Meningitisepidemie tref Oeganda

Deel op

Image

Nog ‘n dag, nog ‘n epidemie

‘n Dodelike meningitisepidemie het in die noordwestelike gebiede van Oeganda uitgebreek.

Woensdag het gesondheidsowerhede in Kampala bekend gemaak dat reeds 38 mense uit die 930 gevalle wat aangemeld is, oorlede is.

Deel op
Dié syfer het intussen na 67 gestyg, nadat bykans 1 700 gevalle Vrydag opgeteken is.

Ronald Ocaatre, gesondheidsafgevaardigde van Arua in die noorde van die land het Vrydagoggend gesê dat die 1 672 gevalle wat in klinieke aangemeld is, waarskynlik nie al die mense wat deur die epidemie geraak word insluit nie.

Hy het bygevoeg dat dat daar sekerlik al meer as ‘n honderd mense gesterf het aan die uitbraak omdat “heelwat persone verkies om tradisionele wyse dmv plante behandel te word”

‘n Inentingsprogram is van stapel gestuur en daar word beoog om 400 000 mense in die betrokke gebiede teen dié siekte wat spoedige behandeling vereis, in te ent.

фильтр влагоотделитель для компрессора ценаАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.