; wat jy in plaas daarvan kry is die huidige stand van die skildermateriaal. Dit [die ou lae verf] laat ‘n effense sluier oor die werk, maar maak dit meer harmonieus,” het sy verduidelik.

Александр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.