Kameraad Ruda Landman tree tot die rassestryd toe

Deel op

Daar is een ding wat erger is as ‘n rassis en dis ‘n anti-rassis. Want gewoonlik is anti-rassisme bloot ‘n dekmantel vir anti-wit rassisme, veral in ‘n land soos Suid-Afrika waar die woord “rassis” daagliks in die media weerklink.

So pas het Ruda Landman, die eertydse aanbiedster van Carte Blanche op M-Net, haar opgeruk oor ‘n onbekende lid van die publiek wat by Aardklop oor die groot hoeveelheid regstellende-aksie-aanstellings onder M-Net se aanbieders gekla het. Die vrou het glo gesê om M-Net te kyk, is ‘n geval van “pick-a-boy”. Van nou af gaan Ruda rassisme met hand en tand beveg en nie langer stilbly nie.

Natuurlik is Ruda en ander lede van die hoofstroommedia tjoepstil oor die groot hoeveelheid haatmisdade teen blankes, waaronder plaasmoorde, maar ook vele stedelike huisaanvalle, wat daar byna daagliks gepleeg word. Tydens sulke moorde en aanrandings word blanke slagoffers deur swart aanvallers gemartel en op die grusaamste wyses verkrag en tereggestel. Dit gaan oor effens meer as polities onkorrekte woordgebruik.

Ruda veg ook met spoed teen “ouderdomisme”, want haar gesigsontrimpeling laat haar lyk asof sy óf in ‘n windtonnel was óf agter op ‘n bakkie gekom het. As ‘n mens nou haar nek buite rekening laat, lyk sy van haar ken af boontoe al amper jonk genoeg om by die ANC-jeugliga aan te sluit.

Waarskynlik word die ywer waarmee Ruda voortaan rassisme gaan beveg, geïnspireer deur die ANC-jeugliga se dokument oor die “nasionale demokratiese revolusie”. Op s’n Ingels heet dit: “The National Democratic Revolution – ANC YL political education manual”. Ruda het mos hoeka vir Ingelse elokusielesse gegaan toe M-Net besluit het om Afrikaans op Carte Blanche na die vullisdrom te verwys. Haar Kakamas-uitspraak – blykbaar het sy daar in die Noord-Kaap grootgeword – is ontrimpel, by wyse van spreke, maar die tenses het maar gesukkel.

Terloops, Skoppensboer het kleintyd lank ná ligte-uit met sy klein transistorradio’tjie onder die kopkussing na die Staal Burger-stories op die destydse Afrikaanse sender geluister. Elke episode het op ‘n ander dorp afgespeel, met die titel afgelei van die eerste lettergreep, soos “Die lig van Lichtenburg” of “Die rand van Randfontein” und so weiter, behalwe … “Die mas van Kakamas”.

Skoppensboer wens hy kon onthou waaroor “Die mas van Kakamas” gegaan het, alvorens Staal die skurke met sy vuiste laat les opsê het. Maar deesdae sorg Karl Marx vir meer vermaak in Suid-Afrika as Staal Burger. Want sien, volgens die ANC-jeugliga is “rassisme ‘n instrument in die hande van die imperialisme”. Die ANC-liga se politieke handboek, wat Ruda Landman met haar nuutgevonde kennis van Engels seker naarstig bestudeer, behandel insgelyks die “kolonialisme van ‘n spesiale tipe” wat Suid-Afrika kenmerk. Mbeki het mos gereeld in sy toesprake verwys na ons “colonialism of a special type”. In ANCYL-kringe is dit so ‘n bekende begrip dat dit sommer afgekort word tot “CST”, wat seker goed saamgaan met die Mercedes Benz CSL waarmee ANC-jeugleiers gewoonlik rondry. Ter wille van Ruda, die anglofiele boorling van Kakamas met sy beroemde mas, haal Skoppensboer hier die oorspronklike Ingels van die ANC-jeugliga aan:

“CST, which is also known as internal colonialism what (sic) characterised by three interrelated and interconnected contradictions: race, class and patriarchal oppression. There (sic) antagonisms found expression in national oppression based on race; class exploitation directed against black workers on the basis of race; and triple oppression of women based on their race, their class and their gender.”

Skoppensboer sal kameraad Ruda Landman se toetrede tot die rasse- en klassestryd met belangstelling dophou. Hy hoop sy gaan ook op 27 en 28 Oktober saam met haar mede- jong radikales van die ANCYL in die middestad van Johannesburg en by die Uniegebou ten gunste van nasionalisering betoog.

Dalk moet Ruda egter nog bietjie werk aan haar ideologiese suiwerheid as dit by die stryd teen die patriargie en die Y-chromosoom kom. Miskien is Skoppensboer net ‘n dom Afrikaner, maar die feministe wat hy al teëgekom het, was dit almal eens dat vroue nie jonk, mooi en vriendelik behoort te lyk nie, maar eerder moet verseg om hul been- en armhare te skeer, geen grimering te dra nie, mans in die openbaar uit te skel en vir voortplantingdoeleindes die naaste spermbank te besoek, soos wat die skryfster Jackie Nagtegaal en haar lesbiese eggenote, Vera van der Merwe, gemaak het.

Met Ruda Landman aan die spits van die stryd, kan die ondergang van rassisme, imperialisme en die patriargie nie meer ver wees nie. Haar bydrae tot die nasionale demokratiese revolusie sal in die annale opgeteken word.

Viva Kakamas!

Александр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.