Dene Smuts verkies wit DA

Deel op

Die stryd om die parlementêre leierskap in die DA, is duidelik wit op swart.

‘n Senior wit DA-lid van die parlement, Dene Smuts sal Athol Trollip vir die party se parlementêre baas kies, teen Trollip se uitdager, Lindiwe Mazibuko.

Smuts, die party se hoë-profiel-woordvoerder oor justisie, het gister gesê sy sal vir Trollip in die partyverkiesing op 27 Oktober stem.

“Hierdie verkiesing is ‘n wedstryd tussen ‘n ongetoetste groen loot van die groei-jou-eie-hout kwekery teen ‘n boom wat getoon het dat dit nie buig nie,” sê Smuts.

“Athol Trollip het my steun, want hy vertel enige partybaas wat probeer om die demokratiese uit te haal [uit die Demokratiese Alliansie] om te gaan doppies blaas – en soos ek hom ken, in sterk taal.”

Sy het gesê dat die wedloop vir die parlementêre leierskap van die party nie gesien moet word as ‘n “transformasie-toets” vir die DA se parlementêre koukus nie.

“Daar is baie sterker swart LP’s as die kandidaat [Mazibuko],” sê Smuts.

Die Sunday Times het die naweek berig dat Trollip onder kwaai druk verkeer om die wedloop te laat vaar sodat Mazibuko onbestrede verkies kan word, maar het geweier om dit te doen.

Partyleier Helen Zille ondersteun Mazibuko, sê talle bronne in die DA, maar wil nie in die openbaar toetree om haar gunsteling te voor te stoot nie.

Mazibuko word in die openbaar deur die voorsitter van die DA-koukus James Masango, adjunk-voorsitter Marti Wenger en Kaapstad se burgemeester, Patricia de Lille ondersteun.

“Ek hoop dat enige LP’s wat onder druk voel, sal onthou dat hulle stem geheim is en hul salaris deur die belastingbetaler betaal word, en nie deur die party nie,” het Smuts gesê.

Smuts is geïsoleer want jong wit DA-LP’s, soos Geordin Hill-Lewis, David Maynier en Tim Harris, is van die Mazibuko-stal. Hulle het gehelp by die perskonferensie verlede maand, waar Mazibuko haar kandidatuur aangekondig het.

Hoewel die verkiesing ‘n interne DA-affêre is wat net die stemme van die 78 DA’s en vyf ID’s behels, het Mazibuko ‘n reklame-agentskap gehuur om persvrystellings oor haar veldtog uit te reik. Trollip daarenteen, het gesê die verkiesing is ‘n interne kwessie.

Maar Mazibuko se ander wit stukrag binne die party, Wilmot James, en ook ‘n Zille-vertroueling, het gesê die Mazibuko-ondersteuners het gevoel dit is “nuttig om kiesers te betrek”.

“Dit is ons openbare verteenwoordigers wat stem, daarom dink ons dit is belangrik om te kommunikeer met ons kiesers al die pad,” het James gesê.

Данильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.