Nobelpryswenner het voorheen sy lidmaatskap van Waffen-SS erken

Deel op

Image

G?nter Grass

Skrywer en Nobelpryswenner, Günter Grass (79), wat sedert verlede jaar midde in ’n politieke storm verkeer nadat hy erken het dat hy deel was van die Waffen-SS tydens die Tweede Wêreldoorlog in sy nuwe outobiografie, het ’n nuwe verweer.

Deel op
Die Duitse Radio Bremen het bekend gemaak dat Grass in 1986 tydens ’n onderhoud wel indirek verwys het na sy verlede as soldaat. Dié radiostasie sou dele van die onderhoud wat in die argiewe bewaar gebly het weer gister, Vrydag 9 Februarie, uitsaai.

Die onderhoud het deel uitgemaak van ’n reeks getiteld “Toe ek 17 jaar oud was”. Daarin vertel Grass aan literêre joernalis Irmgard Bach dat hy na die Oosfront gestuur is as lid van die Waffen-SS waar hy eers in Silesië gedien het en daarna in Berlyn.

“Dit was Marskompanieë genoem waar seuns van 16, 17 saam met oueres van 50 of 60 gedien het, die oorblyfsels van die Volkssturm en die manne van die Waffen-SS" sê Grass in die onderhoud wat nou 39 jaar later opnuut groot belangstelling wek.

Kritici het tot dusver vir Grass verkwalik dat hy nie eerder sy verlede bekend gemaak het nie.

ла ла лупси игрыДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.