Die DA se fopswarte

Lindiwe Mazibuko is pas tot die nuwe parlementêre leier van die Demokratiese Alliansie verkies. Ek gaan terloops nou nie juis vreeslike krokodiltrane huil omdat haar teenstander, Athol Trollip, die verkiesing verloor het nie, buiten om te wonder of sy aggressiewe jingo-haat vir diegene wat hy “idiots” noem, Afrikaners, nie bygedra het tot sy nederlaag nie. Of dit nou bygedra het of nie, verkneukel ek my kennelik aan die einde van Trollip se politieke aspirasies. Kry vir jou gerus nog ‘n paar houe van die blinde sambok, en geniet jou obskure bestaan in die asblik van die geskiedenis, met komplimente van hierdie “Dutchman”!

Maar goed, me Mazibuko is nou die parlementêre leier van die DA. Sy is heel moontlik sjarmant, intelligent en goed gekwalifiseerd, noem maar op. Maar is sy waaragtig só talentvol dat die DA eenvoudig nie sonder haar as parlementêre leier kon klaarkom nie? Ek laat my nie vir een oomblik vertel daar is nie ander, ewe talentvolle, intelligente jong leiers in die DA nie, en ek laat my veral nie vertel sy het die nodige politieke ervaring nie. Intelligensie of bekwaamheid beteken egter in die Nuwe Suid-Afrika niks nie. Dit word telkens getroef deur die een eienskap wat Mazibuko het, maar die meeste ander jong leiersfigure binne die DA nie: haar etnisiteit. 

Mazibuko is verkies vir een, en slegs een rede, en dit is dat sy ‘n swarte is.

In die proses het die DA alle geloofwaardigheid oorboord gegooi. Die DA moet nou nooit weer hoogheilig vir ons wil preek oor hoe meriete glo die maatstaf moet wees wanneer dit byvoorbeeld by aanstellings vir die staatsdiens kom nie. Weer eens: Mazibuko is nié daar op grond van meriete nie, maar op grond van haar pigmentasie. Sy is gekies omdat die DA meen dat haar velkleur byval by swart kiesers sou vind. Dit is presies dieselfde soort blatante regstellende aksie wat swartes bestuurders laat word, al het hulle geen idee wat hulle veronderstel is om in die poste maak nie.

Die DA het ook in die proses afstand gedoen van alle geloofwaardigheid in terme van sy posisie jeens identiteitspolitiek. Vergeet van die DA se diversiteit-liegstories en vergeet veral van sy hoogheilige kwansuise weiering om aan identiteitspolitiek deel te neem. As Mazibuko nie swart was nie, het sy nie die verkiesing gewen nie. Die DA het dus die mees blatante identiteitspolitiek denkbaar gepleeg. Sy is as ‘n regstreekse gevolg van haar identiteit as swarte gekies, juis om aanklank te probeer vind by ander swartes, omdat hulle, hoop die DA, met haar as mede-swarte sal identifiseer. Naakte identiteitspolitiek, dus. Ek sou hoop die VF+ striem die DA hieroor, want die DA het so pas bewys dat hy lustig aan swart identiteitspolitiek wil deelneem, iets waarvan die DA die VF+ al lankal beskuldig.

Ongelukkig vir die DA is dit so dat daar baie swartes, selfs die meerderheid van hulle, is wat dwarsdeur hierdie flou poging gaan sien. Die gemiddelde ANCYL-lid, ongeskoold soos hy is, is polities veel meer intelligent as wat die liberale in die DA hom voor erkenning gee. Mazibuko gaan bloot gesien word vir presies wat sy is: ‘n fopspeen, ‘n marionet wie se toutjies steeds getrek gaan word deur die blanke, Engelse liberale wat die ware mag in die DA verteenwoordig.

Фильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.