Die DA se eie Yengeni-skandaal

Tony Yengeni is in 2004 skuldig bevind en tot tronkstraf gevonnis agv magsmisbruik. Hy het sy posisie misbruik en op korrupte wyse ‘n onregverdige afslag op ‘n luukse viertrekvoertuig bekom. In die vreemde Nuwe Suid-Afrika was ‘n kleinerige minderheid, stellig iewers tussen 10% en 20% van die bevolking, destyds gewalg deur die onverkwiklike spektakel van Tony Yengeni wat na die tronk as ‘n held begelei is. Die meerderheid van die bevolking het egter aanhou stem vir sy party, en was klaarblyklik nie juis ontstig deur die verering van die anti-held nie. Die minderheid wat wel deur die heldeverering vir ‘n misdadiger afgestoot is, het hulself kennelik moreel meerderwaardig gevoel. Die Demokratiese Alliansie  was voor in die koor van diegene wat Yengeni se begeleiding veroordeel het.

Net jammer die DA het geen morele lessies aan ander te leer nie.

Die bevindings van die Openbare Beskermer se ondersoek na die ongerymdhede in die Midvaalmunisipaliteit dui daarop dat baie soortgelyke wanpraktyke aan Yengeni s’n al vir ‘n geruime tyd in die DA-beheerde Midvaal plaasvind. Volgens die verslag van die Openbare Beskermer het mnr André Odendaal, ‘n prokureur en die leier van die DA in Midvaal, na bewering erwe teen ‘n belaglike afslag by die stadsraad aangekoop, en die eiendomme dan na bewering teen ‘n enorme wins herverkoop. Die ooreenkomste tussen Yengeni se optrede en Odendaal se beweerde misdrywe is voor die hand liggend: Yengeni het sy gesagsposisie misbruik om ‘n onredelike afslag te bekom. Odendaal het na bewering presies dieselfde gemaak. Hy het na bewering sy eie posisie misbruik om ‘n onredelike afslag op eiendomme te bekom, en persoonlik daaruit munt geslaan.

Voorts herinner die flou pogings tot verontskuldiging van die DA sterk aan die spektakel rondom Yengeni, waartydens die ANC hom steeds as ‘n held voorgehou het. Die DA probeer tans desperaat om te skerm vir Odendaal en sy trawante, deur te beweer dat die Openbare Beskermer geen korrupsie bemerk het nie. Die vervolging van korruptes is egter die plig van die Departement van Justisie, nie van die Openbare Beskermer nie, en dit is nie net moontlik nie, maar inderdaad waarskynlik, dat veral Odendaal, maar ook ander DA-kaders, hulself eersdaags in ‘n hof kan bevind, indien nie agter tralies nie.

Dit is ook so dat Rooi Helen Zille, daardie groot bewonderaar van kommuniste soos, ironies genoeg, die Sowjet-opgeleide Yengeni, reeds sedert minstens 2009 bewus was van die grootskeepse geknoeiery in Midvaal, maar steeds hardnekkig en blindelings lojaal gebly het aan haar eie kaders in Midvaal. Sou Odendaal of ander DA-kaders in Midvaal wel skuldig bevind word aan korrupsie, sou ek persoonlik nie verbaas wees om te sien hoe Rooi Helen op aapagtige wyse toyi-toyi-passies uitvoer wanneer haar eie party se kaders die hekke van die gevangenis binnegaan nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.