Gratis middagkonsert vandag in Pretoria!

Deel op

Pretoria-PEN, die skrywersvereniging waarvan dr. Dan Roodt van Praag voorsitter is, bied vandag ‘n gratis orrelkonsert in Pretoria aan. Alle Praaglesers is welkom! Bring ook u vriende en familie saam.

Tyd: 15:00

Plek: Nederduits Hervormde Kerk, Du Toitstraat 169, Pretoria-middestad (agter die Reserwebankgebou)

Orrelis: Hentus van Rooyen, orrelis van die NG Kerk Waterkloof

Veilige parkering op die kerkgronde is beskikbaar

Om 14:00 sal daar ‘n besoek aan die S.P. Engelbrecht-museum, ‘n Afrikaner- kultuurhistoriese museum met allerlei interessante items, plaasvind. U is ook baie welkom om dit by te woon.

Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.