Die vlieë sak op UJ toe

Soos menige voormalige en huidige student kan getuig, is selfdissipline, en nie noodwendig slegs intelligensie nie, dié belangrikste suksesfaktor vir akademiese sukses. As jy jouself nie kan dissiplineer om konstant te werk nie; as jy laat slaplê, as jy eerder gaan fliek of by sokkies uithang, veral op universiteit, is die kanse uitstekend dat jy nie eens jou eerste semester gaan oorleef nie.

So ook vereis akademiese sukses ‘n hoë mate van frustrasietoleransie en ‘n helder visie van die toekoms. Jy moet jou dus nie blindstaar teen die huidige nie. Semestertoetse, praktiese sessies, opdragte en eksamens is tydelike, verbygaande vermoeienisse en struikelblokke. Staar jy jou blind teen die hoop werk wat in jou vierjaarkursus voorlê, en hou jy nie jou oog op die langtermyndoelwit (jou graad) nie, gaan jy eweneens nie sommer die mas opkom nie. Jy gaan ontmoedig raak en waarskynlik ook sommer gou besluit om op te skop.

Bostaande is die eerste gedagte wat by my opgekom het gister toe ek verneem het van die stormloop by die Universiteit van Johannesburg, waartydens een persoon dood is en nog 22 beseer is. Politieke partye soos die DA het vinnig vingers gewys na die ANC se mislukte onderwysstelsel, maar het in die proses die belangrikste sondebokke, die voornemende studente self, se aandeel geïgnoreer.

Diegene wat aan die stormloop deelgeneem het, kan kwalik ‘n gebrek aan opvoeding vir hul barbaarse optrede blameer. Slegs ‘n klein fraksie van diegene wat met skoolopleiding begin, verkry immers uiteindelik universiteitsvrystelling. Diegene wat buite UJ se hek saamgedrom het, was dus in Suid-Afrikaanse terme die room van die oes, die leiers van môre, die elite.

Kom ek begin dus by toekomsvisie, of eerder diegene wat aan die stormloop deelgeneem het, se gebrek daaraan. Aansoeke om akademiese toelating sluit gewoonlik rondom die middel van die vorige jaar, en toelating word dikwels gebaseer op Graad 11-punte. Waarom dan wag tot op die nippertjie om aansoek te doen? Hoort diegene wat klaarblyklik oor geen toekomsvisie beskik nie, hoegenaamd op universiteit?

Oor die volslae gebrek aan selfdissipline wat gister uitgestal is, hoef ek nie veel te sê nie. William Golding se boek, The Lord of the Flies, behoort verpligte leesstof te wees vir almal wat nog nie van hulle linksheid of liberalisme genees is nie. Dit handel oor ‘n groep skoolseuns wat gestrand word op ‘n eiland, en dié groep se vinnige regressie na ‘n primitiewe, pre-beskaafde toestand. Hier in Afrika vat dit egter nie eens ‘n skeepswrak vir die dun vernis van beskawing om te verdwyn nie. Dit kos bloot ‘n bietjie selftoegediende frustrasie buitekant ‘n universiteitskampus vir die pre-beskaafdheid om na vore te kom.

As ons nie kry wat ons wil hê nie, gooi ons dus klippe, brand ons treine af of bestorm die universiteit en trap in die proses mense dood. As jy jouself so maklik oorgee aan die mentaliteit trop, as jy geen selfbeheersing het nie, hoe gaan jy ooit die mas akademies opkom? Goed, ek weet, dis ‘n retoriese vraag. Kyk maar gerus hoe vinnig breek onsluste op universiteitskampusse uit. Verduidelik hierdie volslae gebrek aan selfdissipline eweneens die feit dat Suid-Afrika die wêreldkampioen is waar dit by vigsbesmetting kom?

Die tropdieragtige optrede van diegene wat die stormloop veroorsaak het, diegene wat veronderstel is om die intellektuele klas te verteenwoordig; hul gebrek aan selfdissipline, asook hul gebrek aan enige toekomsvisie, toon duidelik waarom Suid-Afrika gedoem is.

лобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.