Sentrale aansoekkantoor vir universiteite

Deel op
Die Jong Kommunisteliga het gesê daar moet seker gemaak word dat die idee van ‘n sentrale aansoekkantoor, soos vroeër Dinsdag deur die departement van
hoër onderwys voorgestel is, ‘n realiteit word.
Die Universiteit van Johannesburg kon maatreëls in plek gestel het om die groot getal mense wat by die instelling wou registreer, te akkommodeer, het die liga Dinsdag gesê.

“Die universiteit het misluk daarin om strukture soos ablusiegeriewe, verblyf en so meer vir die groot hoeveelheid potensiële studente te voorsien,” het die liga in ‘n verklaring gesê.

Die ma van ‘n voornemende student is dood en 22 mense is beseer in ‘n stormloop by die universiteit Dinsdagoggend toe duisende studente en ouers tou gestaan het om laat aansoeke in te dien by die kampus in Aucklandpark.

Die SA Demokratiese Onderwysersunie het ook gesê die regering moet instellings van hoër onderwys uitbrei om sulke opeenhopings te voorkom.

Die Premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, het gesê dit is hartseer dat ‘n gesin ‘n ouer verloor het wat haar kind wou help om opvoeding te kry. Sy het gesê die universiteit moet met die polisie saamwerk om seker te maak só ‘n voorval vind nie weer plaas nie.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.