‘Dankie Kuba’

Ek het onlags oppad terug van die see af deur Bloemfontein gery. Bloemfontein is ‘n gawe plek, ‘n stad waar almal, selfs die Chinese, Afrikaans magtig is en nie skaam is daaroor nie. Die stad Bloemfontein, sowel as die belastingbetaler, is helaas eersdaags die slagoffer van die ANC se 100-jarige feesvierings. Die Rosestad verwag ‘n toeloop, indien nie ‘n kontaminasie nie, van honderde duisende ANC-kaders om hul terreur- en plunderbeweging se 100-jarige bestaan te vier.

Drankwinkels, veral die verkopers van Johnny Walker Blue Label en soortgelyke duur sopies, verwag ongetwyfeld rekordverkope. So ook die Rosestad se prostitute. Die vigsvirus gaan sekerlik ook ‘n rekordverspreidingskoers toon. Gewone, wetsgehoorsame burgers van die Rosestad sidder sekerlik aan die gedagte dat hul stad gasheer moet speel vir hierdie tipe gespuis, en ‘n ongekende misdaadepidemie is stellig Bloemfontein se voorland, siende hoe selfs die mees senior ANC-lede, oa die Travelgate-kriminele, se misdadigheid welbekend en inderdaad skynbaar ‘n vereiste vir ‘n senior pos binne die ANC is.

Wat hulle presies gaan vier, is nie heeltemal duidelik vir my nie. Die land word immers deur die grootskeepse onbevoegdheid van die ANC teen ‘n voortsnellende tempo die dieptes van ellende en die tipiese Afrika-verval ingesleep. Miskien is daar wel tog een ding waaroor hulle kan feesvier, en dit is die vloekskoot van 1994. In die ganse 100 jaar van sy bestaan het hierdie gawe versameling terreursaaiers, misdadigers en diverse ander skuim een en slegs een prestasie behaal: Met die hulp van die Oosblok en veral linkse Engelssprekendes, het die swaksinnige NP-kapituleerders by Kodesa die rykste en mees suksesvolle land byna by verstek aan die ANC oorhandig; ‘n ramp wat slegs in omvang deur Napoleon se besluit om Rusland in die winter binne te val en ander, soortgelyke kranksinnige besluite, geëwenaar kan word.

Dit was vir my as belastingbetalers egter veral ‘n riem onder die hart om die ANC se dankiesêplakkate wat Zastronrylaan (wat kennelik tans na ‘n ou terroris vernoem is in terme van die ANC se veldtog om vergeefs sy diepgesetelde minderwaardigheidsgevoelens te probeer besweer) ontsier, gade te slaan. Daar is verskeie van hierdie plakkate wat dankie sê aan illustere ANC-bondgenote. Een lees: “Thank you, Zimbabwe” en nog een: “Thank you, Cuba.”

Tja. Aan jou vriende sal jy inderdaad geken word; die ANC se plakkate is ‘n lys van meeste van die wêreld se muishondbewinde. Mug-aap en die huidige Kubaanse diktator sal sekerlik ook op jou en my as belastingbetalers se rekenings in Bloemfontein as eregaste getrakteer word, ongetwyfeld in luukse omstandighede wat ‘n wêreld verwyder is van hul eie onderdane se haglike sukkelbestaan.

Waarom skitter ‘n plakkaat wat lui “Thank you Libya” in sy afwesigheid, moet mens jou terloops afvra? Vrees die ANC heimlik dat ‘n Navomissiel of ‘n teregstelling langs ‘n stofpad ook hulle eie voorland kan wees? As Kim Jong-Il nie onlangs gesterf het nie, sou laasgenoemde ook sekerlik ‘n eregas vir een van die aarde se laaste hardekwas Stalinistiese partye en sy afstootlike bestaansvieringe gewees het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.