‘n Gelykheidsprokie

In die jaar 2049 is die Nasionale Demokratiese Rewolusie tot sy logiese uiteinde gevoer. Alle vorme van ongeregtigheid en ongelykheid is uitgewis. Daar was weliswaar die kaders van die Party se sentrale komitee wat hulself in toestande van obsene welvaart bevind het; dit was immers nodig vir hulle in die uitvoering van hul pligte, maar die res van die bevolking was gelyk.

Gelyk het onder andere beteken almal, buiten die binnekring van die Party, was eendragtig misrabel, verarm en agterlik, maar was ook veel meer as dit; die bevolking moes met álles gelyk wees.

Die hoofbeampte van die Gelykheidsministerie, die formidabele virago Siphiwe Vice, met haar wilde boskaas kroeshare, haakneus en donderdye, het dit as volg verduidelik, stotterend en steierend oor die langer woorde, terwyl sy met moeite probeer lees het vanaf ‘n stuk wat ‘n toespraakskrywer vir haar geskryf het: “Dit help nie ons het bloot ekonomiese en opvoedkundige gelykheid nie. Ware gelykheid beteken gelykheid in terme van intelligensie, gelykheid van voorkoms en gelykheid van liggaamlike vermoëns, want onaantreklike, onatletiese en onintelligente mense mag hulself nie uitgesluit voel nie. Die besit van enige genetiese voordeel is ‘n misdaad teen gelykheid en die mensdom.” Siphiwe Vice was die produk van kunsmatige inseminasie met ‘n kader-skenker se sperm en ‘n dosent-ma, ‘n ma wat kort ná Siphiwe se geboorte vrywillig triomfantelik selfmoord gepleeg het in ‘n heldedaad van protes teen haar eie witheid. Dié bevrugting was dawerend suksesvol daarmee om ‘n individu te skep wat niemand van hetsy intelligensie, hetsy aantreklikheid kon beskuldig nie. Volmaakte kadermateriaal, dus.

Omdat daar sulke onregverdigheid bestaan het, het die Gelykheidsministerie verskeie maatreëls afgekondig: Bogemiddeld-intelligente mense moes ‘n toestel dra, soortgelyk aan ‘n gehoorapparaat, wat elke paar sekondes ‘n oorverdowende geluid in die ore van die intelligentes losgelaat het, om hulle gedagtegang te versteur. Aantreklike mense moes groteske, Quasimodo-agtige maskers dra, wat hul gelaatstrekke versteek het agter ‘n rubbervel vol kunsmatige puisies, skrefies vir oë, ‘n lae voorkop en bakore. Buitengewoon sterk mense moes oral met gewigte aan hulle vasgegespe rondbeweeg, sodat minder atletieses nie minderwaardig sou voel nie. Kortom: Almal wat ‘n onregverdige genetiese erfenis gehad het, moes ‘n gelykheidsvoorgee afstaan aan minder begaafdes.

Soos Siphiwe Vice se toespraakskrywer dit gestel het: “Ons dring aan nie net op gelyke geleenthede nie, maar op gelyke uitkomste. Geen mens mag as gevolg van sy blote voorkoms, intelligensie of fisieke vermoëns teen minder begaafdes diskrimineer nie, al loop hy net verby minder begaafdes op straat.”

‘n Afrikanerpaartjie, die Vermase, een van die min oorblywende Afrikanergesinne wat nog dom genoeg was om nie na die supermoondheid, China, te emigreer het nie, het in dié gelykheidsparadys ‘n seun gehad, Pieter. Pieter was besonder intelligent, lank, gespierd en sterk. Nie net was hy ‘n atleet van formaat en ‘n briljante leerling op skool nie, wat selfs op sesjarige ouderdom reeds die eenvoudige telraamwiskunde kon doen wat op na-doktorale vlak aangebied is in die getransformeerde universiteite nie, maar was hy ook besonder aantreklik. Al die laasgenoemde was natuurlik ‘n onding wat geskrei het teen gelykheid, en kon dus nie geduld word nie. Sy blote bestaan het aanstoot gegee, sy gesig het onaantreklikes maak voel na iets wat die kat ingedra het en die Vermase se bure het gevolglik gaan kla oor sy oormatige talente by die Gelykheidsministerie. Op die dag van sy vyftienjarige verjaardag het die Gelykheidspolisie by die Vermase se neerdrukkende woonstel opgedaag en Pieter kom verwyder.

Sy ma en pa het kwalik agtergekom hulle kind was weg, omdat hulle te besig was om na die maandelikse Rugbywêreldbeker te kyk, waarin die nasionale span, die Hiënas, telkens gewen het, omdat die buitelandse spanne met slegs vyf spelers moes deelneem. Transformasie onder die skeidsregters en van die reëls het dus hier ook gesorg dat buitelandse spanne wat fikser, sterker en takties beter was, nie kon wen nie. Die Vermase was telkens vasgenael en het nooit gewonder hoekom die toernooie altyd dieselfde gang gegaan het nie.

Die dag nádat Pieter weggeneem is, het Siphiwe Vice besluit om ‘n voorbeeld van hom te maak en hom op nasionale TV tereg te stel, ‘n gewoonte wat by die land se Chinese meesters oorgeneem is. In ‘n lang toespraak, wat telkens onderbreek was omdat sy hompe vetterige hoender vanaf ‘n oorlaaide tafel in haar bolwange gestop het en met whiskey afgesluk het, het sy onsamehangend te velde getrek teen kolonialisme, rassisme, voorkoms-isme, intelligensie-isme en al die legio ander misdade waaraan Pieter op grond van sy genetiese erfenis skuldig was. Hierna het Vice ‘n panga gebruik om die vasgebinde vyftienjarige wat misdade teen gelykheid gepleeg het, stelselmatig aan stukke te kap, terwyl sy drillerige danspassies uitgevoer het en soos ‘n viswyf rewolusionêre haatslagspreuke gegil het, voordat sy in ‘n groteske hoop inmekaar gestort het en gelaaf moes word met nog Blue Label-whiskey.

Pieter se ma en pa was vaagweg bewus iets van effense belang was aan die gang op die TV, maar die gehoortoestelle in hulle ore het telkens hul aandag afgetrek, en spoedig het hulle belang verloor en oorgeskakel na nog ‘n rugbywedstryd op ‘n ander kanaal.

Фильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.