Nuwe hoof by SAUK

Deel op

Lulama Mokhobo is as die SAUK se nuwe groepsuitvoerendehoof aangestel, het die kommunikasieministerie Maandag gesê.

“Ná ‘n aanbeveling deur die raad van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, het die minister van kommunikasie, Dina Pule, haar gedagtes gefokus en is bly om die aanstelling van me. Lulama Mokhobo as die groepshoofuitvoerendebeampte van die SAUK aan te kondig,” het die ministerie in ‘n verklaring gesê.

Die aanstelling, vir vyf jaar, geskied met onmiddellike ingang. Sy vervang die waarnemende uitvoerende hoof Robin Nicholson.

Sy was voorheen die SAUK-groep se uitvoerende beampte vir openbare uitsaaidienste. Sy beskik oor uitgebreide uitvoerende leierskapservaring in die private en openbare sektore.

Ná die verkryging van haar BA-graad aan die Universiteit van Botswana en Swaziland, het sy haar M.Sc.-kwalifikasie aan die Utah-staatsuniversiteit in die VSA behaal.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.