Pakistan in oproer teen VSA

Deel op
Honderdeduisende ontstoke Pakistani’s regoor die land het Sondag die strate ingevaar teen die VSA, nadat 24 soldate in NAVO-lugaanvalle gesterf het.

Die byeenkomste is deur die opposisie en regse Islamitiese groepe in die groot stede georganiseer. Dié land, met 167 miljoen mense, se opposisie teen die regering se bande met die VSA is sterker as ooit. Saterdag het betogers gedreunsing “Pakistan is Amerika se begraafplaas.”

NUUT!

Pakistan het met woede gereageer oor die aanval deur NAVO-aanvalshelikopters en vegvliegtuie op twee militêre buiteposte naby die Afghaanse grens en het die aanvalle as “sonder rede” beskryf.

In reaksie hierop het Islamabad die Afghaanse grens vir NAVO-konvooie afgesper. Die land se bondgenootskap met die Verenigde State en die NAVO behoort hersien te word, sê kritici. Pakistan word as basis deur die VSA gebruik in hulle oorlog teen Afghanistan.

Amerikaanse en NAVO-vlae, asook poppe van Obama, is in die strate verbrand en die regering besluit nog of hulle ‘n belangrike internasionale konferensie oor Afghanistan volgende maand sal boikot.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.