SA, Kuba sluit militêre verdrag

Deel op

Lindiwe SisuluSuid-Afrika en Kuba het verlede Dinsdag ‘n memorandum onderteken om ‘n stempel te plaas op die samewerking tussen die twee lande se weermagte, het ‘n woordvoerder gesê.

Die minister van verdediging, Lindiwe Sisulu, het  die samewerkingsverdrag met Ulises Rosales del Toro, die vise-president van Kuba se Raad van Ministers, onderteken, volgens die ministerie van verdediging se woordvoerder, Siphiwe Dlamini.

“Ons het Suid-Afrikaans-Kubaanse verdedigingsamewerking verseël,” het Dlamini aan AFP gesê.

Die twee lande het reeds in die verlede saamgewerk, maar die ooreenkoms reël uitruilprosedures in die lugmag, veterane, militêre gesondheid en onderwys, asook opleiding en ontwikkeling.

“Kuba bring sy instrukteurs hierheen. Die belangrikste doelwit is militêre gesondheid,” het Dlamini gesê.

“Die memorandum gee ‘n raamwerk vir bedrywighede, maar die besonderhede word aan die amptenare oorgelaat.”

“Ons kyk daarna om Kuba aan ons verdedigingsindustrie voor te stel,” het hy gesê, en bygevoeg dat Suid-Afrika ook sy ervaring in die handhawing van vrede met Kuba kan deel.

Die eilandstaat ondersteun Suid-Afrika reeds sedert die regerende African National Congress se stryd teen sogenaamde “apartheid”.

Dit het die vorige SA regering teengestaan en sowat 50.000 troepe na Angola gestuur, waar gevegte met die Suid-Afrikaanse magte plaasgevind het totdat hulle in die laat tagtigerjare onttrek is.

Die twee lande het in 1994 diplomatieke betrekkinge aangeknoop nadat mnr. FW de Klerk beheer oor die SA staat en die SA Weermag aan die ANC oorgedra het tydens die “oorgawe sonder neerlaag” soos historikus Hermann Giliomee daarna verwys het.

Die ANC-regering en Kuba het ‘n gesamentlike bilaterale kommissie in Februarie 2001 ingestel en het sedertdien saam ‘n aantal projekte aangepak, waaronder die stuur van Suid-Afrikaanse mediese studente om in Kuba te studeer.

Kubaanse dokters en onderwysers het ook na Suid-Afrika gekom om te werk.

‘n 2004-ooreenkoms tussen Suid-Afrika en Kuba het gelei tot die ontplooiing van 101 Kubaanse dokters in Mali, met finansiële steun van Suid-Afrika.

In 2008 het Suid-Afrika Kuba se skuld van 926,8 miljoen rand ($ 117 miljoen, 73 miljoen euro) kwytgeskeld.

топкарго отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.